Orastad 2

Glybanier

-►Gruwelike en Godskreiende rassistiese dubbele standaarde -►Plaasmoorde is terreur en nie bloot misdaad nie – AfriForum -►Opstand teen plaasterreur: Landswye vloedgolf -►Dave Miller vinnigste 100tal in T20 krieket – vanaf net 35 balle -►WP Curriebekerkampioene 2017 – steeds die beste SA rugbyreeks -►Nuwe boek “The President’s Keepers” onthul Zuma as “gangster” -►Groot vragmotor ploeg in Swart Maandag-optog in

Ander misdaad (28)

Die land steier onder die skokkende ontbloting dat R30 miljoen uit staatsfondse van die Vrystaatse regering deur geldwassery bewimpel is vir die uitspattige en omstrede Gupta-troue in 2013 by Sun City. Uit geopenbaarde eposse blyk dit dat die Vrystaatse regering o.l.v. premier Ace Magashule en voormalige LUR’e vir Landbou Mosebenzi Zwane en Mamiki Qabathe in totaal sowat R114 miljoen betaal het aan Gupta-frontmaatskappye vir die hoogsomstrede suiwelprojek by Vrede. Vandaar is die geld gesmokkel deur 'n ingewikkelde geldwasproses reguit na die sakke van die Guptas en is o.a. R30 miljoen daarvan gebruik om die vierdaelange troue van Vega Gupta en Aakash Jahajgarhia by Sun City te betaal. Vir die troue is o.m. R2,3 miljoen vir serpe, “geleentheidsdienste” van R13,9 miljoen en R13 000 vir sjokoladetruffels betaal. Die DA het nou oor die aangeleentheid kriminele klagte by die SAPD ingedien ingevolge die Wet op Voorkoming en Bekamping van Korrupte Aktiwiteite.
Die prokureur wat vir die Guptas en pres. Jacob Zuma optree, Gert van der Merwe, is betrek by 'n bedrogondersoek van R16 miljoen. Hy is blykbaar 'n gewese beskuldigde wat nou as 'n artikel 204 staatsgetuie vrywaring van vervolging soek. Dit gaan oor onregmatige tenders in Limpopo en na bewering het miljoene rand deur die trustrekening van Van der Merwe gevloei. Daar dien tans 'n hofsaak, terwyl die DA aangedui het dat ook hulle die etiese gedrag van Van der Merwe as prokureur gaan laat ondersoek.
Die totale wanbestuur van die Mangaung Metro Munisipaliteit, wat uitstaande diensteskuld van sowat R4 miljard het en wat Bloem Water minstens R341 miljoen skuld, het daarop uitgeloop dat stakende SAMWU-werkers gister die sierlike en gedenkwaardige Bloemfonteinse stadsaal tot die grond toe afgebrand het. SAMWU staak al vir maande, wat o.a. tot gevolg het dat vullisverwydering in Bloemfontein nie gedoen word nie en die stad grootliks in 'n reuse rommelhoop laat ontaard het. Infrastruktuur in die stad is vervalle en talle dienste word nie gelewer nie, terwyl burgemeester Olly Mlamleli sê blankes is verneukers. SAMWU het die stadsaal afgebrand uit protes teen beweerde ernstige korrupsie by Mlamleli en haar munisipale topbestuur, asook hul beweerde skakeling in slegte gesindheid. Die stadsaal was 'n simbool van die hoë vlak van beskawing waarop Bloemfontein as stad gedurende die vorige eeu ontwikkel het.
In antwoord op 'n Parlementêre vraag blyk dit daar meer as 8 000 Polisievoertuie landswyd is wat nie in werkende toestand is nie. Die meeste is in Gauteng met meer as 2 000 voertuie en in die Oos-Kaap met sowat 1 500. In totaal is daar 48 247 Polisievoertuie in die land, wat beteken dat meer as 16% uit orde is en dat daar slegs een Polisievoertuig beskikbaar is vir elke 5 Polisiebeamptes. Inmiddels is die huidige moordsyfer vir die land 50 moorde per dag, terwyl bereken word dat elke 7 sekondes 'n verkragting plaasvind.

Die DA ondersoek beweringe dat voormalige Eskom HUB Matshela Koko ‘n tender van R1 miljard goedgekeur het vir ‘n maatskappy waarvan sy stiefdogter ‘n direkteur is. Hierdie geval is onder die aandag van Minister van Openbare Ondernemings Lynne Brown gebring en sal dit waarskynlik ingesluit word by die forensiese ondersoek wat Brown gelas het na die toekenning van alle tenders deur Eskom die afgelope jare.

Dit blyk uit inligting in die Gauteng Wetgewer dat die ANC-burgemeester van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit te Vanderbijlpark, Simon Mofokeng, 'n bedrag van meer as R1,7 miljoen spandeer het op KFC, Nando’s en die Shakespeare Inn Hotel. Voorts het hy buitensporige brandstofeise ingehandig vir sy private motor, alhoewel hy 'n amptelike voertuig tot sy beskikking het. Mofokeng was voorheen burgemeester van Sedibeng Distriksmunisipaliteit waar 'n bedrag van R1,1 miljoen teen sy naam gestaan het vir persoonlike uitgawes.

Hordes het haar huis omsingel en aangedring dat sy na buite kom. Daar het hulle haar rondgestamp en -gepluk en met messe gedreig. Hulle het haar gedwing om hulle toegang tot haar bakkie te gee sodat hulle daaruit petrol kon tap om haar huis aan die brand te steek, d.w.s. petrol uit haar voertuig om haar huis af te brand. Uit vrees kon sy nie petrol uit haar bakkie kry nie, maar hulle het nogtans haar huis aan die brand gesteek en dit het tot op die grond afgebrand. Haar twee honde, budgies en voëls wat in die huis was, het ook doodgebrand. Sy het net met die klere aan haar lyf ontkom. Kyk 'n videogreep hier. Sover bekend, is nog niemand oor die voorval in hegtenis geneem nie, het geen ANC-regeringsleier haar besoek nie en word geen woord van rassehaat oor die voorval gerep nie. Die vraag is hoe lank gaan blankes / Afrikaners hierdie ergste rassediskriminasie in die wêreld en eintlik onverklaarde burgeroorlog teen hulle stilswyend en met gevoude hande betrag?

Die gewelddadige betogings op die N12 Goue Hoofweg wes van Johannesburg by Freedom Park, Eldoradopark en Ennerdale het ontaard in plundering van verskeie winkels en die bestoking van motors met petrolbomme. Grootskaalse skade is en word aangerig, feitlik almal deur swartmense afkomstig uit die plakkerskampe te Freedom Park en omgewing. Die Polisie dryf die geweldenaars met rubberkoeëls terug, maar die situasie bly gespanne en plofbaar. Die rede vir die opstand word gegee as ANC-behuisingsbeloftes wat nie nagekom is nie en nou word geëis dat die DA-burgemeester van Johannesburg Herman Mashaba die opstandelinge moet kom toespreek.

Dit blyk dat misdaad in die gegoede noordelike buurte Dan Pienaar, Heuwelsig en Waverley in Bloemfontein oorhand toeneem met o.a. vyf inbrake oor die Paasnaweek net in Kmdt. Senekalstraat, by 'n huis in Gilles van de Wallstraat, Heuwelsig is platskermtelevisies en 'n kluis wat so swaar is dat 10 persone dit moet dra met juweliersware, 'n belangrike testament en 100 geheuestokkies geroof. Daar is ook by 'n huis op die hoek van York- en Milnerweg tydens die Paasnaweek ingebreek, asook by die Gratias Aftree-oord, terwyl die wassery by Emily Hobhouse Plein en 'n vulstasie in Dan Pienaar beroof is. Daarby is leerlinge gedurende die eksamen aan die einde van die eerste kwartaal in Morganstraat van hul selfone beroof, met dwelmhandelaars wat ook in die gebied toenemend 'n verskynsel is. In reaksie o die misdaadvlaag het twee plaaslike vroue die voortou geneem om op 7 Mei 2017 die buurtwag Northern Neighbourhood Watch Association (NNWA) te gestig het.

Die SAA (South African Airways) wat die afgelope jare al R14,5 miljard belastingbetalergeld van die regering moes ontvang ten einde finansieel kop bo water te hou, veral in die laaste paar jaar onder die omstrede raadsvoorsitter Dudu Myeni, het 'n verdere terugslag gekry toe die Gautengse Hooggeregshof ten gunste van Comair beslis het dat die SAA jeens hulle “onmededingend” opgetree het en 'n boete van R1,16 miljard moet betaal.
Dit volg op die onlangse berig dat Myeni namens SAA aan konsultante R21 miljoen betaal het om na korrupsie in SAA te “kyk”, maar waaruit geen aksie nog voortgevloei het nie.

Bladsy 2 van 2

Ora betonwerke proef Sept 2017

Artistia Food

Renosterberg lodge