ditsem website banner no 1 2017

Glybanier

-►11 000 Polisiebeamptes het nie bevoegdheid om vuurwapen te dra nie -►Hernude betogings op UV-kampusse verwag -►Reddersburg het nie water, maar inwoners kry rekeninge van R2 000 -►Vanderkloof en Hopetown ly swaar onder Eskom-beurtkrag a.g.v. bankrot munisipaliteite -►Ditsem Nuus webwerf www.ditsem.net handhaaf tans sowat 21 000 besoekers per maand -►Brian Dames skud Eskom-sakpatats uit -►Zuma verstewig staatskaping met greep op Energie, Staatsveiligheid en SABC -►Koerdiese selfbeskikking gewelddadig teengestaan deur Irak, Sirië en Iran -►Legendariese Juan Smith hang stewels finaal op -►19-jarige Wiaan Mulder vir Protea krieket gekies

Franse presidentsverkiesing 2017

Die oë van die wêreld is tans op die Franse presidentsverkiesing gerig, veral omdat een van die voorlopers Marine Le Pen van die Front National ten gunste is van Frexit vir Frankryk en sou dit realiseer, sal dit 'n slag vir die Europese Unie en die planne van die Nuwe Wêreldorde (NWO) wees. Dit is so veral in die lig van die implikasies van Brexit en daarom werp die voorstaanders van NWO agter die skerms alles in die stryd om Le Pen van die finale nominasie te ontsê. Aanvanklik was daar 11 kandidate vir die Franse presidensiële verkiesing, maar uiteindelik het slegs vyf kandidate nog gestaan in die eerste rondte van die verkiesing op 23 April. Hieruit het die 29-jarige Emmanuel Macron van die party En Marche! (“Voorwaarts!”) 23,9% van die stemme gekry en Le Pen 21,4% en sal hulle sake uitspook in die tweede rondte komende Sondag. Macron het vanjaar van feitlik nêrens op die politieke toneel verskyn en homself sentristies geposisioneer – gematig, liberaal-kapitalisties en pro-EU. Le Pen aan die ander kant wil Frankryk so ver moontlik skoonmaak van Moslems en is vriendelik teenoor pres. Vladimir Putin van Rusland.  

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Ora betonwerke proef Sept 2017

Artistia Food

Renosterberg lodge