ditsem website banner no 1 2017

Glybanier

-►Nog twee plaasaanvalle: Potch en Hoopstad -►Trump weier om ooreenkoms met Iran te sertifiseer -►R800 miljoen van Transnet-pensioenfonds deur Guptas gegaps -►Krieket: Proteas maak maalvleis van Bangladesjies -►Oostenryk nasionalistiese party met 31 jarige leier wen verkiesing -►Zuma 283 aanklagte: NVG gooi jakkalsdraaie -►Zuma-hofsaak: Schabir Shaik bereid om vir staat getuig -►Curriebeker: Haaie, Bulle, Leeus en WP maak halfeindstryd -►Tennis: Federer en Sharapova bo in twee Chinese toernooi -►OBK pensioenfondse van R1,3 miljard: Gigaba loods ondersoek

'n Mens moet versigtig wees om in die mantra te verval dat dit in SA eenvoudig 'n geval is van wit vs. swart, of selfs dat wit al wat goed is en swart al wat boos en anti-blank is. Daar is natuurlik in die land 'n wit/swart, soos grootliks kunsmatig aangeblaas deur die ANC, ander radikale linkse politiek en die NWO oorhoofs, maar daar is ook aansienlike welwillendheid en verdraagsaamheid onder sowel swartmense as ander gekleurde mense.

Wat spesifiek swartmense betref, is daar in politike verband talle wat hul sout werd is en wat staan vir wat billik, reg en beskaafd is. Talle van hulle staan miskien nie genoeg op nie en word hulle dikwels oordonder deur die radikales, maar hulle is daar en kan mee gewerk word deur diegene wat 'n billike bedeling vir SA nastreef.

Van dié wat opstaan en teen die radikale stroom hul standpunte stek vir wat reg, billik en redelik is, is o.a. hoofregter Mogoeng Mogoeng, voormalige OB Thuli Madonsela en eks-ANC Makhosi Khoza. Voeg nog by mense soos Mosiou Lekota, Bantu Holomisa, Sipho Pityana (Save SA), Bonang Mohale (BLSA), Nhanhla Nene, Mcebisi Jonas (albei oud-ministers) en heelwat ander en 'n mens sien tog lig.

Dit is noodsaaklik dat met mense soos hierdie saamgewerk moet word en wel sonder dat as’t ware saam in die bed gespring word.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Meer in die kategorie:

Ora betonwerke proef Sept 2017

Artistia Food

Renosterberg lodge