ditsem website banner no 1 2017

-►ANN7 DStv en New Age koerant deur Manyi vir R450 miljoen verkoop aan blanke hater -►DA sê kernooreenkoms is sopas bewys as deel van Zuma staatskaping -►NWU Fakulteit van Ingenieurswese lewer unieke sonaangedrewe motor -►R30,4 million people in South Africa of 55% live in poverty – Stats SA -►Gesoek vir aanranding in SA – Grace Mugabe -►Zim-boere begin internasionale eiseproses oor hul gesteelde grond -►Pierre Spies groet rugby – wil werk vir minderbevoorregtes -►All Blacks legende Colin “Pinetree” Meads sterf op 81 -►Toestande in blanke plakkerskamp by Munsieville, Krugersdorp, uiters haglik -►Steve Hofmeyr sing Die Stem nogmaals in Bloem

Moord en Verkragting (16)

Op 17 Augustus 2017 is Vic (75) en Gwen (74) Cooks op hul hoewe in die Haaskraal omgewing naby Potchefstroom oorval, kaal uitgetrek, gemartel en verhitte water en olie oor hulle uitgegooi. Albei het ernstige brandwonde opgedoen, terwyl Vic ook met 'n mes in die hand gesteek is. Die aanvallers was twee jong mans wat 'n rewolwer en vermoedelik 'n selfoon gesteel het en toe op die vlug geslaan het. Die egpaar is in die hospitaal op Potchefstroom opgeneem. Hulle word beskryf as rustige mense wat meer as 40 jaar op die hoewe gewoon het. Geen woord wat betref rassisme word êrens omtrent die voorval gerep nie.

Voorkoms en aard van plaasaanvalle vanjaar toon dat die stroom in hierdie opsig besig is om toe te neem, bv. volgens TLU SA was daar vanjaar reeds 246 aanvalle waarin 47 mense vermoor is. In een van die jongste aanvalle is Bob Gawler (88) en sy 74-jarige vrou op hul plaas by Glendale Heights ongeveer 30 km vanaf Ballito deur drie inbrekers oorval. Sy is met kabelbinders vasgebind, terwyl Gawler gedwing is om die kluis oop te sluit. Daarop is 'n haelgeweer en rewolwer geroof, Gawler doodgeskiet en die aanvallers met hul bakkie ontvlug het. Mev. Gawler het deur die nag vasgebind gelê en is eers die volgende oggend omstreeks 09:00 gekry.

In 'n aanval op die plaas Belito van Johan Botha in die Clocolan-distrik in die Oos-Vrystaat het ses aanvallers vanuit Lesotho plaaswerkers oorval, hulle vasgebind en toe die plaashuis gestroop. Nadat hulle vir hulself kos gemaak het, het hulle hul buit op 'n trekker en sleepwa gelaai en tot by die Caledonrivier daarmee gery. Botha was besig om mielies te stroop en het blykbaar sodoende die aanval vrygespring. Voordat die aanvallers die grens oorgesteek het, het hulle die veld van die plaas aan die brand gesteek.

Met haar deelname aan die projek The Freedom Challenge vestig Lize Winckler aandag op die toenemende verskynsel van mensehandel in die wêreld sowel as in Suid-Afrika. Dit blyk dat daar tans nagenoeg 46 miljoen mense wêreldwyd vasgevang is in mensehandel as die moderne vorm van slawerny.

Sowat 80% hiervan is vroue, terwyl nagenoeg 50% van hierdie mense tussen 5 en 15 jaar oud is, met die meeste meisies tussen 12 en 15 jaar. Van hierdie totaal word slegs 2% ooit gered, terwyl navorsing ook die jammerlike feit toon dat tot 96% van persone in mensehandel weer daarna terugkeer omdat hulle nie beter vooruitsigte sien nie.

In Suid-Afrika is daar ongeveer 248 000 mense vasgevang in een of ander vorm van mensehandel. Winckler doen 'n beroep op Suid-Afrikaners om absoluut wakker en paraat te wees teen enige manifestasie van mensehandel wat t.o.v. jou kinders mag kop uitsteek, bv. bedenklike verhoudinge, kontak met vreemdelinge, Internet-verhoudings, gedrag te midde van verbrokkelde gesinne, die effek van vaderlose huishoudings, ens. Sy sê effektiewe tweerigting kommunikasie tussen ouers en tienerkinders is 'n voorvereiste.

In Bloemfontein was bv. onlangs die geval van 'n tienermeisie wat deur 'n groep Nigeriese dwelmsmouse verkrag is omdat sy nie die koste van haar dwelms betyds kon betaal nie. Hulle het haar ook gevange gehou en ‘n losprys van haar pa geëis. Laasgenoemde het die Polisie gekontak, wat op die sindikaat toegeslaan het en die meisie bevry het.  

Vir meer besonderhede oor mensehandel, besoek www.thefreedomchallengeafrica.com of besoek die Facebookblad van Traffick Wise. Winckler kan gekontak word by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

In onophoudelike rooftogte het talle blankes die afgelope tyd gesterf / is blatant vermoor. Die grootste tragedie is dat die voorvalle so alledaags geword het dat talle daarvan nie meer in die media gerapporteer word nie. Van die waaroor wel in die jongste verlede berig is, is die volgende enkele gevalle:

  • Op Sondag, 2 Julie 2017, is die naakte lyk van Elsa Erasmus (74) op haar beesplaas Newcastle in die Amalia-omgewing, Noordwes, aangetref, met haar hande agter haar rug vasgebind.
  • Op 4 Julie is Dries Botha op sy plaas in die Brits-distrik vyf keer geskiet en is hy enkele dae daarna oorlede. Sewe verdagte aanvallers is gearresteer.
  • In die distrik Machadodorp is 'n boer die afgelope 10 dae vermoor, besonderhede waarvan nie eers op Google opgespoor kan word nie.
  • Johan Klopper (40), finansiële hoof van GWK op Douglas, oorlede na selfoonroof en val op Jeffreysbaai tydens vakansie.
Hoeveel in die duisende trek die moorde op plaasboere nou met die jongste gevalle. Op Vrydag, 30 Junie 2017, het 'n swart boer Patrick Itumeng (68) in 'n plaasaanval gesterf toe hy en sy vrou op hul plaas Friesland in die distrik Vryburg deur vyf rowers oorval is. Meer besonderhede is nie op hierdie stadium bekend nie. Op Sondag, 2 Julie 2017, is die naakte lyk van Elsa Erasmus (74) op haar beesplaas Newcastle in die Amalia-omgewing, Noordwes, aangetref. Haar hande was agter haar rug vasgebind, sy is vermoedelik verwurg met 'n das of serp van haar oorlede man en sy is klaarblyklik deur 'n groep mans in haar huis oorval. Kort tevore het sy blomme op haar man se graf gaan sit en daarna 'n draai by haar beeste gemaak op die plaas waar sy vrou-alleen geboer het. Erasmus se vuurwapens en bakkie is geroof. Wreder as dit kan dit nie juis nie.
Indringende vrae word gevra oor die motief agter die nagtelike aanval op die Koffiefontein Polisiestasie waarin konstabels Obert Mekoa en Mzonani Manjo, albei 32, koelbloedig doodgeskiet is. Hulle is deur hul kollegas dood aangetref in die Polisiekantoor. Daar word gevra wie dit kon gedoen het en om watter rede. Vorm dit deel van 'n groter patroon in die land? Intussen ondersoek 'n spesiale taakspan o.l.v. die Valke die saak en waarvan kapt. Francois Laux, waarskynlik die suksesvolste speurder in die geskiedenis van die Vrystaat, deel vorm. Vir enige inligting i.v.m. die saak kan Laux by 082 854 7530 geskakel word.
'n Mens skiet nie 'n hond so dood nie, is onvermydelik die gewaarwording oor die moord op Hanno Steyn (46) in die Lichtenburg-distrik op Vrydag, 16 Junie 2017. Hy is voor sy ma, Zachie (75), doodgeskiet terwyl hy vasgebind op sy knieë voor drie inbrekers gestaan het. Sy was op die bed vasgebind en hy het dood langs haar geval nadat hy in die voorkop geskiet is. Die moordenaars het voortgegaan om vir geld te soek en nadat hulle spore gemaak het, is Zachie losgemaak deur 'n skaapwagter wat op die toneel afgekom het. Sedertdien nog 'n plaasaanval: Na berig word is 'n man (67) en sy vrou op hul plaas Cheerio in Limpopo deur 'n groep mans oorval, aangerand en van hul vuurwapens beroof. Die man het later in de hospitaal aan sy beserings beswyk. Meer besonderhede is tans nog nie bekend nie.
Blackie van den Berg boer alleen op haar plaas in die distrik Sannieshof nadat haar man agt jaar gelede oorlede is. Verlede Donderdagnag het twee swart mans onderskeidelik 21 en 24 jaar oud by haar huis ingebreek, die veiligheidshek afgebreek, ‘n gat in die houtdeur met 'n tuinvurk gemaak, haar wreed aangerand, verkrag en aan haar hare rondgesleep en toe gevlug toe hulp vir Van den Berg opgedaag het. Die Polisie het later die twee aanvallers in hegtenis geneem hulle en verskyn vandag in die Delareyville landdroshof. Twee groot vrae is, eerstens, hoe lank moet sulke aanvalle deur barbare op blanke vroue nog geduld word en, tweedens, indien die rolle omgekeer was en twee blanke jeugdiges het 'n swart bejaarde vrou so aangerand en verkrag, sou daar enige sprake gewees het van rassisme?

Te Bulwer in KZN is 'n boer in sy sestigerjare deur aanvallers op die plaas Tatoon oorval terwyl hy laatmiddag op sy stoep gesit het. Hulle het hom die huis ingesleep en aan die brand gesteek. Sy lyk is onherkenbaar verkool. Sy vrou was nie tuis nie om bystand te verleen by 'n fietsren en het met haar terugkeer op die grusame moordtoneel afgekom. Dit volg op die moord in Februarie van jaar toe Gavin Carter (47) doodgeskiet is in die Underberg-distrik en Trevor Rees in dieselfde week op sy plaas in die distrik Himeville twee dae lank gemartel is en geskiet is en later in die hospitaal oorlede is.

Vier mense is wreed vermoor in drie plaasaanvalle in die Vrystaat die afgelope ses dae. Te Parys is 'n 87-jarige boer met 'n hamer doodgeslaan. Te Wepener is Piet van den Berg en ’n werker van die plaas Pharoosfontein vasgebind en doodgeskiet aangetref. Te Ladybrand is Dirk du Randt van die plaas Elim ook vasgebind en doodgeskiet aangetref. Die vorige week is Peet van Es (54) op sy plaas in die Barberton-distrik in Mpumalanga letterlik doodgeslaan, sy vrou Arine ernstig aangerand en hul huis gestroop.
Bladsy 1 van 2

Barnard Bouers

wow kitsblits