Orastad 2

Glybanier

-►Gruwelike en Godskreiende rassistiese dubbele standaarde -►Plaasmoorde is terreur en nie bloot misdaad nie – AfriForum -►Opstand teen plaasterreur: Landswye vloedgolf -►Dave Miller vinnigste 100tal in T20 krieket – vanaf net 35 balle -►WP Curriebekerkampioene 2017 – steeds die beste SA rugbyreeks -►Nuwe boek “The President’s Keepers” onthul Zuma as “gangster” -►Groot vragmotor ploeg in Swart Maandag-optog in

Nog ingrypende SEB-wetgewing

Nog ingrypende wetgewing om swart ekonomiese bemagtiging (SEB) ekstreem te bevorder en blankes al meer uit die ekonomiese hoofstroom te boender, is ingestel met die afkondiging in die Staatskoerant van die sg. Amended Property Sector Code oftewel Gewysigde Eiendomsektorkode. Dit is van toepassing op alle kommersiële aktiwiteite in die residensiële en kommersiële kodes van die eiendomsektor, sowel as op die waardeketting wat insluit eiendomsontwikkeling, eiendomsdienste, eiendomsfasiliteite, en –bestuur, makelary, waardasies, eiendomsagente en ander verbandhoudende professionele dienste. As sulks het dit betrekking op die SA eiendomsektor met die beraamde astronomiese waarde van R5,8triljard en dek kommersiële, residensiële, staats- en gesoneerde vaste eiendom. Hiervoor word in die nuwe wetgewing, afgekondig deur Minister van Handel en Nywerheid Rob Davies SEB-teikens gestel: 10% van alle jaarlikse beleggings vir ontwikkeling of herontwikkeling, 27% vir eiendomseienaarskap plus nog meer gedetailleerde teikens. Vir meer besonderhede oor hierdie nuwe wetgewing, volg hierdie twee skakels: http://www.thedti.gov.za/gazzettes/40910.pdf http://www.thedti.gov.za/gazzettes/40941.pdf

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Ora betonwerke proef Sept 2017

Artistia Food

Renosterberg lodge