Orastad 2

Glybanier

-►Gruwelike en Godskreiende rassistiese dubbele standaarde -►Plaasmoorde is terreur en nie bloot misdaad nie – AfriForum -►Opstand teen plaasterreur: Landswye vloedgolf -►Dave Miller vinnigste 100tal in T20 krieket – vanaf net 35 balle -►WP Curriebekerkampioene 2017 – steeds die beste SA rugbyreeks -►Nuwe boek “The President’s Keepers” onthul Zuma as “gangster” -►Groot vragmotor ploeg in Swart Maandag-optog in

Bohaai oor baba-olifante uit Namibië

'n Bohaai het ontstaan omdat natuurlewe-owerhede in Namibië die uitvoer van vyf baba-olifante vanaf die Eden wildsplaas in die Grootfontein-distrik goedgekeur het na 'n dieretuin in Dubai. Die owerhede sê dat hulle die nodige uitklaring verkry het by die Konvensie vir Internasionale Handel in Bedreigde Spesies (CITES), van wie Namibië 'n party is en waar die internasionale handel in olifante onder streng voorwaardes geplaas is.

Diegene gekant teen die uitvoer van die olifante sê dat dit wreed is om diere uit hul wilde en natuurlike omgewing te neem en direk in gevangeneskap te plaas en hulle nie eers geleidelik te tem en aan menslike versorging bloot te stel nie. Hulle sê dat hierdie tipe handel gaan primêr oor finansiële gewin.

Die verdere vraag wat gevra word, is of hierdie geval van die olifantjies nie dalk die punt van 'n spreekwoordelike ysberg is nie, veral gesien in die lig van vroeëre berigte dat buitelanders, veral Chinese, die wildlewe van Namibië stroop vir eie gewin.  

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Ora betonwerke proef Sept 2017

Artistia Food

Renosterberg lodge