Tinus Nortje Eiendomme proef April 2017.jpg

VSA: Feitlik die ganse internasionale toneel word steeds oorheers deur wat die omstrede Amerikaanse president Donald Trump doen en nie doen nie. Die jongste is dat hy stroomop vaar teen die internasionale geldmag en hul beheerde media soos CNN, BBC, Washington Post, New York Times, ens., wat hy beskuldig van fopnuus (fake news) en hul joernaliste selfs mediakonferensies in die Withuis verbied. Trump het ook 'n toespraak voor 'n gesamentlike sitting van die Amerikaanse Senaat en Huis van Verteenwoordigers gelewer waarin hy sterk 'n nuwe nasionale gevoel vir Amerika voorgestaan het– 'n toespraak wat selfs deur kritici as presidensieel bestempel is. Soos Trump sê: We are busy draining the swamp. Intussen toon die Amerikaanse ekonomie ook positiewe tekens van herstel en optimisme en is die Amerikaanse dollar besig om te versterk teen alle ander geldeenhede.

In Frankryk is 'n verbete presidentsverkiesing in fases onderweg: Op 23 April 2017 word in die eerste rondte gestem tussen basies drie kandidate – Marine Le Pen van die Nasionale Front, Francois Fillon van die Republikeine en Emmanuel Macron van En Marche! Indien 'n volstrekte meerderheid nie behaal word nie, vind die tweede en finale rondte op 7 Mei plaas. Le Pen, nasionalisties en anti-EU is die vroeë gunsteling, maar die globalistiese Nuwe Wêreldorde (NWO) werp alles in die stryd om haar te stuit. Fillon sukkel met korrupsiebeweringe om sy nek, terwyl Macron 'n jeugdige charismaat is wat lyk asof hy indirek deur die NWO gebruik word om Le Pen te ontspoor.

Brexit: Theresa May vaar goed as 'n sterk Britse Eerste Minister en vasberade om Brexit te laat slaag. Sy het egter effe teenspoed opgetel met die House of Lords wat gestem het ten gunste van 'n mindere wysiging aan die Brexit wetsontwerp, maar groot hoop word geplaas dat die House of Commons as verkose verteenwoordigers Brexit heelhuids sal deurtrek. Intussen vaar die Britse ekonomie ook beter as wat voorspel is en vertoon die pond ook sterk.

In Nederland vind 'n algemene verkiesing op 15 Maart 2017 plaas en is die nasionalistiese en uitgesproke anti-Islamis Geert Wilders met sy Party vir die Vryheid die gunstelinge, maar lyk dit asof 'n moontlike Sosialistiese koalisie van kleiner partye hom uit die regeringskussings kan hou.

In die Midde-Ooste word veral in Irak en Sirië bloedig geveg om ISIL finaal te verslaan. Die gevegsterreine is veral die stede Mosul en Palmyra in Irak en Aleppo in Sirië, maar in aldrie gevalle lyk dit of die onderskeie regeringsmagte die oorhand het en die einde in sig is. In die proses speel egter tragedies van menslike lyding en ontbering van onbeskryflike omvang af. Dit was Russiese militêre ingryping, veral van sy lugmag, wat die skaal in die Midde-Ooste teen ISIL geswaai het.

In die Filippyne bevind die omstrede pres. Rodrigo Duterte homself met die rug teen die muur met geweldige binnelandse sowel as buitelandse teenkanting teen sy beleid om dwelmhandelaars en ander vermeende misdadigers soner verhoor te laat doodskiet. Op hierdie wyse het na bewering die afgelope jaar ongeveer 6 000 van sy landgenote 
omgekom. Die jongste is dat die toedrag van sake 'n veroordelende resolusie in die VN Veiligheidsraad tot gevolg gehad het.

Op 28 Februarie 2017 het Julius Malema van die EFF 'n mosie in die Parlement ingedien dat alle swart lede van die Parlement moet besluit dat artikel 25 van die Grondwet gewysig moet word ten einde die weg te baan vir wettige aanvaarding deur die Parlement van die Wetsontwerp op Grondonteiening en die ondertekening daarvan deur pres. Jacob Zuma. Malema het gesê dat dit dan die weg sou baan vir grootskaalse onteiening van grond en bates van blankes in die land sonder vergoeding.
Dit is dan volgens hom wat werklike radikale ekonomiese transformasie vereis. Malema het 'n beroep gedoen dat swart mense saamstaan in hierdie saak en het uitdruklik gevra vir ondersteuning van sy mosie deur die ANC. Dit is egter in 'n stemming verwerp met 261 teen 33 stemme, met die ANC wat eendragtig daarteen gestem het, tesame met die DA, VF Plus en van die ander opposisiepartye.
In die debat het dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, gesê: Regmatige grondeienaars het gewerk en betaal vir hul grond. Hulle gaan nie daaroor jammer sê nie. Dit raak nie net boere en landbougrond nie, maar ook elke eienaar van grond in Suid-Afrika, van ‘n plaas tot ‘n huis in ‘n stad of ‘n dorp. Dit bly jammer dat wit mense altyd die sondebok gemaak word wanneer grondhervorming ter sprake is.In retrospek kan dit as 'n Godsbestiering beskou word dat hierdie gevaarlike mosie gekelder is, maar daarby wys ‘n politieke kommentator daarop dat die bittere vyandigheid tussen Malema en Zuma en tussen die EFF en die ANC spruit uit die feit dat Zuma 'n Zoeloe uit KZN is en Malema 'n Pedi uit die Limpopo provinsie.
Daar word dus gesê dat dit 'n etniese kwessie is wat spruit uit die vroeë 19de eeu toe die Zoeloes onder Tsjaka en Dingaan 'n Mfecane oftewel uitwissingsoorloë gevoer het teen ander stamme in die gebied wat later SA en buurstate sou word. In reaksie op die mislukte mosie van Malema gons dit behoorlik in radikale swart politieke geledere in die land, soos gepropageer op o.a. DStv kanaal 405 van die Gupta-beheerde ANN7 en word gesê dat die ANC koukus Zuma en die konsep van radikale ekonomiese transformasie teen wit monopolistiese kapitaal verraai het. Op 3 Maart het Zuma self hierby aangesluit in toespraak voor die Huis van Tradisionele Leiers en gesê daar moet 'n enkele wet aanvaar word wat grondonteiening sonder vergoeding sal magtig en vergemaklik. Sodoende het hom in beginsel by die EFF geskaar en stelling ingeneem teen die ANC-koukus.
In reaksie hierop het die leier van die DA Mmuso Maimane gesê dat Zuma oorboordgegaam het sy uitsprake oor grondhervorming, terwyl Cope-leier Mosiuoa Lekota gesê het grond in SA behoort aan die regmatige eienaars en as dit nou gevat word, aan wie sal dit gegee word?Dit is dus duidelik dat daar in swart geledere 'n kloof van verskil is oor grondgryp.

Die voortbestaan van die bestaande orde in Suid-Afrika is tans opʼn mespunt gebalanseer met die maandelikse SASSA-uitbetaling van toelaes aan meer as 17 miljoen welsynsafhanklikes wat op 1 April 2017 in die weegskaal is. Indien hierdie tegnologies-gekompliseerde uitbetalingstelsel nie realiseer nie, sou dit beteken dat meer as 17 miljoen armste van die arm mense in die land geen kos en ander lewensnoodsaaklikhede sal hê nie. Dit kan 'n maatskaplike, ekonomiese en politieke krisis afgee soos wat die ná-1994 SA waarskynlik nog nie ervaar het nie en kan dit selfs daartoe lei dat mense op massaskaal begin roof en plunder om aan die lewe te bly. Dit geld veral in die konteks van die huidige hoogsgelaaide politieke atmosfeer in die land, met die aandrang van swart politieke aktiviste soos die staatspresident self, die EFF en andere op radikale ekonomiese transformasie, wat in effek beteken beslaglegging op grond en bates van blankes sonder vergoeding.

Die krisis met SASSA (South Africa Social Security Agency) en die uitbetalings kom al sedert 2014 toe die Grondwethof bevind het dat die tender aan die private kontrakteur vir die uitbetalings, Cash Paymaster Services (CPS), ongeldig is. Desnieteenstaande is sedertdien voortgegaan om die dienste van CPS te gebruik, maar ingevolge die betrokke tender verstryk hul dienstermyn op 31 Maart 2017. Ondanks hierdie situasie het die verantwoordelike staatsdepartement, die Dept. van Maatskaplike Ontwikkeling, met as Minister Bathabile Dlamini, gesloer om die situasie te beredder.

Blykbaar is 'n stok in die wiele 'n onderlinge geskil oor presies wie en watter swart ekonomiese bemagtiging baat moet vind by die tender vir die uitbetalings. Die totale maandelikse bedrag van hierdie uitbetalings beloop ongeveer R23,8 miljard – 'n massiewe bedrag wat uiteraard 'n gesofistikeerde elektroniese stelsel vereis ten einde korrupsievry bedryf te kan word en wat dus 'n geweldige onus plaas op die betrokke kontrakteur.

Dlamini het die afgelope maande in gebreke gebly om verskeie vergaderings van die Parlementêre Oorsigkomitee vir Finansies by te woon ten einde verslag te doen oor die SASSA-krisis. Daar was ook beweringe in die media dat Dlamini by geleentheid beskonke in die openbaar verskyn het, beweringe wat egter deur haar woordvoerder heftig ontken is.

Verlede week het die Dept. van Maatskaplike Ontwikkeling 'n aansoek ingedien by die Grondwethof om die bevinding oor CPS tersyde te stel, maar die aansoek is binne 24 uur weer teruggetrek hangende die uitslag van onderhandelinge tussen die Dept. van Maatskapelike Ontwikkeling en CPS. Wat die aangeleentheid verder kompliseer, is dat na berig word CPS 'n addisionele bedrag van R1,3 miljard as voorwaarde stel voordat hulle sou instem om die betalings op 1 April 2017 weer te doen.

Nog verdere komplikasies is dat die Nasionale Tesourie, wat onder Minister van Finansies Pravin Gordhan ressorteer, nie die geld vir die uitbetalings op 1 April 2017 wil vrystel indien dit nie korrek ingevolge bestaande finansiële voorskrifte en in lyn met die 2014 uitspraak van die Grondwethof is nie. Op hierdie wyse het die SASSA-aangeleentheid ook 'n politieke kleur gekry, want vingers word nou gewys na Gordhan as sou hy die eintlike sondebok en struikelblok wees. Sodoende word die aangeleentheid betrek in die voortslepende saga tussen pres. Jacob Zuma en Gordhan oor beheer oor die Tesourie en dus die staatsfinansies van die land.

Inbegrepe by die kontroversie oor die geldigheid van die kontraktering vir die SASSA-uitbetalings, is beweringe dat werkgewers en finansiële ondernemings as tussengangers betrokke geraak het tussen SASSA en die welsynsbegunstigdes by wyse van allerlei aftrekorders vir bv. finansiële verpligtinge van begunstigdes. Daar word beweer dat van hierdie aftrekorders onregmatig en buitensporig is.

Die SASSA-uitbetalingsituasie het dus ontaard in 'n hele katnes en dit in minder as 30 dae voordat die volgende uitbetalings moet geskied. Terwyl die Dept. van Maatskaplike Ontwikkeling tans volhou dat die uitbetalings op 1 April normaalweg elektronies sal geskied, word ook gesê dat 'n laaste opsie sou wees om al die geld vir die uitbetalings in kontant te vervoer na die meer as 10 000 betaalpunte in die land.

Hierdie opsie is egter prakties waarskynlik onuitvoerbaar, want baie van die begunstigdes is in afgeleë plattelandse gebiede met min of geen elektroniese geriewe nie. Boonop kan die vraag gevra word hoe kan sulke groot bedrae in kontant skielik in voertuie oor lang afstande vervoer word in 'n land wat bekend is vir transito-rooftogte.

Die jongste is dat die Dept. van Maatskaplike Ontwikkeling pas aangekondig het dat 'n ooreenkoms met CPS bereik is dat laasgenoemde wel op 1 April 2017 die uitbetalings sal doen. Nadere besonderhede van die ooreenkoms was met die ter perse gaan van hierdie berig nie bekend nie.

Wat egter steeds 'n feit is, is dat die Tesourie nog nie aangedui het dat dit uit 'n wetlike oogpunt tevrede is dat die geld vir die uitbetalings vrygestel mag word nie. Die bevinding van die Grondwethof van 2014 staan ook steeds soos 'n paal bo water.

Intussen dring die DA, ander opposisiepartye, Corruption Watch en selfs Cosatu aan op die onmiddellike bedanking van Dlamini. Die DG van haar departement, Zane Dangor, het pas bedank. Op die keper beskou kan die SASSA-aangeleentheid nie anders gesien word nie as die resultaat van 'n patetiese swak regering wat Suid-Afrika as 'n moderne land oor die afgelope meer as twee dekades feitlik in die grond in bestuur het.

Die regering word omhul deur 'n kleed van korrupsie, terwyl daar 'n chroniese gebrek aan kundigheid en vooruitbeplanning ooglopend is. Wat voorts ook nie misgekyk kan word nie, is dat Suid-Afrika met sy ryk potensiaal aan ontwikkeling nooit in 'n posisie moes beland het waarin dit sit met 'n ondraaglike las van meer as 17 miljoen welsynsgevalle en 'n verdere 9 miljoen plus werkloses nie.

Baie van hierdie mense kan en wil graag werk, maar daar is nie geleenthede vir hulle nie en is hulle dikwels ook nie genoegsaam opgelei nie. Die huidige regering het nooit entrepreneurskap en kleinsake-ontwikkeling behoorlik bevorder nie, terwyl SEB internasionaal beoordeel word as die grootste Achilles-hiel van die SA ekonomie.

So bv. is in die nasionale begroting wat Gordhan op 22 Februarie vanjaar ter tafel gelê het, geen voorsiening gemaak vir aansporings vir kleinsake – potensieel die sterkste stimuleerders en grootste werkverskaffers in enige ekonomie – nie. Die resultaat van dit alles is dat indien die sowat R23,8 miljard vanaf 1 April 2017 nie aan 17 miljoen plus nooddruftiges / armlastiges betaal word en daarna op 'n volhoubare basis gedoen word nie, SA waarskynlik 'n rewolusie van onberekenbare omvang in die gesig staar. Ondanks hierdie gevaar moet Christene gelowig bly en glo in God wat die almag het om die land weg van die afgrond en na 'n beter toekoms te stuur.

Solidariteit veldtog teen dubbelstandaarde by rassisme Solidariteit het ’n reuseveldtog geloods oor die volgende drie maande teen dubbelstandaarde in die toepassing van rassisme in SA met die oog op uiteindelik ʼn gemotiveerde voorlegging aan verskeie forums, soos die Internasionale Menseregtekommissie. 'n Verslag hieroor gaan opgestel word en ook 'n konferensie aangebied word. ’n Massaklag, waarin tienduisende Suid-Afrikaners gaan vra dat alle vorme van rassisme in Suid-Afrika oor dieselfde kam geskeer word, gaan ook deel uitmaak van die veldtog. Aan die einde van die veldtog gaan die klag by die Parlement, die SA Menseregtekommissie (SAMRK), die Internasionale Arbeidsorganisasie (IAO), die VN se Kommissie vir Menseregte, asook die VN Komitee vir die Uitwissing van alle Vorme van Rassediskriminasie (CERD) ingedien word. Volgens Solidariteit is Suid-Afrikaners moeg vir die dubbelstandaarde wat in die land geld wanneer dit by ras kom met veral politici en mense in gesagsposisies wat rassespanning aanwakker. Meer besonderhede by dr. Dirk Hermann by 082 461 8485.

Nuusgebeure rondom pres. Donald Trump van die VSA dui daarop dat die Illuminati as gekoördineerde internasionale geldmag alles in die stryd werp om sy planne te kelder. Trump staan vir terugkeer na behoudende waardes, patriotisme en beskerming van eie nasionale belange, terwyl die Illuminati 'n geglobaliseerde eenwêreld onder hul ekonomiese en elektroniese beheer tot stand wil bring – die sg. Nuwe Wêreldorde (NWO). Die Trump-benadering vind wêreldwyd groeiende aanklank, wat beteken dat fundamenteel twee reusemagte teenoor mekaar te staan gekom het – nasionalisme vs. globalisering. In die VSA self is die Amerikaanse veiligheidsdienste, intern versplinter soos dit is, grootliks onder beheer van die Illuminati en beveg hulle die Trump-administrasie op feitlik elke terrein. Die internasionale media, soos die New York Times, Washington Post, CNN, BBC, ens. is ook in die hande van die Illuminati en probeer Trump sover as moontlik diskrediteer. Op buitelandse gebied lyk dit al meer of Rusland onder Putin ook anti-Illuminati is en hy en Trump hulself in dieselfde dampkring bevind. Putin het bv. die Obama-administrasie in Sirië en Irak uitoorlê en die Siriese regering die oorwinning laat behaal teen terroristiese rebellegroepe kop in een mus met ISIL. Leiers van die Europese Unie, soos Donald Tusk, sê Trump is “vir die Weste net so 'n groot gevaar as Rusland, China en ISIL.” Dit kom alles neer op so 'n magtige stryd dat net tot die God van die heelal gebid kan word vir 'n uitslag ten gunste van vryheid, geregtigheid en beskawing.

Terwyl suiwer haatspraak teen blankes voortstroom uit DStv kanaal 405 van ANN7 en ander bronne, sê pres. Zuma dat teenkanting teen “radical economic transformation” is rassisties (“racist”) en dat diesulkes swartmense misgun wat hulle weens “verontregting” gemis het. Inmiddels het Adjunk-minister van Staatsdiens en Administrasie Ayanda Dlodlo by ʼn grondberaad van die Universiteit van KwaZulu-Natal in Durban gesê dat die ANC sy meerderheid moet gebruik om grond te onteien sonder vergoeding, want “dit was in die eerste plek gesteel”.
Sy het die toespraak namens die ANC gelewer. In reaksie hierop sê TLU SA in 'n mediaverklaring: “Ons boere is moeg daarvoor dat ons as misdadigers uitgeskel word wat die grond gesteel het. Almal van ons het transportaktes en het vir die grond betaal. Vir elke grondtransaksie kry die regering bowendien sy deel in hereregte en belastings, terwyl die dikwels korrupte plaaslike owerhede die boere bly melk vir die grondbelasting. Daarom hoef die boere nie verder enige van hierdie valse beskuldigings te duld nie en dring ons in die eerste plek aan op Dlodlo se oneervolle ontslag.”

Die omstrede Wetsontwerp op Onteiening is nog nie deur die Parlement goedgekeur nie. Hoewel dit vroeër wel deur die Parlement goedgekeur is en na pres. Zuma verwys is vir ondertekening, het laasgenoemde dit om tegniese redes weer terugverwys en dit is waar dit tans staan. Die DA en ander partye is heftig teen die wetsontwerp gekant en is van plan om dit van voor af met vuur in debatsvoering in die Parlement teen te staan.
Die wetsontwerp, wat o.a. voorsiening maak vir onteiening van alle eiendom – grond, huise, bankrekenings, persoonlike besittings, aandele, ens. – word as ongrondwetlik beskou en daarom met hand en tand teengestaan. Voorts word ‘n beroep op die algemene publiek gedoen om d.m.v. petisies, die sosiale media , ens. saam te veg teen hierdie wet, wat die hoofinstrument is waarmee die ANC sg. “radical economic transformation” wil deurvoer en grondgrype op grootskaal wil implementeer.

Ondanks dat hy so gediskrediteer is weens korrupsie en weens verbreking van die Grondwet dat hy nie sonder militêre ingryping sy staatsrede in die Parlement kon lewer nie, volhard pres. Jacob Zuma ten alle koste met sy poging om die SA staat vir sy persoonlike gewin in te palm. Daarin word hy gesteun deur die ANC, ʼn ekstremistiese swart blok, die Guptas en die Illuminati – steun waarsonder hy duidelik nie in die saal sou kon bly nie.
Sy jongste skuif is om na berig word Brian Molefe, voormalige oneervolle Eskom-hoof, in die Parlement te laat orden met die oog op ʼn pos in die Ministerie van Finansies, as teenvoeter vir Pravin Gordhan. Laasgenoemde staan tussen Zuma-hulle en die geldkas van die SA staat. In reaksie op hierdie beweerde planne wys die DA in ʼn mediaverklaring daarop dat dit reeds kriminele klagte gelê het teen Molefe vir sy beweerde samespanning, uitgewys in die OB verslag van Thuli Madonsela, om saam met die Zuma-familie en die Guptas SA as ʼn staat te probeer kaap.

Die volgende is ‘ n uittreksel uit die toespraak wat DA-leier Mmusi Maimane in die Parlement gelewer het die dag na die staatsrede van pres. Jacob Zuma:

“We saw a glimpse of this future on Thursday night, and it looked very much like our painful past. South Africa will never forget what happened on Thursday. And we will never forget the reaction of the man at the centre of it all. The President who stands accused of 783 counts of corruption, fraud, money laundering and racketeering.

The President who built his house – his monument of corruption – on the backs of the poor. The President who is selling our country to foreign agents. We will never forget how he laughed. It was the laugh of an enemy of the people. While the connected few gorge themselves on caviar and champagne, the young people of this country are yet to taste the fruits of freedom.

They are our Lost Generation - nearly six million mainly black young South Africans who can’ t find work.
The lost generation is the half a million mainly black children who disappear from our education system each year.
The lost generation is the three million South Africans under the age of 25 who are Not in Education, Employment or Training.The Quarterly Labour Force Survey released today tells us that a further 340,000 youths have joined the ranks of the unemployed in the past year.

Don’ t be fooled by the language in President Zuma’ s speech. His project, and that of the ANC, is the accumulation of personal wealth. When the President talks about accelerating land reform, what he really means is more dodgy deals for ANC cronies. He’ s talking about narrow-based land deals like the Limpopo farm that Minister Nkwinti lined up for his ANC friends. R130 million rand of public money went to enriching two ANC cronies while 31 farm workers went unpaid and a productive farm fell into disrepair. When the President talks about BEE and the Black Industrialists Programme, what he really means is a scheme to make 100 of his closest friends and family very rich.The President said nothing about the government’ s plans for a trillion Rand nuclear build. We all know the ANC is forging ahead with a nuclear plan that will enrich the President and his friends on a scale of looting not seen in our country before.

President Zuma wants us to believe the MPRDA Bill and proposed State Mining Company will benefit the people. But we all know these are just moves to line ANC cronies up with lucrative mine deals – moves that will scare off investors and threaten thousands of jobs.”

Bladsy 4 van 12

Tridor.jpg

Fabricia proef Maart web 2017.jpg

Die potensiële skadelikheid van die voorgestelde Wetsontwerp op die Regulering van Landbougrondbesit word in 'n... http://fb.me/6u2XvqRsc     https://www.facebook.com/KimPrint-General-Printers-990694727706008/?fref=ts … http://fb.me/38IJKAb0D     Franse Ope: Maria Sharapova nie gekeur nie; Roger Federer onttrek t.w.v. Wimbledon    Paarl Boys High sit Grey Bloemfontein ore aan en bly beste skoolrugbyspan in die land    Naspers betaal R5,6 miljard vir aandeel in Duitse aanlyn kosbestellingsdiens Delivery Hero    Discovery Health in 2016 eiesestyging van 10,4% tot R36,6 miljard, maar premie-inkomste R54 miljard    Die boek The Republic of Gupta – A Story of State Capture gooi meer lig op Guptas in SA en verhouding met Tabo Mbeki    Trump onder skoot van NWO oor vriendelikheid jeens Rusland, met Putin skynbaar ook anti-NWO       DAG 3 @afriforum in hof #GodsdiensInSkole hofsaak @solidariteit @fedsas1 @Jaco_Deacon @SolidariDirk #religioninschoolspic.twitter.com/yfnjwdDAVi    Mei uitgawe van Ditsem Nuus is uiteindelik hier!! Laai die PDF hieronder af, of gaan na ons webwerf... http://fb.me/8BUPW3t9P              Blitsbokke wen Sewes Wêreldkroon 2017!    Ditsem Nuus druk nou 5 000 koerante maandeliks plus aanlynpublikasie    Voorbidding gevra vir saak Christelikheid in skole – Mei 2017 in Suid-Gautengse hooggeregshof    Met oorwinning oor Haaie wys Kings hulle moet in Super-reeks bly    Venezuela in wanorde teen gevolge van “radical economic transformation”    Pro-EU Macron nuwe Franse president; nasionalistiese Le Pen uitgeknikker

ATKV