Orastad 2

Glybanier

-►Gruwelike en Godskreiende rassistiese dubbele standaarde -►Plaasmoorde is terreur en nie bloot misdaad nie – AfriForum -►Opstand teen plaasterreur: Landswye vloedgolf -►Dave Miller vinnigste 100tal in T20 krieket – vanaf net 35 balle -►WP Curriebekerkampioene 2017 – steeds die beste SA rugbyreeks -►Nuwe boek “The President’s Keepers” onthul Zuma as “gangster” -►Groot vragmotor ploeg in Swart Maandag-optog in

Hooggeregshof: Behoud van vuurwapenlisensies

Die Hooggeregshof in Pretoria het pas twee artikels (artikel 24 en artikel 28) van die Vuurwapenbeheerwet ongrondwetlik verklaar en beslis dat alle wettige vuurwapenlisensies wat verval het of binnekort sal verval, geldig sal wees totdat die Grondwethof die artikels hersien het. Die aansoek is gebring deur die SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging, wat ook die kostebevel in hul guns gekry het. In die uitspraak is die regering 18 maande gegee om die wet te wysig om aan die grondwetlike beginsels te voldoen. Die uitspraak, wat beteken dat ongeveer 200 000 vuurwapeneienaars of dalk nog meer nou weer wetlik in besit van hulle vuurwapens is, volg na die SAPD se arbitrêre hantering van laat aansoeke vir die hernuwing van vuurwapenlisensies tussen 2011 en 2016. Volgens die SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging is hierdie beslissing is nie die einde van die stryd nie, maar die begin om praktiese wetgewing in werking te stel in belang van elke persoon om ‘n vuurwapen te besit.
Gradeer die artikel
(1 Vote)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Ora betonwerke proef Sept 2017

Artistia Food

Renosterberg lodge