ditsem website banner no 1 2017

Glybanier

-►Diepste vernedering van Springbokrugby nog vierkantig gelê voor diskriminerende kwotas van mislukte ANC-regering -►Taxi-oorlog: Vierderangse korrupte taxiverenigings kan nie kompeteer met eerstewêreld Uber-taxidiens -►“The US has great strength and patience, but if it is forced to defend itself or its allies, we will have no choice but to totally destroy North Korea.” – pres. Donald Trump voor VN Algemene vergadering -►HTS Louis Botha, Bloemfontein: Verkragting van 14-jarige deur drie skoolseuns – nog geen skorsing -►Korrupsie kos SA jaarliks minstens R27 Miljard en 76 000 werksgeleenthede – Min. Van Ekonomiese Ontwikkeling Ebrahim Patel

Salarisrekening van staat sneeubal

In die begrotingsdebat van die Dept. van Staatsdiens en Administrasie in die Parlement het dr. Corné Mulder van die VF Plus op die volgende gewys: “In 1994 was die staat se salarisrekening slegs 5% van sy totale uitgawes, maar dit het nou toegeneem tot meer as 40%. Ewe kommerwekkend is die feit dat die nasionale Tesourie se aankope-afdeling bevind het dat daar 12 000 dooie mense op die register van maatskappye is wat sake met die staat doen. Dit is korrupte amptenare wat valse maatskappye met die oorledenes se besonderhede stig om kontrakte te bekom. Nog meer kommerwekkend is dat dieselfde kantoor bevind het dat daar 14 000 staatsamptenare is wat dien as direkteure van maatskappye wat kontrakte met die staat het. Dieselfde kantoor het ook bevind dat bedrog en kunsmatige prysaanpassings die staat 40% of R600 miljard aan goedere en dienste gekos het in 2016. ʼn Goeie voorbeeld is Nkandla waar meer as R262 miljoen bestee is, terwyl daar nie waarde van meer as R50 miljoen gevind word nie.”
Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Ora betonwerke proef Sept 2017

Artistia Food

Renosterberg lodge