ditsem website banner no 1 2017

-►Adendorff Machinery Mart verhuis na groter perseel – nou h/v Harveyweg, Kerkstr. en Monumentweg -►Malu Pork open amptelik nuwe doelontwerpte aanleg in Kimdustria, Kimberley -►ANC wys diktatuur met heksejag teen LP’s wat teen staatskaping en korrupsie stem -►Mugabe, “Moordenaars van wit boere nie vervolg nie” -►Carro Private Skoolgroep nou 47 000 leerlinge in totaal en jaarlikse omset van R1 miljard -►Brandstofpryse styg 6 September, meeste nog vanjaar -►Buitelander – Otis Gibson – dalk nuwe Protea Krieketafrigter?

Terwyl Botswana te kenne gegee het dat dit die Dalai Lama, geestelike leier van Tibet, sal toelaat om 'n internasionale konferensie oor menseregte in Gaberone vanaf 17 tot 19 Augustus vanjaar toe te spreek, het China aangedui dat dit gekant is teen hierdie besoek en dat gehoop word dat Botswana die “regte besluit” sal neem. Tibet, voorheen 'n outonome land, word  sedert 1959 deur China regeer toe die Dalai Lama 'n mislukte opstand teen Chinese heerskappy gelei het. Die Dalai Lama, wat sedertdien in internasionale ballingskap is, het die Nobel Vredesprys in 1989 ontvang.

China het aansienlike beleggings in Botswana en is tans besig met projekte in padbou, dambou en kragstasie- en lughawe-ontwikkeling in die land. Suid-Afrika het in 2009 ná druk deur China 'n visum aan die Dalai Lama geweier. Pres. Ian Khama van Botswana is bekend dat hy glad nie langs die vuur met die ANC in SA en Mugabe in Zimbabwe sit nie.

Die Withuis het erken dat pres. Donald Trump van die VSA en pres. Vladimir Putin van Rusland 'n bykomende tweede geheime ontmoeting gehad het tydens die pas afgelope G20 beraad in Hamburg. Dit blyk dat die twee aan die einde van 'n sosiale aandete in 'n een-tot-een bespreking met mekaar was.

Die nuus kom te midde van 'n groot bohaai oor beweerde kommunikasie tussen Trump en Putin voor die Amerikaanse Presidentsverkiesing verlede jaar en ook daarna. Terwyl die hoofstroom internasionale media enige kontak tussen die twee staatshoofde in so 'n swak lig as moontlik stel, wil dit tog blyk dat die twee heelwat met mekaar in gemeen het en dat 'n nuwe era van goeie verstandhouding tussen die twee grootmoondhede ingelui kan word.

Sowel Putin as Trump blyk buite die invloedsfeer van die Nuwe Wêreldorde (NWO) te staan – in teenstelling met die Europese Unie soos gelei deur Duitse kanselier Angela Merkel. Skynbaar vorm Brexit ook meer deel van die Trump-Putin-spil as met die NWO-dampkring.

Op ʼn spesiale raadsvergadering van die Mafube Plaaslike Munisipaliteit, gebaseer te Frankfort en ook oor Villiers, Tweeling en Cornelia en wat totaal disfunksioneel geraak het weens korrupsie en wanbestuur, is Mojalefa Matlole aangestel as tussentydse administrateur. Hy is egter 'n ANC kader met 'n lang reputasie van skandale – voorheen was hy die stadsbestuurder van die Mangaung Metro (Bloemfontein, Botshabelo, Van Stadensrus, Wepener, Thaba Nchu, Dewetsdorp) waartydens hy in 2005 van bedrog van meer as R150 miljoen aangekla is.

Hy is later aangestel as administrateur van die Ngaka Modiri Molema Distriksmunisipaliteit in Noordwes, waar hy ook in omstredenheid gedompel was, veral vanweë bedrogklagtes teen sy maatskappy Lefanosi Construction.

'n Ongekende koers van politieke moorde is tans besig om in Suid-Afrika plaas te vind en na raming is vanjaar alleen alreeds 60 persone vermoor in gevalle wat as polities-gemotiveerd bestempel word. Dit kom feitlik uitsluitlik in ANC-geledere veral in KZN voor, 'n provinsie waar pres. Jacob Zuma sy sterkste magsbasis onder die Zoeloes het.

Verlede week is in KZN in die Ibisi-gebied drie munisipale raadslede doodgeskiet nl. Sindiso Magaqa, Nonsikelelo Mafa en Jabu Mzizi en dit volg nadat drie ander ANC-ampsdraers vroeër vanjaar in dieselfde gebied vermoor is. Die jongste voorval het egter in die Oos-Kaap voorgekom toe die speaker van die Raymond Mahlaba Munisipaliteit Thozama Njobe twee dae gelede op kort afstand geskiet is toe sy van 'n byeenkoms in Fort Beaufort teruggekeer het. Sy is later aan haar wonde in die hospitaal oorlede.

Inmiddels het die Valke 'n nasionale taakspan aangewys om moorde op politieke ampsdraers te ondersoek.

Die eerste internasionale konferensie ooit oor landelike misdaad word op 27 September 2017 in Centurion deur die georganiseerde landbou en Unisa aangebied, met die tema Die uitdagings van landelike misdaad wat die landbousektor affekteer. Volgens 'n mediaverklaring het plaasmoorde en -aanvalle, sowel as algemene misdaadvlakke in landelike gebiede in so ‘n drukkende probleem ontaard dat ‘n internasionale konferensie daaroor noodsaaklik geword het.

Verskeie internasionale sprekers het hulself reeds verbind om referate by die konferensie te lewer, soos dr. Joseph Donnemeyer, professor aan die Ohio Staatsuniversiteit, dr. Elaine Barclay van die Universiteit van New England in Sydney en Emmanuel Bunei van die Mount Kenya Universiteit in Kenia. “Almal wat navorsing, ondersoeke of wetenskaplike werk doen oor enige faset van landelike misdaad word genooi om hulle kennis, navorsing, bevindings of praktiese ervarings rondom aspekte van landelike misdaad word genooi om ‘n bydrae te maak,” aldus die mediaverklaring.

Vir meer inligting, kontak Willie Clack by 082 574 2653 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.">Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

Die Voortrekkers in SA het op 13 en 14 Julie 2017 hul vierjaarlikse nasionale kongres in Bloemfontein gehou en daaruit het geblyk tot watter moderne en dinamiese Afrikanerjeugbeweging hulle ontwikkel het. Die hoogtepunt was die amptelike opening van die kongres die aand van 13 Julie in die Reüniesaal van Grey-Kollege, bygewoon deur sowat 1 000 Voortrekkers met hul offisiere en besture afkomstig vanoor SA en Namibië.

Die luisterryke program van die aand is gekenmerk deur ordelikheid, dissipline en identiteitstrots. In sy openingsrede het die hoofleier van die Voortrekkers, dr. Danie Langner, gesê Afrikanerkinders moet nie “kulturele bywoners” wees in hulle eie land nie, maar “kulturele eienaars” gegrond op die trotse erfenis van hul voorgeslagte. Klem is ook gelê op afhanklikheid van God.

Die getalle van die Voortrekkers is ook besig om toe te neem - benewens die bestaande gebiedsindeling van die beweging t.w. Kaapland, Vrystaat, Transvaal en Namibië, is Natal ook tydens die kongres heringestel. Tydens die program is tradisionele Voortrekkerliedjies deur die aanwesiges gesing en so ook die huidige nasionale volkslied, asook verse 1 en 2 van Die Stem.

Vir meer besonderhede oor die Voortrekkers en die kongres, besoek www.voortrekkers.co.za.

Chaos het in die Mafube munisipale gebied geheers toe werkers die soveelste keer in opstand gekom het omdat hulle nie hul salarisse ontvang het nie. Frankfort, wat saam met Villiers, Cornelia en Tweeling onder die munisipaliteit ressorteer het soos ‘n slagveld gelyk met rommel wat deur die dorp se strate gestrooi is en buitebande en vullis wat oral gebrand het.

Die watertoevoer na Villiers en sy Qalabotjha woongebied is ook afgesny. Volgens die stakende Samwu-werknemers word beplan om die hele Mafube se water af te sny totdat daar daadwerklike ingryping is. Munisipale werknemers ontvang gereeld hul salarisse laat en het in April en Mei vanjaar ook nie hul geld gekry nie, maar toe in Junie twee maande se agterstallige salaris ontvang. Einde Junie is hulle weer nie betaal nie.


Werkers is ook woedend omdat hul pensioen en mediesefondsbydraes en werkloosheidsversekering nie aan die toepaslike instellings oorbetaal word nie. ‘n Strafregtelike klag wat reeds in Januarie teen die betrokke amptenare ingedien is, het tot dusver ook op niks uitgeloop nie.

Die Mafube munisipaliteit is reeds onder administrasie geplaas, maar dit het sake nie verbeter nie en eintlik eerder vererger..

Die voorsitter van die Solidariteit beweging Flip Buys het 'n plan aangekondig om die agteruitgang van Afrikaanse skole in die land te bekamp en die tendens om te keer. Dit volg nadat Minister van Basiese Onderwys Angie Motshekga in die Parlement aangedui het dat die aanvraag na Afrikaanse onderrig afgeneem het en dat daar daarom ʼn afname in Afrikaanse skole is.


Buys sê in 'n mediaverklaring: “Die getal Afrikaanse skole krimp wel, maar hulle is groter en Afrikaanse wêreldklasonderrig is steeds moontlik. ʼn Groot rede vir die afname in die getal skole lê daarin opgesluit dat daar nie nuwe skole gebou word nie en talle van die bestaande skole verwaarloos en in onbruik verval het. Migrasie tussen skole a.g.v. meer dubbelmediumskole het egter groter en sterker Afrikaanse skole tot gevolg gehad.


“Solidariteit is in gesprek met verskeie rolspelers in die Afrikaanse onderwysomgewing om na oplossings vir die toekoms van Afrikaanse onderrig te soek, met klem op die volgende aspekte:

  • Opleiding van meer Afrikaanse onderwysers – Aros is reeds besig om 1 000 Afrikaanse laerskoolonderwysers op te lei
  • Die Rapport-onderwysfonds
  • Voortgesette ontwikkeling van onderwysers deur Helpende Hand se Skoleondersteuningsentrum
  • Maatskaplike bystand aan kinders – Helpende Hand se voedingskema bereik 5 000 kleuters per dag
  • Voorsiening van skryfbehoeftes deur Helpende Hand
  • Metodes om outonomie van openbare skole te beskerm
  • Finansiële selfstandigheid van skole
  • Beter samewerking tussen rolspelers in die onderwysomgewing
  • Waar nodig die uitvoerbaarheid van Afrikaanse privaatskole te ondersoek
  • Die moontlikheid word ondersoek om tegnologie soortgelyk aan dié van Akademia te gebruik.”

‘n Nuwe dokumentêre film oor dr. HF Verwoerd is onlangs voltooi en word tans deur Suidland Media beskikbaar gestel. Die film is op twee DVDs beskikbaar vir die publiek - die eerste met die titel Man van Graniet handel oor dr. Verwoerd se openbare lewe en die tweede, Man van Fluweel oor sy lewe as gesinsman. Die film is gemaak deur Johan Wiesner van Pretoria en die vervaardiging het oor ‘n tydperk van ongeveer vier jaar gestrek. In 'n mediavrystelling sê Suidland Media:

“Die film oor dr. Verwoerd kan as niks minder as ‘n monumentale werk beskou word nie. Dis ‘n kragtige instrument om die huidige en toekomstige geslagte te herinner aan die denke en dade van ‘n man wat ‘n skeppende rol in die vorming van ons almal se lewens gespeel het, beter as wat enige standbeeld of monument dit kan doen. Die film dek die lewe van dr. Verwoerd vanaf sy geboorte in Amsterdam in Holland in 1901 tot sy dood in Kaapstad in 1966. Dit bevat foto’s en videomateriaal oor al die groot momente in sy lewe en oor die sake waarby hy betrokke was.”

Die regisseur van die film Johan Wiesner sê: “Die eerste besending kopieë is binne ‘n paar dae uitverkoop. ‘n Bestelling vir ‘n tweede besending word geplaas. Kort daarna ‘n derde. En ‘n vierde. En ‘n vyfde. Mense stel baie duidelik nog baie belang in dr. Verwoerd. Die massamedia se leuens en bedrog en misleiding oor hom het nie gewerk nie! Dr. Verwoerd is nog nie vergete nie. Mense smag na die feite; na die waarheid oor hom. Verkope oortref alle verwagtinge vêr. ‘n Sesde besending is tans op bestelling.

“En slegs positiewe terugvoer tot dusver. Nog nie ‘n enkele negatiewe woord of kritiek vanuit die massamedia, soos verwag is nie.

“Op aandrang van baie mense is die draaiboek pas in Engels vertaal, en word binnekort met die produksie van ‘n Engelse weergawe begin. Dit word gehoop om hierdie weergawe in die Engelstalige wêreld (Brittanje, VSA, Kanada, Australië, Nieu-Seeland, ensovoorts) te kan bemark. ‘n Tentatiewe vertaling in Duits is ook alreeds gemaak. Produksie daarvan sal volg op die Engelse weergawe. En dan, hopelik, verdere Europese tale. Toekomsmusiek.

“Wat sê die spreekwoord nou weer? Al trek die leuen ook hóé snel, die waarheid agterhaal hom wél ….”

Die stel DVDs kan by Suidland Media bestel word teen R300 per stel, posgeld ingesluit, by epos Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of 022 – 913 2391 / 082 – 493 3785 / Inbetalings in bankrekening: Suidland Media, ABSA : 9244967631 : takkode 632005.

Nog ingrypende wetgewing om swart ekonomiese bemagtiging (SEB) ekstreem te bevorder en blankes al meer uit die ekonomiese hoofstroom te boender, is ingestel met die afkondiging in die Staatskoerant van die sg. Amended Property Sector Code oftewel Gewysigde Eiendomsektorkode. Dit is van toepassing op alle kommersiële aktiwiteite in die residensiële en kommersiële kodes van die eiendomsektor, sowel as op die waardeketting wat insluit eiendomsontwikkeling, eiendomsdienste, eiendomsfasiliteite, en –bestuur, makelary, waardasies, eiendomsagente en ander verbandhoudende professionele dienste.

As sulks het dit betrekking op die SA eiendomsektor met die beraamde astronomiese waarde van R5,8triljard en dek kommersiële, residensiële, staats- en gesoneerde vaste eiendom. Hiervoor word in die nuwe wetgewing, afgekondig deur Minister van Handel en Nywerheid Rob Davies SEB-teikens gestel: 10% van alle jaarlikse beleggings vir ontwikkeling of herontwikkeling, 27% vir eiendomseienaarskap plus nog meer gedetailleerde teikens.

Vir meer besonderhede oor hierdie nuwe wetgewing, volg hierdie twee skakels:

http://www.thedti.gov.za/gazzettes/40910.pdf

http://www.thedti.gov.za/gazzettes/40941.pdf

Bladsy 2 van 16

Barnard Bouers

wow kitsblits