ditsem website banner no 1 2017

Glybanier

-►Diepste vernedering van Springbokrugby nog vierkantig gelê voor diskriminerende kwotas van mislukte ANC-regering -►Taxi-oorlog: Vierderangse korrupte taxiverenigings kan nie kompeteer met eerstewêreld Uber-taxidiens -►“The US has great strength and patience, but if it is forced to defend itself or its allies, we will have no choice but to totally destroy North Korea.” – pres. Donald Trump voor VN Algemene vergadering -►HTS Louis Botha, Bloemfontein: Verkragting van 14-jarige deur drie skoolseuns – nog geen skorsing -►Korrupsie kos SA jaarliks minstens R27 Miljard en 76 000 werksgeleenthede – Min. Van Ekonomiese Ontwikkeling Ebrahim Patel
×

Waarskuwing

JUser: :_load: Kan nie gebruiker laai met id: 70

In die hofsaak van Solidariteit vs. Tshwane Munisipaliteit het die Arbeidshof in Johannesburg vandeesweek bevind dat die gebruik van ’n kwotastelsel in die werkplek onwettig is. Kragtens die hofuitspraak moet die munisipaliteit mnr. Jan Pretorius, ’n waterouditbeampte, bevorder en terugwerkend vergoed. Regter Faan Coetzee het onder meer bevind dat die munisipaliteit onbuigsaam opgetree het toe hy Pretorius telkens vir bevordering oor die hoof gesien het. Die hof het voorts bevind dat die munisipaliteit se aanstellingsbeleid, waarvolgens daar suiwer op grond van ras en geslag teen mnr. Pretorius gediskrimineer is, op ’n kwotastelsel neerkom wat strydig is met die Wet op Diensbillikheid. Volgens dr. Dirk Hermann, bedryfshoof van Solidariteit, is die uitspraak enig van sy soort aangesien dit die eerste keer is dat die hof bevind het dat daar d.m.v. ʼn kwotastelsel onbillik teen ’n blanke man gediskrimineer is. “Die hof het bevind dat om poste net aan die hand van die nasionale rassedemografie te vul óf selfs vakant te laat ten koste van geskikte wit mans, onwettig is. Die hof het voorts bevind dat die munisipaliteit geen regsgronde gehad het om ʼn toepaslik gekwalifiseerde kandidaat uit die onderhoudproses te laat nie. Boonop het hulle ook nie in ag geneem dat die pos ʼn skaars vaardigheid vereis nie,” sê Hermann.
AfriForum het ’n projek geloods om deur die prosesse van openbare deelname aan die Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP) en begrotingsprosesse insette te lewer waardeur munisipale dienste regdeur die land verbeter kan word. Die projek het ten doel om AfriForum-takke te mobiliseer om dienste-, instandhoudings- en ontwikkelingbegrotingsdokumente te ontleed en sinvolle insette in die openbare deelnameprosesse te lewer. Munisipaliteite is dan ingevolge wetgewing verplig om insette te oorweeg en moontlik te implementeer. Die nuutste verslag van Ratings Africa toon dat 60% van munisipaliteite in SA nie finansieel volhoubaar bestuur word nie en dat daar ’n noue verband is tussen swak munisipale bestuur en swak ekonomiese groei, wat beteken dat mense in SA moet opdok vir munisipaliteite wat nie die mas opkom nie. Wat intussen help, is dat die Nasionale Tesourie munisipaliteite tot ’n 6%-tariefverhoging op dienste beperk het en hulle sodoende verplig om 8% van hul begroting op infrastruktuurinstandhouding aan te wend. Sodoende kan onbekostigbare dienstariefverhogings en die verval van infrastruktuur verhoed word. Lede van die publiek kan ook by die projek betrokke raak deur hul dorp se naam na 45344 te SMS (R1 per SMS). Vir meer besonderhede, kontak Marcus Pawson by 072 085 3835 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..
AfriForum het ‘n nasionale veldtog oor die wanbesteding van belastinggeld, Genoeg is Genoeg geloods waartydens strafregtelike klagtes ingevolge artikel 86(1) van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur, 1999 teen 13 provinsiale departementshoofde ingedien sal word. Hierdie 13 departemente is geïdentifiseer as die hoofbydraers tot onreëlmatige, vrugtelose, verkwistende en ongemagtigde uitgawes wat altesaam R11,63 miljard van die totale vermorste bedrag van R28,26 miljard vir die 2014/2015-boekjaar beloop. Dit is volgens inligting uit die Ouditeur-generaal (OG) se algemene gekonsolideerde jaarverslag. Die eerste klagtes is reeds teen vier Gautengse departementshoofde by die Johannesburg-Sentraal Polisiestasie ingedien. Dié departemente is onderskeidelik Paaie en Vervoer, Gesondheid, Onderwys en Menslike Nedersettings, waarvan Paaie en Vervoer die grootste sondebok is met ‘n bedrag van R2,19 miljard. Departementshoofde is verplig om volledige rekords van die finansiële sake van hul departemente te hou in ooreenstemming met die voorgeskrewe wetgewing, norme en standaarde. AfriForum moedig die publiek aan om die nodige druk op die Nasionale Vervolgingsgesag te plaas deur ’n SMS met hul naam na 45352 te stuur (R1) of die klagtes op AfriForum se webtuiste by www.afriforum.co.za te onderteken.

Op die internasionale front is die aandag nou sterk gevestig op die Amerikaanse presidentsverkiesing wat einde vanjaar tot finaliteit gevoer word oor wie die septer gaan swaai oor die invloedrykste land ter wêreld vir die volgende vier jaar.

Op hierdie stadium lyk dit of die wedloop tussen die twee groot partye gaan wees tussen Hillary Clinton vir die Demokrate en Donald Trump vir die Republikeine. Die afgelope agt jaar het natuurlik vir Barack Obama van die Demokrate in die saal gesien.

Trump is volgens sy uitsprake ‘n aartskonserwatis en wil met sy flambojante reputasie en reguit siening “Amerika weer groot maak”. Daarenteen speel Clinton op die ou deuntjies van die establishment, terwyl sy as voormalige Amerikaanse minister van buitelandse sake ‘n bedenklike rekord van misstappe in die internasionale politiek het.

Trouens van die beweringe wat oor Clinton gemaak word en wat nogal feitelik naby die waarheid lyk, kan haar strafregtelik vervolgbaar maak. Aan die ander kant, hoewel die prospek van Trump in die Withuis liberale en ook die hoofstroom Afrikaanse media die horries laat kry, kan hy waarskynlik nie ‘n swakker opsie wees as die onbeholpe Bush jr. of die bedrieglike Obama nie.

Die twee grootste Achilleshiele van die VSA op hierdie stadium is, eerstens, dat soveel van sy politici in die sak van die internasionale geldmag is en, tweedens, die land se triljarde dollar skuld – die grootste van ‘n enkele land ooit. Om die VSA uit hierdie twee knellinge te lei, gaan baie spesiale leierskap verg. 

Die omstrede Onteieningswetsontwerp is verlede maand in die Parlement goedgekeur met 202 stemme daarvoor en 88 daarteen, met 2 buite stemming. Die wetsontwerp bepaal o.m. dat die regering enige bate kan onteien as dit in openbare belang geag word, wat beteken selfs aandele, intellektuele eiendom en regte verbonde aan eiendom kan onteien word, desnoods sonder vergoeding indien dit in “openbare belang” sou wees.

Daarmee word ook weggedoen met die beginsel van gewillige-koper-gewillige-verkoper – vir eeue die hoeksteen van eiendomsreg en ‘n vrye ekonomie in SA.

Die wetsontwerp word vervolgens aan die Nasionale Vergadering voorgelê en indien dit daar goedgekeur word, gaan dit na die staatspresident vir ondertekening en inwerkingstelling. Verskeie partye het egter aangedui dat aangesien die wetsontwerp as ongrondwetlik beskou word, die saak na die Grondwethof geneem gaan word.

Die wetsontwerp val saam met voorgestelde landbouwetgewing dat kommersiële boere tot 50% van hul plaasgrond aan hul werkers in ruil vir diens moet oordra en dat eiendomsreg op plaasgrond beperk moet word tot ‘n maksimum van 12 000 ha.

Die Onteieningswetsontwerp moet voorts gesien word in die lig van al hoe meer uitsprake van regeringslede en in die lig van die aandrang van die EFF dat alle grond in SA deur blankes gesteel is en dat dit onverwyld teruggegee moet word aan die “regmatige eienaars” (swartes).

Pres. Zuma weerklank hierdie sentiment herhaaldelik en het op 3 Maart 2016 in ‘n toespraak voor die Huis van Tradisionele Leiers uitgespel dat volgens hom met die Wet op Grond van 1913 het (in Afrikaans vrylik vertaal) “blankes maar net ‘n klein deeltjie van die grond van swartes gevat het. Die oorgrote deel is in die 18de en 19de eeu gesteel met die kolonialisasie van SA. Derhalwe behoort gesteelde grond nie teruggekoop te word en dit met die geld van die mense nie.”

Wie kan argumenteer dat die tafel in SA tans gedek word vir ‘n grootskaalse poging tot grondgryp nie?

Die groot leuen in Suid-Afrika vandag is dat die blanke en in besonder die Afrikaner verantwoordelik is vir die ellende waarin swartmense verkeer. Daar word in die media nasionaal en internasionaal daarop gehamer dat blankes in SA met hul destydse sg. stelsel van “apartheid” mense van kleur verskriklik verontreg het, hul grond gesteel het en dat dit die redes is waarom swartmense nie tot hul reg kon kom nie en daarom steeds “veragter” is.

Voor in die koor sing die staatshoof pres. Jacob Zuma met “Ek vat my masjiengeweer” en saam met die ANC en die EFF moedig hy swartmense aan om hul “gesteelde grond” sonder vergoeding terug te vat om sodoende “ekonomiese vryheid” te verwesenlik. Vir hierdie en ander doelwitte word die skroewe d.m.v. o.a. swart ekonomiese bemagtigingswetgewing en sportkwotas voortdurend skerper aangedraai.

Indien jy iemand as vyand wil skep en en hom wil bykom, dan laat jy hom deur disinformasie brandmerk as die sondebok vir alles wat verkeerd loop. Eva het dit met Adam gedoen, Kain met Abel, Saul met Dawid, die Sanhedrin met Jesus, Hitler met die Jode, ens. Dit is presies wat die ANC / EFF en hul meelopers vandag t.o.v. die blanke in SA doen.

Teenoor hierdie groot leuen staan die ware prentjie – ‘n prentjie wat in die hoofstroom media sover as moontlik onderdruk word, maar wat tog telkens soos ‘n kurkprop na die oppervlakte skiet. Die geskiedkundige feite wat in enige algemene en betroubare literatuur nageslaan kan word, dui opsommend puntsgewys op die volgende:

  • Toe die eerste Europeërs in 1652 aan die suidpunt van Afrika ‘n halfwegstasie kom stig het vir skeepsverkeer tussen Europa en Asië, het die inheemse mense van Afrika nog nie geweet van die wiel nie, het hulle oor geen geskrewe taal beskik nie en het hulle nog geen struktuur meer as ‘n enkelverdieping kon bou nie. Op daardie stadium was dit reeds 1 974 jaar sedert Ptolemy I die manjifieke biblioteek van Alexandria gebou het.
  • Jan van Riebeeck – en voor hom die eerste kruisplanters uit Europa – was verteenwoordigers van ‘n ontwikkelde beskawing wat die Christelike Evangelie gedra het en kon lees, bereken en bou.
  • Gen inheemse Afrikaan in Suider-Afrika is ooit deur Jan van Riebeeck en die Bataafse bewind in slawerny geplaas nie. Slawe is vanaf Madagaskar, Batavia, Ceylon en Oos-Afrika ingevoer. Die eerste  keer dat trekboere vanaf die Kaap die Goeie Hoop met mense met ‘n swart velkleur in aanraking gekom het, was in ongeveer 1770 met die Xhosas in die Amatolavalleie. Slawerny in die Kaapkolonie is op 1 Desember 1834 afgeskaf – twee jaar voor die begin van die Groot Trek.
  • Op daardie stadium het die Voortrekkers geen kennis gedra van die Zoeloe, Tswana, Sotho, Venda, ens. nie. Hulle was wel in oorlog met die Xhosas en dit is hoekom hulle die binneland ingetrek het – in onbewoonde gebied in en waar hulle later swart stamme sou teëkom, het hulle grond geruil vir beeste en geld.
  • Sover dit spesifiek die Zoeloes aangaan, het sodanige volk nie bestaan voor die tyd van Shaka nie. Hy is omstreeks 1787 gebore en het later met besondere krygsvernuf, geweld en moord ‘n aantal klein stamme in die Zoeloevolk verenig, wat dus tot stand gekom het ongeveer 167 jaar ná die aankoms van Jan van Riebeeck in die Kaap. Die interaksie tussen die Voortrekkers en die Zoeloes is geskiedenis wat vir sigself spreek.
  • Nog meer oor die Zoeloes: Shaka het hulle geleer van die lang werpspies en die kort steekspies en van die militêre formasie van die beeshorings waarmee omsingeling en knypbeweging uitgevoer is. Die Zoeloes het dit gebruik om ‘n skrikbewind onder ander swart stamme in suidelike Afrika te voer, bekend as die Mfecane – of die begin daarvan – ‘n moordtog wat uiteindelik tot die uitwissing van tussen 1 en 2 miljoen swartmense gelei het. In die proses is geen kos en klere uitgedeel, geen hospitale gebou en geen behuisingskema aangepak nie.
  • Die Afrikanervolk, oftewel die Boer soos dit mettertyd genoem is, is met hul Nederlandse voorvaders, soos aangevul deur Duitse immigrante, Franse Hugenote en Britse setlaars, ‘n volk wat inheems uit die bodem van Afrika gegroei en ontwikkel het. Hulle was dus nooit koloniste nie.
  • Afrikaans wat as hul taal ontstaan het, het mettertyd met sy grammatika, woordeskat en uitdrukkingsvermoë ontwikkel tot ‘n taal van wêreldgehalte. As sulks staan dit ver uit bokant enige ander inheemse taal op die vasteland van Afrika.
  • In die vorm van die Vrystaatse en Zuid-Afrikaanse Boererepublieke het die Afrikaner die eerste twee suksesvolle onafhanklike state op die vasteland gevestig.
  • As begenadigde draers van die Evangelie, het die Afrikaner die leiding geneem om wet en orde te vestig, mense te versorg, voedsel te produseer, minerale te ontgin en  regeringstrukture te vestig – soveel so dat uiteindelik die eerste en enigste moderne en geïndustrialiseerde staat op hierdie vasteland tot stand gekom het.
  • Die geskiedenis van Suid-Afrika kan nie beoordeel word sonder om die bedenklike rol van imperiale en koloniale Brittanje in berekening te bring nie – vanaf die Republiek van Natalia, tot die diefstal van Kimberley deur die betrokke Keate-uitspraak, die omverwerping van die twee Boererepublieke ter wille van die Witwatersrandse goud, ens.
  • Ná die verpletterende Anglo-Boere-oorlog het die Afrikaner nie bakhand gestaan vir ekonomiese bemagtiging en regstellende aksie nie en ook nie geroof, geplunder en gemoor om kos te kry nie. Nee, die Afrikaner het met geloof en klipharde werk homself aan sy eie skoenrieme opgetrek en ‘n leefwyse en kultuur gevestig vergelykbaar met die beste.
  • Die beleid wat die Afrikaner eintlik op die tafel geplaas het, was afsonderlike ontwikkkeling, wat in skrille kontras is met “apartheid”. Laasgenoemde is negatief, maar deur afsonderlike ontwikkeling soos gepostuleer deur dr. HF Verwoerd, is aan swart volke gegee presies dit wat die Afrikaner vir homself gegun het – eie grondgebied, eie regeringstrukture kompleet met infrastruktuur en Parlementsgeboue en staatkundige onafhanklikheid. Daarvan het die destydse Transkei, Ciskei, Bophuthatswana en Venda getuig. Met die sluipmoord op dr. Verwoerd in 1966 het hierdie beleid tragies ontspoor, maar dat die bal nie deur hierdie swart volke na volle konskwensie gedra is nie, is vir hulle om te verantwoord.

Dit is teen hierdie agtergrond dat uit regdenkende Afrikanergeledere vandag die volgende gesê word:

  • Ons het volle reg om in ons vaderland eersteklas burgers te wees.
  • Ons het by niemand niks gesteel nie, veral nie grond nie en daarom is daar geen onus op ons om enige iets “terug te gee” nie.
  • Ons verdien nie om aan SEB, regstellende aksie, kwotas en enige ander diskriminasie blootgestel te word nie.
  • Ons is trots op ons identiteit en op ons reusebydrae in Suid-Afrika. Ons het foute gemaak, maar watter volk het nie? Daar is nietemin niks in ons verlede wat ‘n albatros om ons nekke regverdig nie.
  • Ons erken die bydrae en rol van die swartmens en die mense van kleur in die opbou van SA die afgelope bykans twee eeue, maar hierdie bydrae en rol moet in perspektief gesien en beoordeel word. Dit moet nie verdraai of vals voorgestel word nie.
  • Ons is nie verantwoordelik vir die gemors waarin SA vanaf 1994 tot huidig “bestuur” is nie.
  • Ons sê swartmense kan nie bevoordeel word deur bloot van blankes te “vat” nie. Swartmense gaan nie bevorder word deur openbare items van andere soos standbeelde en kultuurikone af te breek nie. Die sleutel lê in die skepping van eie ikone wat die toets van die tyd kan deurstaan.
  • Die Afrikaner / Boer is ‘n volk in sy eie reg en ons wil nie onbepaald deur getalstirannie gedomineer word nie. Ons streef derhalwe na volle selfbeskikking.

Dít is die waarheid omtrent die Afrikaner in die Suid-Afrika van vandag.

Die drieledige vraag is:

  • Gaan die Afrikaner self sy regmatige plek in sy vaderland inneem en vir homself onder nuwe omstandighede ‘n nuwe toekoms uitbeitel?
  • Gaan die Afrikaner deur medelandgenote en deur die regering gegun word om ten volle en sonder diskriminasie sy bydrae tot die verdere ontwikkeling van SA te maak?
  • Gaan te midde van huidige stormagtige internasionale gebeure buite SA die mense van hierdie land die geleentheid en tyd hê om sy interne sake binne die raamwerk van wet en orde en die bestaande beskaafde staatsvorm uit te sorteer en aan te beweeg na ‘n stabiele land wat konstruktief bydra tot ‘n beter wêreldorde?

Die Christelike Onderwyskongres, aangebied deur die Vereniging vir Christelike Hoër Onderwys (VCHO) op 3 en 4 Maart 2016 te Pretoria, het kritieke tendense aan die lig gestel, terwyl belangwekkende besluite geneem is.

In die eerste plek is bevestig dat Christelike Onderwys midde in die huidige hoofstroom humanistiese sekulêre onderwysbeleid in SA steeds springlewendig is. In talle staatskole word Christelike onderwys bedryf, terwyl ‘n nuwe generasie Christelike privaatskole funksioneer. Handhawing van Christelike onderwys oor drie en ‘n halwe eeue was egter geen maklike saak nie en word ‘n opdraande stryd steeds gevoer.

Op die afgelope kongres is die kritieke rol van die Christelik-belydende onderwyser sterk beklemtoon.  Hierdie belydenis behoort die onderwyser dag na dag voor die vraag te stel: Wat is die implikasies van Christus se beslag op my lewe?

Die onderwysfilosofie toon egter duidelik groot “gletserskeure”. Dit moet as radikaal bestempel word, aangesien dit ʼn algehele skeiding tussen geloof en wete tot gevolg het. Die kenmerke van hierdie nuwe tydperk is o.m. die opkoms van radikalisme, fundamentalisme en religieuse fanatisme. Dit is te wyte aan die vakuum wat gelaat word a.g.v. ʼn onderwysfilosofiese verskuiwing weg van die Christelike beskouing.

Daarenteen hou belangrike kenmerke van Christelike onderwys die volgende in: Skrifgebondenheid, ʼn Christelike onderwysfilosofie, Christelike opvoedings-/opleidingsdoel en Christelike vakonderrig.

Voorts is op die kongres die gesin as kultuurgemeenskap in die kleine beklemtoon. Taal, gewoontes, tradisies, ens., vorm alles deel hiervan. Kinders/jongmense aan hulself oorgelaat, sonder doelgerigte geleide ondersteuning en vorming in konsekwente Christenskap, is so sleg as om nie-Christelikes te nooi om die vormingswerk oor te neem, met dan katastrofiese gevolge vir sowel kerk as samelewing.  

Daar is ook bevind dat die geleidelike aftakeling van die vak Lewensoriëntering soos in die NVK voorgeskryf, ’n wesentlike bedreiging inhou. Wié God vir die kind is, hoe sy/haar identiteit en selfbeeld oor opklimmende grade heen vernietig word en die uiters verwarrende lewensbeskouing wat uiteindelik as gevolg hiervan gevorm word, is in gedrang. Implisiet word die kind van die wesenlike begrippe van Christelike identiteit beroof en uiteindelik van geloof self.

ʼn Uiters belangrike verwikkeling uit die kongres is dat kennis geneem is van die stigting van ʼn onafhanklike onderwysliggaam, bekend as die Instituut vir Privaat Onderwys (IPO). Dit is gebore uit die nood wat ontstaan het om die Christelike alternatief sonder inmenging van buite te kan bedryf en behels die daarstelling van ʼn volledige onafhanklike onderwysstelsel op alle vlakke van onderwys.

Die IPO sal inklusief wees, is op Christelike waardes geskoei en sal streef na ‘n standaard van uitnemende onderwys. Dit sal ʼn eie onafhanklike kurrikulum daarstel wat met differensiasie rekening hou. Dit sal voorts sy eie eksaminering behartig as ʼn instituut vir waardegedrewe onderwys. 

Die stigting van die IPO het reeds die nodige binnelandse sowel as buitelandse akkreditasie en erkenning ontvang. Dit sal as ʼn maatskappy sonder winsoogmerk funksioneer.

Enige navrae oor die Onderwyskongres kan gerig word aan Hugo Hayes by tel 051-525 2341/2267 of 076 817 6269 of by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..">Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. 

Die jongste rondom Sirië bied ‘n ewe verstommende blik op hoe huidige internasionale gebeure inderwaarheid werk.

Eenvoudig en kortliks gestel kom dit daarop neer dat Westerse intelligensie-agentskappe, by name die CIA, die Britse MI5 en die Franse, saamgewerk het om pres. Bashar al-Assad van Sirië as ‘n stabiele faktor in die Midde-Ooste tot ‘n val te probeer bring – soos wat hulle met Ghadaffi van Libië en andere gedoen het. Assad het egter verbete vasgeskop en gevolglik verval Sirië in ‘n bloedige burgeroorlog met militêre opposisiegroepe, wat in effek niks anders is as militante Moslem-terroriste nie. Hulle word deur die Weste as “goeie” terroristegroepe gekategoriseer en dus steunwaardig met wapentuig en militêre logistiek.

Terselfdertyd word die ekstremistiese terroristiese ISIL Moslemstaat in ‘n deel van Sirië en Irak gevestig en pleeg hulle onmenslike wreedhede. ISIL word deur Turkye, ‘n NAVO-bondgenoot, gesteun, o.a. d.m.v. ‘n reuse olietoevoerroete na Turkye en vandaar na die res van die wêreld. Dit verskaf grootliks die finansiering aan ISIL vir hul terroristestryd.

Dit is in hierdie scenario dat Rusland onder pres. Vladimir Putin ingegryp het met grootskaalse militêre lugaanvalle en deur aanhoudende bombardering is die ISIL-toevoerroetes grootliks vernietig. Sodoende is ISIL feitlik verslaan en die oorlog in Sirië geswaai in die guns van Assad.

Die Weste, veral die VSA, probeer paniekerig ‘n “skietstilstand” in Sirië beding d.m.v. samesprekings in Europa wat ten doel het om ‘n algemene verkiesing in Sirië te hou waarin Assad nie die paal sou haal nie. Of die Weste met hierdie oogmerk gaan slaag, is op hierdie stadium ‘n ope vraag.

Wat ook opsienbarend aan die lig gekom het, is dat in die Siriese stad Mosul, wat onder beheer van ISIL was, die Universiteit van Mosul gebruik is om navorsing te doen om basiese kernbomme te vervaardig. Satellietfotos toon dat hoewel die Amerikaners Mosul gebombardeer het, die Universiteit van Mosul altyd ongeskonde gestaan het. Met die Russiese lugaanvalle is die universiteit egter effektief geneutraliseer.  

Intussen sit die Koerde op die ander grens van Turkye hul eeuelange stryd om onafhanklikheid binne ‘n eie land onverpoosd voort. Aanvalle deur Koerde, met hul sterk Christen-inslag, op die Moslem-beheerde Turkye word deur laasgenoemde met meedoënlose wreedheid beantwoord soos bv. die summiere vernietiging van die stad Cirze.

Die jongste is dat Rusland besluit het om militêr grootliks uit Sirië te onttrek, maar sê dat hulle binne ‘n kwessie van ure weer kan terugkeer. Inmiddels blyk dit dat wat oorgebly het van ISIL, oorskuif na die kwesbare Tunisië en dat aldaar ‘n ekstremistiese Moslem-front geopen word.

Die huidige gebeure in Sirië is dus tans die nr. 1 kookpot in die wêreld – en ‘n opsienbare aanduiding van hoe die internasionale winde in werklikheid waai.

Veel is al gesê oor ‘n realistiese vertolking van bevolkingstatistieke soos amptelik deur Statistieke SA verskaf is, welke vertolking rooiligflitsende tendense betreffende die getalle van die jeug in SA uitwys. Dit gaan nie oor ras nie, maar bloot oor syfers omtrent die jeug soos wat dit ooreenkomstig ras deur Statistieke SA verskaf word.

Opsommenderwys kom die syfers daarop neer dat die totale bevolking van die land einde 2014 op 54 miljoen gestel is, terwyl indien die sterk aanwaskoers van swartes inaggeneem word, die feit dat Asiate staties gebly het, kleurlinge stadig afneem en blankes skerp afneem, dan kan tot die slotsom gekom word dat teen 2030, gebaseer op huidige groeikoerse vir die ouderdomsgroep 0-24, daar 91 swartes, 7 kleurlinge, 1 Asiaat en 1 blanke in elke groep van 100 jeugdiges sal wees. Dit beteken dat teen 2030 blankes slegs ongeveer 2% van die totale bevolking sal uitmaak – teen meer as 90% swartes.

As inaggeneem word dat daar ‘n verdere 4,5 miljoen swart jeugdiges tussen die ouderdomme 5-9 is, ‘n verdere 4,3 miljoen tussen die ouderdomme 10-14 en ‘n verdere 4,3 miljoen tussen 15-19, word die enormiteit van die uitdaging vir die land en vir die regering besef om hierdie getalle te voed, van huisvesting te voorsien, op te voed en andersins te onderhou.

Wat werkloosheid onder die jeug betref, beraam Statistieke SA dat uit ‘n totale jeuggroep van 10,4 miljoen gereed vir die arbeidsmark, 48% oftewel sowat 5 miljoen werkloos is, waarvan 4,2 miljoen swart is.

Dit alles verskaf rigtingwysers waarheen die land noodwendig oppad is en welke kritieke probleemareas aangespreek behoort te word.

Hoe die uitdaging oor die toekoms van SA aangepak gaan word, berus by elke individu of groepering. Vrae wat in hierdie verband onvermydelik opkom, is o.m. hoe gaan die regering die aspirasies van hierdie oorwig jeugdiges op die verskillende lewensterreine beantwoord? Hoe lank kan met die maatskaplike toelaes vir werkloses uit die nasionale begroting met sy stygende negatiewe balans volgehou word?

Hoe lank kan moontlike grootskaalse maatskaplike onrus gesus word? Word ‘n rewolusie in SA in die gesig gestaar? Waar pas die #Fees must fall kampanje tans op tersiêre vlak in die prentjie in?

Hoe sou blankes hulself in hierdie toekomsscenario kan handhaaf? Is daar ‘n toekoms vir die blanke – en in besonder die Afrikaner – in die huidige SA opset, of moet daar dringend en drasties besin word oor praktiese selfbeskikking? Met hierdie vrae spesifiek word die opsie van emigrasie buite rekening gelaat.

Die jeugbevolkingsyfers bied dus veel stof tot nadenke – om dit baie sag te stel.

Bladsy 16 van 17

Ora betonwerke proef Sept 2017

Artistia Food

Renosterberg lodge