ditsem website banner no 1 2017

Glybanier

-►Nog twee plaasaanvalle: Potch en Hoopstad -►Trump weier om ooreenkoms met Iran te sertifiseer -►R800 miljoen van Transnet-pensioenfonds deur Guptas gegaps -►Krieket: Proteas maak maalvleis van Bangladesjies -►Oostenryk nasionalistiese party met 31 jarige leier wen verkiesing -►Zuma 283 aanklagte: NVG gooi jakkalsdraaie -►Zuma-hofsaak: Schabir Shaik bereid om vir staat getuig -►Curriebeker: Haaie, Bulle, Leeus en WP maak halfeindstryd -►Tennis: Federer en Sharapova bo in twee Chinese toernooi -►OBK pensioenfondse van R1,3 miljard: Gigaba loods ondersoek

Beroep op Afrikaner-erfenis

In 'n mediaverklaring sê dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus: “Erfenisdag Sondag 24 September is daar om ook die erfenis van die Afrikaner te herdenk. Die Afrikaner het ʼn ryke erfenis en het Suid-Afrika uitgebou as een van die welvarendste lande in Afrika. Die bedenklike poging van die ANC-regering en ander politieke leiers om die geskiedenis en erfenis van die Afrikaner te demoniseer, moet die Afrikaner nie intimideer nie, maar moet hy sy kop optel aangesien hy ook met trots kan praat oor sy verlede.

“Erkenning moet gegee word aan alle kulture in Suid-Afrika, want slegs deur die erkenning van ons verskille en ons kulture, en wedersydse respek vir daardie verskille, kan ons ʼn vooruitstrewende land bou. Indien die ANC-regering ernstig is dat hy nasionale kohesie wil bevorder, moet hy ophou om die verlede en die geskiedenis van die Afrikaner net sleg te maak. Erkenning moet gegee word aan die groot bydrae wat die Afrikaner gelewer het en steeds lewer in die belang van al Suid-Afrika se inwoners.” 

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Ora betonwerke proef Sept 2017

Artistia Food

Renosterberg lodge