Orastad 2

Glybanier

-►Gruwelike en Godskreiende rassistiese dubbele standaarde -►Plaasmoorde is terreur en nie bloot misdaad nie – AfriForum -►Opstand teen plaasterreur: Landswye vloedgolf -►Dave Miller vinnigste 100tal in T20 krieket – vanaf net 35 balle -►WP Curriebekerkampioene 2017 – steeds die beste SA rugbyreeks -►Nuwe boek “The President’s Keepers” onthul Zuma as “gangster” -►Groot vragmotor ploeg in Swart Maandag-optog in

Chinese dalk betrokke by reuse ontwikkeling van Victoriavalle

Mediaberigte uit Zimbabwe lui dat 'n ooreenkoms met Chinese beleggers aangegaan is om 'n reuse ontwikkeling van VSA $460 miljoen by die Victoriavalle te doen – 'n gebied wat 'n verklaarde UNESCO Wêrelderfenisterrein is. Die Zimbabwe minister van toerisme Walter Mzembi word aangehaal as dat 'n temapark en konferensiesentrum deel van die ontwikkeling gaan wees op sowat 300 ha tussen die lughawe en die Masuerivier. Daar was in die verlede al spekulasie dat 'n Disneyland in Africa by die Valle ontwikkel gaan word, maar dit is nie seker presies wat hierdie ontwikkelingsplan behels nie. Berigte uit Zimbabwe is moeilik verifieerbaar, maar omgewingsbewustes is bekommerd oor die ekologiese impak van die aangekondigde projek.
Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Ora betonwerke proef Sept 2017

Artistia Food

Renosterberg lodge