Tinus Nortje Eiendomme proef April 2017.jpg

In ‘n mediaverklaring sê die FAK: “Afrikaans dans op die note en lirieke van die FAK-Sangbundel en om dit met n splinternuwe baadjie uit te gee, getuig van die lewenskragtigheid van Afrikaans, veral in n tyd waar ons taal op vele terreinne op die kantlyn geskuif word. Geslagte Afrikaanse kinders het met die FAK-Sangbundel grootgeword en om hierdie rede is ou liedjies steeds gewild. Teen hierdie agtergrond het die FAK  die enorme taak aangepak om ‘n tweede druk van die FAK Sangbundel Volume II uit te bring met omvangryke hersiening. Die eerste FAK-Sangbundel is in 1937 uitgegee met 314 liedere, terwyl in 1961 die tweede, hersiene Nuwe FAK-Sangbundel onder hoofredakteurskap van Dirk de Villiers verskyn het met n bykomende 74 liedere. In 1979 het ‘n derde sangbundel die lig gesien met toevoeging van nuwe Afrikaanse liedjies wat oor die afgelope 40 jaar deel van die Afrikaanse musiekerfenis geword het. Uiteindelik kon die FAK in 2012 die nuwe FAK-Sangbundel Volume II uitreik, met bykomend 400 nuwe Afrikaanse liedjies wat geskryf is sedert 1979. Nuwe kategorieë sluit o.a. in: immergroen en populêr, kleinkuns, kinderliedjies, geestelike liedjies, tradisionele liedjies; kunsmusiek en koormusiek. Die bundel bevat ook ’n rubriekindeling, ’n register van liedere se titels en eerste reëls. In die jongste bundel maak kunstenaars soos Chris Chameleon, Anton Goosen, Anneli van Rooyen, Coenie de Villiers, Laurika Rauch, Bok van Blerk en selfs die Heuwels Fantasties bydraes. FAK-Sangbundel Volume II, druk twee, is beskikbaar by Proetea Boekhuis en uitgesoekte boekwinkels. Vir meer besonderhede, kontak Johan Jansen van Vuuren by 012 301 1777 of 083 265 5533 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Word feitelik gelet op die ampstermyn van vorige Amerikaanse president Barack Obama blyk dit asof die VSA op ‘n pad van selfvernietiging was. Daar is bv. begin om Islam in skole te leer, terwyl Christenskap en die Bybel al meer uit skole verban is; hofsake is in Amerika aanhangig gemaak deur Moslems wat op een of ander wyse aanstoot neem teen die Amerikaanse kultuur; en die dra van burkas is oraloor toegelaat, sonder om te weet wat daaronder weggesteek is.

Voorts het Moslems begin om werkgewers aan te vat wat hulle aanspreek indien hulle weier om werk te doen wat hulle persoonlik in botsing ag met Sharia-wet; die destydse Amerikaanse prokureur-generaal het gedreig om enige een te vervolg wat “anti-Moslem-spraak” beoefen; en ‘n buitelandse beleid is gevolg om sekulêre Midde Oosterse diktators vriendelik teenoor die Weste, te vervang met Moslem-ekstremiste, soos in Libië, Egipte en wat gepoog is in Sirië. Verder het die onttrekking van Amerikaanse troepe uit Irak en die Midde Ooste ‘n vakuum geskep vir ISIS; het die Pentagon en faksies van die CIA terroristegroepe in Irak en Sirië en wat in alliansie is en was met ISIS, gesteun teen die wettige Siriese regering; en ‘n ooreenkoms met Iran is ten alle koste aangegaan waardeur daardie land militêre kernkrag kan ontwikkel en terselfdertyd is miljarde dollar vir verwante programme beskikbaar gestel.

Wat sy militêre slaankrag betref, het die VSA sy kernvermoë afgeskaal na 1950-vlakke in lyn met die ideaal van ‘n kernvrye Amerika; die Amerikaanse vloot is verklein na die omvang wat dit was voor Wêreldoorlog I, die leër is na voor-1940 vlak gebring, die lugmag het honderde vliegtuie geskrap en ‘n ontslagproses van 40 000 weermagpersoneel is in werking gstel. Tydens die Obama-termyn was daar skielik nie meer geld vir arm gestremde militêre veterane, werklose Amerikaners en ontwortelde Amerikaners nie, maar “Siriese vlugteling- en hervestigingsprogramme” is ryklik befonds.

Obama het die jaarlikse Christelike gebedsgeleentheid by die Withuis afgeskaf, kon nie Christelike begrafnisse van ‘n voormalige Amerikaanse eerste dame, ‘n hooggeregshofregter en ‘n weermagsgeneraal in aksie gesterf, bywoon nie, a.g.v. ander skynbare onbelangrike afsprake. Hy het ‘n groot afvaardiging na die begrafnis van Michael Brown gestuur, maar ‘n klein een na die begrafnis van Margaret Thatcher en terwyl hy nie iets gemaak het van die moord op weermagslegende Chris Kyle nie, het hy die Amerikaanse vlag halfmas laat hang vir Whitney Houston.

Terwyl tifuskoors in sy land uitgebreek het en miljoene landgenote krepeer van armoede, berig die koerant Zimbabwe Independent  dat Robert Mugabe glo in die eerste 10 maande van verlede jaar sowat R2.6 miljard op buitelandse en binnelandse reise gespandeer het. Dit blyk dat hierdie uitgawes die begrotings oorskry van staatsdepartemente soos ekonomiese beplanning, energie- en kragontwikkeling, vervoer- en infrastruktuurontwikkeling, handel en nywerheid en die Zimbabwese parlement. Tans is Mugabe, sy hele familie en ‘n gevolg van sekuriteitsbeamptes in die Midde-Ooste op ‘n maandlange vakansie, waarna hy glo op koers is na sekere Afrikalande en China.

In Sri Lanka het ‘n reuse geweldadige en aanhoudende betoging losgebars teen die besluit van die regering om die hawe, stad en gebied van 15 000 ha van Hambantota vir 99 jaar aan China op bruikhuur vir ‘n nywerheidsone beskikbaar te stel.  Die Sri Lankese regering van eerste minister Ranil Wickremesinghe sê dat die  projek waarin China 80% aandeel het, nodig is om die skuld af te werk wat aangegaan is om die hawe van Hambantota te ontwikkel het. Diegene gekant teen die projek sê egter dat dit neerkom op Chinese kolonialisasie en dat daar geen waarborg is dat die Chinese ooit weer gaan onttrek nie. Die betogers moet met traangas en waterkanonne onder beheer gebring word.

Volgens syfers van die IMF het die Indiese ekonomie dié van Brittanje verbygesteek en beklee dit die sesde plek op die wêreldranglys i.t.v. BBP – ná die VSA, China, Japan, Duitsland en Frankryk. Die Indiese ekonomie groei teen 7,6% en volgens die IMF kan die land teen hierdie koers teen 2019 ook dié van Japan en Duitsland verbysteek. Die IMF is van mening dat Brexit die Britse ekonomie ‘n knou toedien en dat die Britse BBP in 2017 met slegs 1,1% sal groei. Interessant egter is dat die BBP per capita van Indië steeds slegs een vyfde van dié van Brittanje is.

Internasionaal is die oë van die wêreld tans grootliks op die beplande inhuldiging van Donald Trump op 20 Januarie as 45ste president van die VSA. Trump het tot dusver sy verkiesingsbeloftes redelik nagekom en is in proses om ‘n kabinet en Withuis-personeel saam te stel bestaande uit persone met sterk konserwatiewe oortuigings en beleidsrigtings. Terselfdertyd stuur hy rigtingveranderende buitelandse seine uit, soos dat hy Taiwan naas die magtige China erken, Rusland beskou as ‘n opsie vir samewerking eerder as konfrontasie, Japan as ‘n besonder gewaardeerde vennoot ag en veel sterker ondersteuning aan Israel bied. Dit lyk asof Trump moontlik ‘n nuwe politieke era, huishoudelik sowel as internasionaal, kan inlui. Inmiddels het uitgaande pres. Barack Obama in sy laaste amptelike toespraak aangedui dat hoe groot beleidsverskille ook al mag wees, almal in Amerika in dieselfde bootjie is, terwyl  gereël word dat die oorgang na die nuwe administrasie vlot verloop.

Terselfdertyd het pres. Zuma in sy toespraak van 8 Januarie die toon aangegee dat swart ekonomiese bemagtiging (SEB) maksimaal versnel gaan word, met as speerpunt die totale verkrygingspakket (“procurement”) van die regering – nasionaal, provinsiaal, plaaslik en staatsmaatskappye – ter waarde van sowat R500 miljard per jaar en wat uitsluitlik vir SEB aangewend staan te word. Dit is benewens die wetgewing en projekte ter waarde van miljarde rand wat die Dept. van Handel & Nywerheid oftewel dti en ander staatsinstansies tans ter bevordering van SEB implementeer. Al hierdie geld kom uit die staatskas d.w.s is belastingbetalergeld, waartoe blankes maklik meer as die helfte direk en indirek bydra. Saam in hierdie SEB-veldtog is ook die privaatsektor en veral die mynboubedryf waar miljarde in SEB-programme gestort word, waarvan slegs twee onlangse voorbeelde is ArcelorMittal SA ‘n R2,27 miljard fonds geskep het  en Murray & Roberts R314 miljoen vir hul program opsygesit het. Die primêre doel met die hele SEB-dryf is duidelik om die blanke uit die landsekonomie te kry, behalwe as belastingbetalers.

OB-verslag verdoemend vir pres. Zuma en ANC • Redaksie Die bekendmaking van die langverwagte verslag van voormalige Openbare Beskermer Thuli Madonsela oor beweerde staatskaping deur die Gupta-sindikaat het bevestig wat die meeste Suid-Afrikaners al lankal vermoed en geweet het, nl. dat pres. Jacob Zuma en die Gupta-gebroedsel betrokke is by massiewe korrupsie van staatsfondse en manipulering van selfs kabinetsaanstellings. Dit volg op uitgerekte politieke manuvreuring deur die Zuma-kamp en hofaansoeke oor en weer in ‘n poging om bekendmaking van die verslag te verhoed, wat egter uiteindelik tevergeefs geblyk het. Die vernaamste bevindinge in die OB-verslag van 355 bladsye is die volgende: • Pres. Zuma het onbehoorlik en in verbreking van die Uitvoerende Etiese Kode lede van die Gupta-familie en sy seun Duduzane Zuma toegelaat om betrokke te raak in die verwisseling van die Minister van Finansies in Desember 2015. • Adjunk-minister Jonas is ‘n pos by die Gupta-familie aangebied in ruil vir uitvoerige gunste vir hul familiebesigheid. • Minister Van Rooyen – wat Minister Nene vervang het – het die Saxonwold-area waar die woning van die Guptas is, minstens sewe keer besoek voor sy aanwysing as nuwe Minister van Finansies, een waarvan was die dag tevore. • Gedurende die tydperk 2 Augustus 2015 tot 22 Maart 2016 het uitvoerende hoof van Eskom Brian Molefe vir Ajay Gupta altesaam 44 keer gebel, terwyl Gupta vir Molefe 14 keer geskakel het. • Die aanstelling van die Eskom-raad was onbehoorlik. • Zuma en die uitvoerende gesag het nagelaat om beweringe van Vytjie Mentor asook van Themba Maseko te verifieer en dit geld ook die beweerde knus verhouding tussen Brian Molefe en die Guptas. • Zuma en ander kabinetslede het onregmatig ingemeng in die verhouding tussen banke en Gupta-maatskappye. • Zuma het onregmatig en in verbreking van die Uitvoerende Etiese Kode sy posisie of inligting aan hom toevertrou, misbruik om homself en Gupta-besighede te verryk, terwyl hy aan sy seun voorkeurbehandeling gegee het in die toekenning van staatskontrakte, besigheidsfinansiering en handelslisensies. • Die burgers van SA is benadeel deur die gedrag en optrede van Zuma deurdat hy in gebreke gebly het om die Jonas-beweringe te laat ondersoek. • Die besoek van Minister van Minerale Hulpbronne Mosebenzi Zwane aan Switserland vir samesprekings met die Guptas was onbehoorlik. • Die toekenning deur Eskom van steenkoolkontrakte aan die Gupta-beheerde maatskappy Tegeta was onregmatig. • Regeringsadvertensies is opsetlik gekanaliseer na die Gupta-koerant The New Age. • Zuma het moontlik sy wetlike pligte versuim deur nie al hierdie aangeleenthede te ondersoek het nie of daarteen opgetree het nie. In haar verslag het Madonsela nie aanbeveel dat Zuma bedank nie, maar instede aanbeveel dat Zuma ʼn kommissie van ondersoek onder toesig van ʼn hoofregter aanstel om al die beweringe in die verslag te ondersoek. Vir doeleindes hiervan moet die Nasionale Tesourie toesien dat die kommissie die nodige hulpbronne ontvang. Die regter van die kommissie van ondersoek mag sy of haar eie personeel aanstel en vir doeleindes daarvan het die kommissie dieselfde magte as die OB. Die kommissie moet binne 180 dae verslag met voorstelle aan Zuma lewer en hy moet dan binne 14 dae aan die Parlement verslag doen. Madonsela beveel voorts aan dat die Parlement binne 180 dae die Uitvoerende Etiese Kode moet hersien. Die OB moet ook enige moontlik onwettige optrede wat deur die ondersoek ontbloot word, onder aandag van die NVG en Valke bring. Die OB moet implementering monitor van regstellende stappe wat betref die staatskapingverslag, terwyl die sekretaris van die Parlement en die DG van die Presidensie aan die OB moet verslag doen oor die implementering van die regstellende stappe. Dit is dus ‘n hele proses wat Madonsela voorstel en wat waarskynlik oor ‘n kwessie van maande uitgevoer gaan word, wat beteken dat die Zumas en die Guptas tyd gaan hê om te hergroepeer en hul verdedigingslinies te reorganiseer. Hoewel Madonsela haar verslag versigtig bewoord het en nie skerp stellings gemaak het nie, dui oorweldigende omstandigheidsgetuienis daarop dat sy ‘n katnes ontbloot het van staatsmisdaad ongeëwenaard in die geskiedenis van SA. In enige demokratiese land wat sy sout werd is en waarin openbare verantwoordelikheid hoog aangeslaan word, sou die staatshoof onder hierdie omstandighede, onmiddellik moes bedank en krimineel aangekla word. Weens ‘n kombinasie van redes gaan SA egter waarskynlik nog onbepaald in hierdie regeringsgemors sit. Inmiddels het op die dag van die bekendmaking van die OB-verslag woede teen die Zuma-situasie oorgekook. In Pretoria het die sg. Save South Africa’s Peoples’ Assembly Against State Capture in ‘n volgepakte St. Alban Anglikaanse katedraal byeengekom in ‘n sonderlinge alliansie van uiteenlopende organisasies, instansies en individue en ‘n eendragtige oproep gedoen vir die onmiddellike bedanking van Zuma. Onder die aanwesiges was Paul Mashitile, ANC-leier in Gauteng, Musi Mmaimane, DA-leier, die Kommunistiese leierskap, geestelikes, regsgeleerdes, vakbondleiers, ens. Die EFF het ‘n gewelddadige massa-protesoptog na die Uniegebou probeer, maar is deur die Polisie met geweld verdryf, waarna hulle winkels en strate geplunder het en die standbeeld van Paul Kruger gevandaliseer het. Die nasionale uitvoerende komitee van die ANC het intussen aangedui dat dit die komende naweek oor die impak van die verslag sal vergader. Oor die algemeen kan die huidige politieke opset in SA ten beste beskryf word as in ‘n warboel. Eerstens is daar baie persone in die Zuma-dampkring – kabinetslede, senior staatsamptenare, premiers en sakelui – wat òf bewus was van die wydverspreide korrupsie of daarin betrokke was en wat op een of ander wyse verantwoording sal moet doen. Tweedens word wyd aangedring op die onmiddellike bedanking van veral drie ooglopende Zuma-meelopers, nl. Shaun Abrahams (NVG), lt.genl. Berning Ntlemeza (Valke) en Tom Monyane (SAID). ‘n Sleutelvraag op hierdie stadium is, wie gaan instaan vir die regskoste van Zuma van miljoene rand – die belastingbetaler of hyself? Die groot ligkant van hierdie donkere wolk is dat wat beskryf kan word as die goeie in SA, besig is om die oorhand oor die bose te kry. Daarvoor het baie Christene lank gebid en bid hulle steeds.

Te midde van volgehoue betogings in verskeie Amerikaanse stede het Donald Trump begin om sy regering saam te stel vir wanneer hy op 20 Januarie 2017 formeel die 45ste president van die VSA word. Hy het as stafhoof van die Withuis vir  Reince Priebus aangestel in ‘n pos wat nie-amptelik beskou word as die eerste minister van die VSA. In hierdie pos word al die reëlings m.b.t. die Withuis as sentrum van mag beheer en selfs Amerikaane kabinetslede moet hierby inval. Priebus het voorheen gedien as hoof van die Republikeinse Nasionale Komitee.

Nog ‘n aanstelling was dié van Steve Bannon as die hoofstrateeg en senior raadsgewer van Trump. Hy het in die pylvlak van die presidentsverkiesing die Trump-veldtog beplan en gelei. Sleutelkabinetsaanstellings word binnekort verwag.

Insiggewende videogrepe is beskikbaar waarop Donald Trump enersyds sy Christelike oriëntering verklaar en waarin hy ook die hande opgelê word deur ‘n aantal Amerikaanse Christen pastore en geestelikes – vir toegang daartoe, volg hierdie skakel. Andersyds is daar ‘n videogreep van aangewese vise-president Mike Pence waarin hy sy getuienis as wedergebore Christen lewer – volg hierdie skakel

Gebeure in SA maak aanhoudend die gebruik van die byvoeglike naamwoord “verstommend” noodsaaklik – soos nou weer met die vandalisering van die Pretoria Stadsaal, ‘n nasionale gedenkwaardigheid wat aan die lig gekom het ná die bewindsaanvaarding van die DA in die metroraad. Die DA het die media op ‘n toer geneem van die gebou om aan te toon hoe grootskaals dit eintlik opgemors is deur ‘n sg. restourasieprojek van die vorige ANC-bewind in die metro.

Van wat gebeur het, sluit in: Die mure is geverf lank voordat verbeteringe aan die saal aangebring is / Onkapabele tegnici het misluk in hul poging om rookverklikkers en kameras te installeer / Sementoppervlakte is aangebring op ’n houtvloer / Die orrel, die grootste van sy soort in die suidelike halfrond, is so verniel dat dit uitmekaar gehaal en verskeep moet word na Chicago in die VSA vir herstelwerk teen ‘n koste van ongeveer R18 miljoen / Die sitplekke op die balkon en die meeste deurhandvatsels van koper is gesteel / Op die tweede vloer is rekenaarbedieners direk in sonlig geplaas, terwyl gate na willekeur deur die mure geboor is om bekabeling aan te lê / In die mooiste vertrek in die gebou, die ou Pretoria Raadskamer het werkers geverf bo-oor onvervangbare erfenisskilderye / Buitensporige koste is aangegaan, bv. R100 000 vir teëls in die badkamer van die burgemeester, R8 000 per lopende meter vir muurpapier, R60 000 vir ‘n glastafel met ‘n houtvoetstuk, ens. En so gaan die lys aan. 

Bladsy 6 van 12

Tridor.jpg

Fabricia proef Maart web 2017.jpg

Die potensiële skadelikheid van die voorgestelde Wetsontwerp op die Regulering van Landbougrondbesit word in 'n... http://fb.me/6u2XvqRsc     https://www.facebook.com/KimPrint-General-Printers-990694727706008/?fref=ts … http://fb.me/38IJKAb0D     Franse Ope: Maria Sharapova nie gekeur nie; Roger Federer onttrek t.w.v. Wimbledon    Paarl Boys High sit Grey Bloemfontein ore aan en bly beste skoolrugbyspan in die land    Naspers betaal R5,6 miljard vir aandeel in Duitse aanlyn kosbestellingsdiens Delivery Hero    Discovery Health in 2016 eiesestyging van 10,4% tot R36,6 miljard, maar premie-inkomste R54 miljard    Die boek The Republic of Gupta – A Story of State Capture gooi meer lig op Guptas in SA en verhouding met Tabo Mbeki    Trump onder skoot van NWO oor vriendelikheid jeens Rusland, met Putin skynbaar ook anti-NWO       DAG 3 @afriforum in hof #GodsdiensInSkole hofsaak @solidariteit @fedsas1 @Jaco_Deacon @SolidariDirk #religioninschoolspic.twitter.com/yfnjwdDAVi    Mei uitgawe van Ditsem Nuus is uiteindelik hier!! Laai die PDF hieronder af, of gaan na ons webwerf... http://fb.me/8BUPW3t9P              Blitsbokke wen Sewes Wêreldkroon 2017!    Ditsem Nuus druk nou 5 000 koerante maandeliks plus aanlynpublikasie    Voorbidding gevra vir saak Christelikheid in skole – Mei 2017 in Suid-Gautengse hooggeregshof    Met oorwinning oor Haaie wys Kings hulle moet in Super-reeks bly    Venezuela in wanorde teen gevolge van “radical economic transformation”    Pro-EU Macron nuwe Franse president; nasionalistiese Le Pen uitgeknikker

ATKV