Tinus Nortje Eiendomme proef April 2017.jpg

Ander misdaad (8)

Hordes het haar huis omsingel en aangedring dat sy na buite kom. Daar het hulle haar rondgestamp en -gepluk en met messe gedreig. Hulle het haar gedwing om hulle toegang tot haar bakkie te gee sodat hulle daaruit petrol kon tap om haar huis aan die brand te steek, d.w.s. petrol uit haar voertuig om haar huis af te brand. Uit vrees kon sy nie petrol uit haar bakkie kry nie, maar hulle het nogtans haar huis aan die brand gesteek en dit het tot op die grond afgebrand. Haar twee honde, budgies en voëls wat in die huis was, het ook doodgebrand. Sy het net met die klere aan haar lyf ontkom. Kyk 'n videogreep hier. Sover bekend, is nog niemand oor die voorval in hegtenis geneem nie, het geen ANC-regeringsleier haar besoek nie en word geen woord van rassehaat oor die voorval gerep nie. Die vraag is hoe lank gaan blankes / Afrikaners hierdie ergste rassediskriminasie in die wêreld en eintlik onverklaarde burgeroorlog teen hulle stilswyend en met gevoude hande betrag?

Die gewelddadige betogings op die N12 Goue Hoofweg wes van Johannesburg by Freedom Park, Eldoradopark en Ennerdale het ontaard in plundering van verskeie winkels en die bestoking van motors met petrolbomme. Grootskaalse skade is en word aangerig, feitlik almal deur swartmense afkomstig uit die plakkerskampe te Freedom Park en omgewing. Die Polisie dryf die geweldenaars met rubberkoeëls terug, maar die situasie bly gespanne en plofbaar. Die rede vir die opstand word gegee as ANC-behuisingsbeloftes wat nie nagekom is nie en nou word geëis dat die DA-burgemeester van Johannesburg Herman Mashaba die opstandelinge moet kom toespreek.

Dit blyk dat misdaad in die gegoede noordelike buurte Dan Pienaar, Heuwelsig en Waverley in Bloemfontein oorhand toeneem met o.a. vyf inbrake oor die Paasnaweek net in Kmdt. Senekalstraat, by 'n huis in Gilles van de Wallstraat, Heuwelsig is platskermtelevisies en 'n kluis wat so swaar is dat 10 persone dit moet dra met juweliersware, 'n belangrike testament en 100 geheuestokkies geroof. Daar is ook by 'n huis op die hoek van York- en Milnerweg tydens die Paasnaweek ingebreek, asook by die Gratias Aftree-oord, terwyl die wassery by Emily Hobhouse Plein en 'n vulstasie in Dan Pienaar beroof is. Daarby is leerlinge gedurende die eksamen aan die einde van die eerste kwartaal in Morganstraat van hul selfone beroof, met dwelmhandelaars wat ook in die gebied toenemend 'n verskynsel is. In reaksie o die misdaadvlaag het twee plaaslike vroue die voortou geneem om op 7 Mei 2017 die buurtwag Northern Neighbourhood Watch Association (NNWA) te gestig het.

Die SAA (South African Airways) wat die afgelope jare al R14,5 miljard belastingbetalergeld van die regering moes ontvang ten einde finansieel kop bo water te hou, veral in die laaste paar jaar onder die omstrede raadsvoorsitter Dudu Myeni, het 'n verdere terugslag gekry toe die Gautengse Hooggeregshof ten gunste van Comair beslis het dat die SAA jeens hulle “onmededingend” opgetree het en 'n boete van R1,16 miljard moet betaal.
Dit volg op die onlangse berig dat Myeni namens SAA aan konsultante R21 miljoen betaal het om na korrupsie in SAA te “kyk”, maar waaruit geen aksie nog voortgevloei het nie.

Volgens die 2015/16 jaarverslag van die Passenger Rail Agency of SA (Prasa) was daar in die organisasie ‘n verbysterende R4,1 miljard in onreëlmatige uitgawes en ‘n verdere R9,8 miljard gedurende vorige jare. Dit toon ook dat die Valke tans 39 gerapporteerde sake van korrupsie ondersoek en die Nasionale Tesourie ‘n totaal van 100 bedenklike kontrakte.

Met sy ontslag is die vorige HUB van Prasa Lucky Montana ‘n goue handdruk van R3,9 miljoen gegee, terwyl hy vergoeding ontvang het van R458 000 vir addisionele werk oor 3½ maande wat hy gedoen het. By dit alles het die aantal passasiers deur Prasa vervoer op hul hoofdienste geval van 1 538 000 in 2010/11 tot 660 000 in 2015/16. ‘n Ellelange lys van diefstal, korrupsie, wanbestuur en onreëlmatighede word verskaf, soos dat o.m. “professionele fooie” gestyg het vanaf R53 miljoen tot R192 miljoen.   

Creamer Media berig dat die WNNR (CSIR in Engels) ‘n nuwe vingerdruk-skanderingstelsel vir gebruik op misdaadtonele ontwikkel het en wat funksioneer deur sg. hoëspoed, grootvolume optiese koherente tomografie (OKT). Dit vervang die omslagtige poeierkwasmetode wat tans deur die SAPD en ander wetstoepassers gebruik word. Die nuwe stelsel skandeer vingerafdrukke sonder dat fisies kontak gemaak word en dan korreleer dit onmiddellik digitaal met vingerafdruk-inligting op ‘n databasis. Die nuwe stelsel, wat drie-dimensioneel opereer, kan ook in talle ander toepassings gebruik word, bv. deur die Dept van Binnelandse Sake, in private sekuriteitsbeheer, ens. Die stelsel pas in ‘n groterige kartondoos in en is maklik vervoerbaar. Vir meer besonderhede, volg hierdie skakel.

Die burgerreggroepe Corruption Watch (CW) en die Right2Know Campaign (R2K) het aangedui dat hulle die verslag van die Seriti Kommissie van Ondersoek oor die beweerde massakorrupsie met die wapenaankope deur die SA regering gedurende die sowat eerste 15 jaar van die nuwe bedeling ná 1994 in die Noord-Gautengse afdeling van die Hooggeregshof in September vanjaar gaan betwis. Vroeër het die Seriti-kommissie bevind ná ‘n ondersoek van drie jaar teen ‘n koste van meer as R100 miljoen dat daar geen noemenswaardige korrupsie met die wapentransaksies van miljarde rand plaasgevind het nie. Volgens die voornemende applikante is die doel van die hofaansoek nie om ‘n nuwe ondersoek aan te vra nie, maar te versoek dat bevind word dat die verslag nie aan die mandaat van die kommissie voldoen het nie. Volgens CW en R2K was die Seriti ondersoek uiters gebrekkig en onreëlmatig en het dit nie agter die kap van die byl gekom van wat na bewering een van die grootste gevalle van korrupsie was in die geskiedenis van SA.  

Volgens syfers wat onlangs deur internasionale bronne soos die LexisNexis Human Trafficking Awarenes Index, die WFF Global Slavery Index en die Walk Free Foundation vrygestel is, floreer mensehandel oftewel “hedendaagse slawerny” in Suid-Afrika.

Tridor.jpg

Fabricia proef Maart web 2017.jpg

Plan met staatsdienspensioene vir SAL... http://fb.me/204dbBDY0     Raubex gee honderde miljoene vir SEB... http://fb.me/27JlwMQ62     Spesiale Ekonomiese Sone by Harrismith bol wind... http://fb.me/1v6TBHWIW     Stryd teen Trump en Putin... http://fb.me/1qPQAXM2Z     Trump op eerste buitelandse besoek... http://fb.me/29uFJWorW     Beoordeling van huidige situasie in SA... http://fb.me/1mziRmcXx     Energieprogram kan ontwikkeling in Bo-Karoo bepaal... http://fb.me/1md92br6Y     Reuse Christen-kerk in China gebou... http://fb.me/6CbG18UeH     Harde woorde van SARK vir Zuma... http://fb.me/26Csh1mjx     Sowat R36 miljoen vrugteloos op nuwe Vrystaatse Wetgewergebou... http://fb.me/3dQ5VLAF4        Reusevergoeding oor regstellende aksie... http://fb.me/1oH5zCik6     Beleggingsgeleenthede Gannabos Behuising, Orania... http://fb.me/8K0LjgaQm     Dohne Merinos produksieveiling... http://fb.me/5AXDqt4F4     Beleggingsgeleenthede Gannabos Behuising, Orania... http://fb.me/8Yv7VuYYg     Beleggingsgeleenthede Gannabos Behuising, Orania... http://fb.me/8EceuW9s8     Kursus in Pekan verbouing... http://fb.me/1XPGKXl1x     Vlamme oor ANC in Vrystaat... http://fb.me/1kpQEiQEq     Vlamme oor ANC in Vrystaat... http://fb.me/7X058faaC     Stryd om Afrikaans as hoftaal... http://fb.me/8scZR8kMs 

ATKV