ditsem website banner no 1 2017

Glybanier

-►Ditsem Nuus webwerf www.ditsem.net handhaaf tans sowat 21 000 besoekers per maand -►Matjila van OBK sê nou SAA mag moontlik geld leen -►Beweerde renosterstroper David Mahlobo nou Minister van Energie -►Internasionale besoekers aan Kaapstad groei 27% in eerste semester 2017 -►Adj-pres. Ramaphosa blykbaar moontlik volgende vir Zuma-valbyl

Ministers sterk op onteiening sonder vergoeding

Lindiwe Zulu by WEF Lindiwe Zulu by WEF www.moneyweb.co.za

Minister van Kleinsake-ontwikkeling Lindiwe Zulu het by die Wêreld Ekonomiese Forum (WEF) Afrikakongres in Durban gesê die SA Grondwet moet verander word om grondonteiening sonder vergoeding toe te laat. Volgens haar hou dit transformasie van die ekonomie terug en daarom het pres. Jacob Zuma besluit “genoeg is genoeg” en moet “radikale ekonomiese transformasie” voluit voortgaan. “Meer gelyke verdeling van rykdom tussen die swart meerderheid en die meer welvarende minderheid moet versnel word”, aldus Zulu. Inmiddels het Minister van Water en Omgewingsake Edna Molewa dieselfde mening ge-eggo in 'n onderhoud vanoggend op DStv kanaal 404.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Ora betonwerke proef Sept 2017

Artistia Food

Renosterberg lodge