Tinus Nortje Eiendomme proef April 2017.jpg

As boorling van die Petrusville-distrik, het ek omstreeks 1964 met Vanderkloof kennis gemaak toe ons met die grondpaadjie daarheen gery het tussen die doringbome en spruite deur. Min het ek geweet dat ek in 1973 by Vanderkloof Laerskool sou begin skoolhou.
Dit was dieselfde jaar waarin bouwerk aan die dam 'n aanvang geneem het en ek as jong getroude onderwyser met groot verwagtinge op die dorpie begin het. My vrou, Annemarie en ons pasgebore babadogter het aanvanklik eers agtergebly in die Paarl. Die skoolhoof, mnr. Hannes Coetzee, het my ontvang en na die huis geneem wat aan ons toegeken is. Dit was nie wat ons verwag het nie, maar ons het die opslaanhuisie aanvaar en mettertyd iets daarvan gemaak. Dit is vandag deel van die Rhino Manor Gastehuis-kompleks.
Ons het onsself ingeburger en die personeel van die skool het 'n besondere band met die gemeenskap opgebou. So het die hoofingenieur van Waterwese ons as personeel genooi om die aanvang van die bou van die damwal, wat die kofferwalle ingesluit het, met 'n braai te vier waar die wal sou kom.
Vir twee jaar het ons die miernes van bedrywighede, wat dag en nag plaasgevind het, met belangstelling gevolg en gefotografeer. Onvergeetlik was toe ons met 'n voertuig in een van die Vrystaat-tonnels gery het en so die ondergrondse tonnels en uitgrawings kon besoek. In later jare het ons saam met 'n toergroep die voltooide projek besigtig en die volle impak van die projek in verwondering aanskou.
Daar was ook die dag toe die kabelspoor-ankertoring aan die Vrystaat-kant ineengestort het. Die personeel was met teepouse in die personeelkamer toe 'n oorverdowende slag van iewers kom. Geskok het ons opgespring en 'n reuse stofwolk deur die venster gesien aan die Vrystaat-kant.
Kort voor die ryvlak op die wal aangebring is, het ek en my gesin na Bloemfontein verhuis en sou ek vir oulaas my fiksheid toets deur van die dorpie se hoogte bo die riviervlak af te “draf“ van klip na klip tot onder by die rivier en weer terug. Nooit sou dit egter weer kon gebeur nie, want die instromende water sou die kloof opvul.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Tridor.jpg

Fabricia proef Maart web 2017.jpg

Die potensiële skadelikheid van die voorgestelde Wetsontwerp op die Regulering van Landbougrondbesit word in 'n... http://fb.me/6u2XvqRsc     https://www.facebook.com/KimPrint-General-Printers-990694727706008/?fref=ts … http://fb.me/38IJKAb0D     Franse Ope: Maria Sharapova nie gekeur nie; Roger Federer onttrek t.w.v. Wimbledon    Paarl Boys High sit Grey Bloemfontein ore aan en bly beste skoolrugbyspan in die land    Naspers betaal R5,6 miljard vir aandeel in Duitse aanlyn kosbestellingsdiens Delivery Hero    Discovery Health in 2016 eiesestyging van 10,4% tot R36,6 miljard, maar premie-inkomste R54 miljard    Die boek The Republic of Gupta – A Story of State Capture gooi meer lig op Guptas in SA en verhouding met Tabo Mbeki    Trump onder skoot van NWO oor vriendelikheid jeens Rusland, met Putin skynbaar ook anti-NWO       DAG 3 @afriforum in hof #GodsdiensInSkole hofsaak @solidariteit @fedsas1 @Jaco_Deacon @SolidariDirk #religioninschoolspic.twitter.com/yfnjwdDAVi    Mei uitgawe van Ditsem Nuus is uiteindelik hier!! Laai die PDF hieronder af, of gaan na ons webwerf... http://fb.me/8BUPW3t9P              Blitsbokke wen Sewes Wêreldkroon 2017!    Ditsem Nuus druk nou 5 000 koerante maandeliks plus aanlynpublikasie    Voorbidding gevra vir saak Christelikheid in skole – Mei 2017 in Suid-Gautengse hooggeregshof    Met oorwinning oor Haaie wys Kings hulle moet in Super-reeks bly    Venezuela in wanorde teen gevolge van “radical economic transformation”    Pro-EU Macron nuwe Franse president; nasionalistiese Le Pen uitgeknikker

ATKV

MasterCard credit cards and Visa If you apply for both