Tinus Nortje Eiendomme proef April 2017.jpg

Ons is ook opgewonde oor die keuse van Warren Whitely as Springbokkaptein en meen dit is die enigste regte keuse en dat hy dit deur en deur verdien.

Wat die res van die span betref, wil ons nie die eer en glans van gekose spelers wegneem nie en het hulle almal hard gewerk, maar, o wee, dis 'n kwotaspan. Dit is by verre nie op meriete die beste span nie. Duidelik is daar die vereiste: soveel spelers van kleur en soveel “etniese Afrikane” (wat dit ook al mag beteken!).

As jy teen die beste in die wêreld wil meeding, moet jy jou beste in die veld stoot.

Wanneer gaan SA weer 'n normale land word?

Substansiële ontwikkeling in die Bo-Karoo-streek – basies die noordelike gedeelte van die Noord-Kaap vanaf Hopetown, Orania en Vanderkloof suidwaarts tot De Aar en Colesberg – gaan waarskynlik grootliks afhang van hoe die nasionale energieprogram van die regering uitspeel. Daar is tans in die Bo-Karoo-streek drie voorgestelde sonkragaanlegte op die tafel, maar hul realisering hang af of die regering en/of Eskom die huidige moratorium op hernubare energieprojekte gaan ophef.

Die drie voorgestelde sonkragaanlegte is op die plaas Roodepan langs Orania op die pad na Vanderkloof (75 MW), op die plase Doornlaagte en Solon by Luckhoff op die pad na Koffiefontein (450 MW) en op die plaas Kalkpoort ook naby Orania voor die afdraai na Petrusville (225 MW). In aldrie hierdie gevalle is die beplanning en voorbereidingswerk in 'n gevorderde stadium, maar die groenlig i.t.v. die Hernubare Energieprogram van Eskom kan nie verkry word nie.

Die regering en Eskom beskuldig mekaar oor wie verantwoordelik is vir die oponthoud om die groenlig te gee vir voortsetting van die Hernubare Energieprogram. Blykbaar het Eskom genoeg kapasiteit om vir die voorsienbare toekoms in die energiebehoeftes van die land te voorsien, maar geleidelike oorskakeling na omgewingsvriendelike energieprojekte verskaf deur die privaatsektor is wenslik.

Aan die ander kant hang die nasionale energieprogram daarvan af of die regering finaal gaan besluit om voort te gaan met implementering van 'n massale kernkragprogram vir die land. 'n Groot slag hierteen is egter verlede maand geslaan toe die hooggeregshof in Kaapstad beslis het dat die ooreenkomste van die regering met Rusland, die VSA en Suid-Korea “ongrondwetlik” en “onwettig” is en dit tersyde gestel het.

Nog 'n sleutelfaktor is die goedkeuring wat die regering by monde van Minister van Minerale Mosebenzi Zwane begin verlede maand gegee het vir ontginning van skaliegas in die sg. Karookom, wat strek oor groot dele van die Noord-, Wes- en Oos-Kaap. Hierdie besluit word egter sterk teengestaan deur die TKAG-groepering, terwyl daar ook nog die bevindings is van 'n KANSA-konferensie in 2015 te Mowbray, tot die effek dat chemikalieë wat in hidrobreking gebruik word, kanker kan veroorsaak, soos in gevalle in die VSA bewys is, veral wat betref die chemikalieë formalien en benseen.

Op hierdie stadium lyk dit of die openbaring mening vir ontwikkeling in die Bo-Karoo sterk ten gunste is van hernubare energieprojekte, veral sonkrag, asook hidrokrag in die Oranjerivier. Dit is egter voor die handliggend dat effektiewe ekonomiese en maatskaplike bestuur van hernubare energie in die streek 'n uitdaging van sy eie bied.

Wat is tans die mees sinvolle wat 'n mens kan sê of wat dryf bo in die gemoed van die meeste mense in SA? Die antwoord is beslis: “Hoe moet ek die huidige situasie in SA beoordeel? Hoe raak dit my en wat hou die toekoms vir my in?”

In die lig daarvan wil ons die volgende enkele opmerkings maak oor die huidige situasie in Suid-Afrika:

  • Dit gaan erg en waarskynlik is ons land in die slegste toestand ooit, maar ons moet nie tou opgooi nie, nie persoonlik nie en ook nie gesamentlik nie.
  • Ons moet positief en gelowig bly en elkeen op sy eie akker doen wat goed en opbouend is, terwyl ons ook dieselfde in enige toepaslike groepsverband moet doen.
  • Dit alles moet ons doen omdat ons glo in 'n almagtige en genadige God wat getrou is aan Sy Woord.
  • Ons moet ons volkskap as Afrikaners weer opsoek en koester. ‘n Voormalige Amerikaanse president Theodore Roosevelt het gesê: “If we don’t hang together, we will all hang separately.”
  • Dit is tyd om ons rug styf te maak teen die terroristiese ANC wat die land afgebreek het en slegs om een rede aan bewind bly: Die getalsoorwig van swart mense wat hulle steun. 'n Aanhaling van nog 'n voormalige Amerikaanse president, Richard Nixon, is toepaslik: “The basic rule of Soviet behaviour was laid down years ago by Lenin: Probe with bayonets. If you encounter steel, withdraw. If you encounter mush, continue. The question is which will the the Soviets encounter: steel or mush?”
  • Die ANC is in 'n magsgreep van pres. Zuma en radikale swartes, gerugsteun deur die internasionale Nuwe Wêreldorde, wat as einddoel het die uitwissing van die blanke en die Christendom in SA en die inpalming van die land vir hul eie gewin.
  • Blankes in die land, in besonder Afrikaners, het onder die ANC al geweldig gely en ly steeds – verskriklike moorde, erge rassediskriminasie, ongelooflike dubbele standaarde, ens. Ons moet uiters empatie met die slagoffers hê, maar ook daadwerklik werk om die toestand te beëindig. Genoeg is genoeg.

Om saam te vat, sê ons: Staan vas, bly gelowig, doen jou plig, werk slim en kom bymekaar om 'n nuwe bedeling uit te werk.

Pres. Trump is tans op 'n 8-daelange buitelandse besoek, sy eerste as staatshoof en beginnende in Saoedi-Arabië. Aldaar het hy 'n wapenverskaffingsooreenkoms van $360 miljard met die Saoedi’s gesluit – meer as al die militêre hulp wat die VSA die afgelope 50 jaar aan Saoedi-Arabië verskaf het. Laasgenoemde is 'n Moslem-diktatuur wat Christene vervolg en die afgelope twee jaar vir onduidelike redes die demokratiese Jemen as 'n land tot 'n bouval gebombardeer en met lewensverlies van meer as 10 000. Daarom word die nuutste massale Amerikaanse militêre bystand bevraagteken. Op sy toer gaan Trump ook Israel, die Vatikaan, België (Navo) en Italië (G7) aandoen.

Die hoofnuus in die wêreldpolitiek bly draai rondom die verhouding al dan nie tussen pres. Donald Trump van die VSA en sy Russiese ampsgenoot Vladimir Putin. Reeds voor Trump se verkiesing was daar beweringe, afkomstig van wat beskou kan word as die Nuwe Wêreldorde (NWO), dat Putin / Rusland onregmatig ingemeng het in die verkiesingsproses ten gunste van Trump. Laasgenoemde het dit as “fake news” afgemaak, maar die rook wou nie gaan lê nie. Die jongste is dat uitgebasuin word dat Trump die hoof van die FBI James Comey afgedank het omdat hy aangehou het om die beweerde verbintenis tussen 'n voormalige afgedankte Trump-veiligheidsraadgewer Michael Flynn en Rusland te ondersoek. Daarby word Trump nou beskuldig dat hy pas tydens 'n besoek van Russiese buitelandse minister Sergei Lavrov, aan laasgenoemde hoogs geheime inligting oorgedra het. Om tot die kern van die saak deur te dring, lyk dit of Trump en Putin albei anti-NWO is en as sulks die tradisionele wêreldorde kan herstruktureer – iets wat die NWO met koue koors laat uitslaan

Op 25 April 2017 is die Maluti-a-Phofung Spesiale Ekonomiese Sone (MAP-SEZ) by Harrismith deur pres. Jacob Zuma en Vrystaatse premier Ace Magashule onthul, maar in 'n mediaverklaring wys DA leier in die Vrystaatse Wetgewer, Roy Jankielsohn, daarop dat die hoë ideaal in effek net 'n bol wind is. Die MAP-SEZ by Harrismith as 'n binnelandse hawe met doanegeriewe op die bedrywige roete tussen Gauteng en Durban en aangrensend aan Tshiame by Harrismith en QwaQwa met miljoene swart werkloses is al vir jare 'n prospek, maar is eers op 25 April 2017 onthul. Jankielsohn wys egter in 'n mediaverklaring daarop dat van die gespesialiseerde geboue benodig vir die SEZ om te funksioneer teen sowat R1,5 miljard en skepping van 29 000 werksgeleenthede het tot dusver dadels gekom. Wat gebeur het, is dat 'n sekuriteitsheining om die geoormerkte perseel opgerig is teen 'n kkoste van sowat R40 miljoen en met skepping van 70 tydelike werksgeleenthede, maar dat die heining reeds grootliks gevandaliseer is. Om die kersie op die koek te plaas, is die Maluti-a-Phofung Plaaslike Munisipaliteit met Magashule-lojalis Vusi Tshabalala as burgemeester tegnies bankrot en deur die OG bevind as sittende met meer as R1 miljard ongemagtigde uitgawes. Dit is 'n donker prentjie wat deel vorm van die nag waarin die Vrystaatse ekonomie en regering in die Vrystaat verval het onder die uiters korrupte premierskap van Magashule. Vir die volle Jankielsohn-mediavrystelling, kliek hier.

http://www.politicsweb.co.za/politics/zumas-economic-zone-relaunch-just-a-pr-campaign--r

Die konstruksiegroep van maatskappy Raubex het uit 'n inkomste van R9,01 miljard en 'n netto bedryfswins van R661,7 miljoen vir die laaste finansiële jaar 'n bedrag van R119,9 miljoen oor die volgende 12 jaar geoormerk vir swart ekonomiese bemagtiging (SEB). Dit volg nadat die Mededingingskommissie ná 'n ondersoek bevind het ses konstruksiemaatskappye met inbegrip van Raubex het in vorige jare nie hul kant gebring met SEB in kontrakte aan hulle toegeken nie.

Veel publisiteit word gemaak van die deurlopende program by Nampo Oesdag 2017 onder die opskrif Nasie in Gesprek en waarin die landbouleiers van SA onder die vaandel van AgriSA, Graan SA, Nampo, Agbiz en Vroue in Landbou besprekings voer met regeringslui soos Minister van Landbou, Bosbou en Visserye Senzeni Zokwana, die DG van sy departement Mike Mlengana, die uitvoerende hoof van die Landbank TP Nchocho, ens. Ook is persone soos omstrede oud-minister Roelf Meyer en Stephen Grootes van Radio 702 / Cape Talk betrek.

In die besprekings word kwessies soos die planne van die regering met “grondhervorming”, vertroue in die landboubedryf, SEB, ens. behandel en hoe dit ten beste gehanteer kan word. Dit klink vir ons al te veel na vergoeiliking van die planne van die regering om dele van die grond en boerderye van boere vir werkers te gee en selfs onteiening sonder vergoeding.

Daar is 'n reeks wetsontwerpe in die Parlement op die tafel wat eintlik daarop gemik is om die rol en rug van die blanke kommersiële boer in SA te breek en eintlik blanke aandeel in die nasionale ekonomie te minimaliseer en selfs te ontneem. Daarby is dit so dat pres. Jacob Zuma en 'n magskliek om hom, insluitende die Ministers van Landbou en van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, inderwaarheid 'n onverklaarde burgeroorlog teen die blanke burgers van die land voer.

Hiervan getuig die Gedenkmuur met die al langerwordende naamlys van plaasmoordslagoffers op dieselfde Nampo Terrein. Daarby word die druk van die regering op die geknelde kommersiële landbousektor met sy sowat 34 000 lede voortdurend aangedraai – 'n sektor wat reeds in geheel R145 miljard in die skuld is.

Insiggewend by die Nampo Gesprekke is dat die beloning van R100 000 wat TLU SA uitgeloof het vir enige een wat bewys kan voorlê van 'n blanke wat grond van 'n swarte gesteel het, gekritiseer word as “onvanpas” en “rewolusionêr”

Ons vra: Hoekom hand om die blaas sit met diegene wat daadwerklik beplan om grond van blankes te steel en om die rug van die blanke kommersiële boer – die voedselprodusent van die land – te breek? Ons begryp die waarde van gesprekvoering, maar dié het reeds op tallose ander fora plaasgevind en steeds dryf die regering meedoënloos sy grond-agenda.

Na ons mening is dit nou eerder tyd om uitvoering te gee aan die Engelse gesegde: To call a spade a spade

'n Protestants-Christelike kerk met 'n 80 m hoë toring is pas in Changsha, China voltooi, ironies genoeg die stad waar Mao Zedong in die dertigerjare sy Kommunistiese veldtog begin het en waar later Christen-kerke feitlik uitgewis is. In onlangse jare het Protestants-Christelike kerke egter weer begin floreer en is tans 'n golf van Christelike bekerings besig om deur China te spoel. Die kerk in Changsha is twee keer so hoog as die grootste standbeeld vir Mao in China, wat slegs enkele kilometer vanaf die kerk staan.

'n Pekanneut-kursus vir gevestigde sowel as beginnerboere word 11-12 Julie 2017 te Orania aangebied, met lesings wat o.a. handel oor grondvoorbereiding, plantmetodes, beste kultivars, besproeiingstelsels, snoei van klein bome en organiese boerdery. Plaaslike boordbesoeke word ook gebring. Die kursus word ook toegespreek deur die wêreldbekende kundige prof. Esteban Herrera-Aguirre. Die pekanbedryf is tans in 'n bloeifase en die medium- sowel as langtermynvooruitsigte vir die bedryf is uiters belowend. Om die kursus by te woon of vir meer besonderhede, kontak dr. Ben de Klerk by 082 469 6880 of Faan Erasmus by 082 879 1433.

Uitstekende beleggingsgeleenthede is beskikbaar in die Gannabos Behuisingsprojek wat tans te Orania ontwikkel word ten einde die reuse plaaslike behoefte vir bekostigbare behuising aan te spreek. Die eerste fase met 18 wooneenhede is feitlik voltooi, met 'n verdere vyf fases en uiteindelik sowat 120 wooneenhede in die onmiddellike pyplyn. Die doel van die behuising is uitsluitlik verhuring en beleggers kan nie 'n spesifieke wooneenheid koop nie, maar wel aandele koop in Gannabos Behuising (Edms) Bpk, waarop 'n bo-gemiddelde opbrengs verdien kan word. Vir meer besonderhede, skakel Appie Pienaar by 083 454 4252 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

Om die beste te kry van die Dohne Merinos as 'n SA-geteelde en dubbeldoelige skaapras, kan die jaarlikse produksieveiling van Schietfontein Boerdery in die distrik Philippolis bygewoon word op 22 Augustus 2017 om 11:00 by die Philippolis Skougronde. Vir meer besonderhede, kontak Niël Krüger by 071 570 0638 of 082 497 7794 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

Die herstel van verweerde en stukkende boeke en enige papierdokumente en publikasies is deesdae 'n rare vaardigheid en diens, maar dit is presies wat Bibliophilia gebaseer te Philippolis doen. Vir meer besonderhede, kontak Ina by 084 491 5098 of Lena by 072 299 3078 of epos Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

Bladsy 1 van 19

Tridor.jpg

Fabricia proef Maart web 2017.jpg

Plan met staatsdienspensioene vir SAL... http://fb.me/204dbBDY0     Raubex gee honderde miljoene vir SEB... http://fb.me/27JlwMQ62     Spesiale Ekonomiese Sone by Harrismith bol wind... http://fb.me/1v6TBHWIW     Stryd teen Trump en Putin... http://fb.me/1qPQAXM2Z     Trump op eerste buitelandse besoek... http://fb.me/29uFJWorW     Beoordeling van huidige situasie in SA... http://fb.me/1mziRmcXx     Energieprogram kan ontwikkeling in Bo-Karoo bepaal... http://fb.me/1md92br6Y     Reuse Christen-kerk in China gebou... http://fb.me/6CbG18UeH     Harde woorde van SARK vir Zuma... http://fb.me/26Csh1mjx     Sowat R36 miljoen vrugteloos op nuwe Vrystaatse Wetgewergebou... http://fb.me/3dQ5VLAF4        Reusevergoeding oor regstellende aksie... http://fb.me/1oH5zCik6     Beleggingsgeleenthede Gannabos Behuising, Orania... http://fb.me/8K0LjgaQm     Dohne Merinos produksieveiling... http://fb.me/5AXDqt4F4     Beleggingsgeleenthede Gannabos Behuising, Orania... http://fb.me/8Yv7VuYYg     Beleggingsgeleenthede Gannabos Behuising, Orania... http://fb.me/8EceuW9s8     Kursus in Pekan verbouing... http://fb.me/1XPGKXl1x     Vlamme oor ANC in Vrystaat... http://fb.me/1kpQEiQEq     Vlamme oor ANC in Vrystaat... http://fb.me/7X058faaC     Stryd om Afrikaans as hoftaal... http://fb.me/8scZR8kMs 

ATKV