Orastad 2

Glybanier

-►Gruwelike en Godskreiende rassistiese dubbele standaarde -►Plaasmoorde is terreur en nie bloot misdaad nie – AfriForum -►Opstand teen plaasterreur: Landswye vloedgolf -►Dave Miller vinnigste 100tal in T20 krieket – vanaf net 35 balle -►WP Curriebekerkampioene 2017 – steeds die beste SA rugbyreeks -►Nuwe boek “The President’s Keepers” onthul Zuma as “gangster” -►Groot vragmotor ploeg in Swart Maandag-optog in

Blankes in SA op die keper beskou

Gepraat van realpolitik, indien die term op die blanke vandag in Suid-Afrika toegepas word, kan ons kwalik beter doen as die volgende kommentaar deur die sosiale media ontvang: Twee berigte het my oog getref die afgelope naweek. Een oor die Suid-Afrikaanse vrou, Marleze Kruger wat glo “liefde” wil gaan soek by ʼn fees vir enkellopendes in Ierland, en die ander oor die jongste vlaag plaasaanvalle en -moorde in die land. Albei hou verband. Hierdie verband is misdaad en die openlike jag op wit mense terwyl ieder en ʼn elk – veral die hoofstroom Afrikaanse media - liefs anderpad kyk om politieke korrektheid ter wille te wees. Ook omdat ons al so afgestomp geraak het weens die dood en verminking van wittes die afgelope twee dekades dat dit ons byna nie meer raak nie. Hoe tragies dit ook al mag wees. Ja, RSG se nuusprogramme sal wel noem van ʼn plaasmoord, maar dit is waar dit begin en ophou. Druk twee boere egter ʼn vermeende plaasbetreder in ʼn kis, sal RSG kundiges kry om die saak in detail te bespreek, politieke ontleders (die gewone twee of drie) sal betrek word vir kommentaar, die naasbestaandes sal hul roerende stories vertel en die saak sal tot in die hof gevolg word. Die eie derms word sonder ophou uitgeryg: Hoe wreed is ons wit barbare tog nie! Soos met die KFC-saak. Netwerk24 kan nie uitasem genoeg vertel dat die ‘wit’ mans die swart vrou glo ʼn “swartgat” en ʼn “teef” genoem het nie. Hoe walglik van die wittes! Tog het ek nog nie een keer hierdie jaar oor RSG gehoor of op Netwerk24 gelees wat aan wit plaasboere gesê is voor hulle kele met kombuismesse afgesny is, vroue verkrag en dood gemartel is, ʼn vrou se hande en voete met ʼn boor deurboor is, mense gedwing is om kokende water en olie te drink (ens, ens) nie. Waarom nie? Dis ʼn skreiende skande. Waarom wil niemand ook reguit sê die geweldsaanvalle op boere word hoofsaaklik deur swart mans gepleeg nie? Ek sal dit vandag hier doen. Want dit is waar. Indien iemand van my verskil, sal ek hom aanraai om elke berig van net hierdie jaar te gaan lees (ja, selfs op Netwerk24), en kyk wie in hegtenis geneem is na van die moorde waar die aanvallers wel gevang is. Sou ek verkeerd wees as ek sê feitlik al die moordenaars is swart mans? Dit is jammer, maar dit is waar. Indien jy my verkeerd kan bewys, kom lê die bewyse aan my voor. Dit is die werklikheid in Suid-Afrika. Daar is ʼn slagting op massiewe skaal in Suid-Afrika aan die gang teenoor wit mense. Ons mag nie daaroor swyg nie. Ons mag nie daaraan gewond raak nie. Daar was die afgelope jaar 277 aanvalle waarin 55 mense dood is. Ek herhaal. Daar is 55 vermoor. Nadat baie van hulle gemartel en verkrag is. Maak asseblief toe jou oë. Sien 55 mense in jou geestesoog. Meestal ouerige, weerlose mense. Mans en vroue. Dan sien jy hierdie 55 dood in groot plasse bloed lê. Klink anders as mens so daaraan dink nè... Die vrou Marleze Kruger sê ook dat sy nie na Ierland wil gaan om te gaan liefde soek nie, maar hoofsaaklik om van die genadelose jagtog op wittes te ontvlug. Lees hier wat sy vertel: “My man is in 2003 in ’n motorkaping in Kempton Park vermoor. Ons het 11 dae lank gesoek voordat sy lyk gevind is. En dit was maar net die begin. “Ek is twee keer in afsonderlike voorvalle gekaap en is op Ballito se strand met ’n mes aangeval. “Ons het in 2008 Randburg toe getrek en binne vier maande was daar vyf voorvalle van inbraak en diefstal terwyl ons tuis was. “My ouers en seun is in hierdie tyd in hul huis van R150 000 beroof. “My oudste broer is in sy ruggraat gewond tydens ’n bankroof (waar hy net ’n kliënt was) en my jongste broer was ook die slagoffer van ’n kaping.” Klink dit nie na iets wat elke tweede mens jou deesdae kan vertel nie? Jammer sy het nie ook prontuit gesê wie die aanvallers in al die gevalle was nie. Waarom gryp geweldsmisdaad en plaasaanvalle my so aan? Dit was vir baie jare my werk aan daaroor berig te doen. Om die tonele te besoek. Natuurlik kan ʼn mens nie in ʼn berig skryf wat jy werklik gesien het nie. Soos dat bejaarde vroue soms so uitmekaar gekap word met grawe en kapmesse dat daar letterlik stukke van hul hande, arms en ander liggaamsdele deur die huis gesaai lê. Groot boeremans wat vasgebind en gesodomiseer word terwyl hul vingers en tone met ʼn tang afgeknip word. Mense wat in buite-plaastoilette verdrink word. Hierdie dinge het ek self gesien. Die lys is eindeloos. Dit is nie normaal nie. Dit is nie gewone misdaad nie. Veral plaasmoorde is haatmisdaad teenoor wittes. Dit is een van die ergste menseregte-vergrype wat op hierdie oomblik in die wêreld aangaan. As jong joernalis word jy geleer nuus is alles wat buitengewoon is. Nie noodwendig goeie of slegte dinge nie. ʼn Klassieke voorbeeld is dat duisende vliegtuie elke dag veilig die wêreld-oor land. Goeie nuus ja, maar nie werklik nuus nie aangesien dit normaal is. Die norm. Geweldsmisdaad en brutale plaasaanvalle in Suid-Afrika het nou oor twee dekades so gereeld gebeur dat dit byna die ‘norm’ geword het. Dit mag nie gebeur nie. Hou aan om daaroor te praat en te skryf, selfs al pla dit jou vriende. Indien mense wel ʼn probleem daarmee het, sou ek hulle aanraai om self die toneel van ʼn plaasmoord te besoek. Dan sal hulle besef dit is nie net ʼn storie in ʼn koerant of ʼn insetsel oor die radio nie. Dit is regte mense wat doodgemaak word. Mense met ouers en kinders, drome en ideale. Mense soos ek en jy.
Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Ora betonwerke proef Sept 2017

Artistia Food

Renosterberg lodge