ditsem website banner no 1 2017

-►Adendorff Machinery Mart verhuis na groter perseel – nou h/v Harveyweg, Kerkstr. en Monumentweg -►Malu Pork open amptelik nuwe doelontwerpte aanleg in Kimdustria, Kimberley -►ANC wys diktatuur met heksejag teen LP’s wat teen staatskaping en korrupsie stem -►Mugabe, “Moordenaars van wit boere nie vervolg nie” -►Carro Private Skoolgroep nou 47 000 leerlinge in totaal en jaarlikse omset van R1 miljard -►Brandstofpryse styg 6 September, meeste nog vanjaar -►Buitelander – Otis Gibson – dalk nuwe Protea Krieketafrigter?

'n Mediaverklaring lui soos volg: "Die Volkspele Beweging vier vanjaar sy eeufees, met volkspele wat die eerste keer op 28 Februarie 1914 o.l.v. dr. SH Pellissier tydens 'n Sondagskoolpiekniek op die plaas Vuisfontein naby Boshof gedoen is. Die Beweging bestaan uit volkspelelaers waar die volkspelers weekliks bymekaar kom om die spele te leer, te beoefen en hartlik saam te sing. Daar is ook volksanggroepe wat weekliks byeenkom om saam nuwe liedere te leer en ook gesellig saam te verkeer. By hierdie geleenthede dra die deelnemers hul eie unieke volkspeledrag. Omdat dit vanjaar die Volkspele Beweging se 100ste bestaansjaar is, word 'n groot eeufees beplan om die geleentheid te herdenk. Daar was rondom 28 Februarie, wat die stigtingsdatum van die beweging is, 'n viering op Boshof waar die beweging gestig is. Die groot fees is egter oor die naweek van 11/12 Oktober 2014 in Bloemfontein by Bobbiespark, waartydens Duitse volksdansers ook sal deelneem. Op Saterdag 11 Oktober is die nasionale saamtrek." Vir meer besonderhede, besoek www.volkspele.co.za.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Barnard Bouers

wow kitsblits