Orastad 2

Glybanier

-►Gruwelike en Godskreiende rassistiese dubbele standaarde -►Plaasmoorde is terreur en nie bloot misdaad nie – AfriForum -►Opstand teen plaasterreur: Landswye vloedgolf -►Dave Miller vinnigste 100tal in T20 krieket – vanaf net 35 balle -►WP Curriebekerkampioene 2017 – steeds die beste SA rugbyreeks -►Nuwe boek “The President’s Keepers” onthul Zuma as “gangster” -►Groot vragmotor ploeg in Swart Maandag-optog in

Druk op Katalonië al groter

Terwyl meer as 90% van stemme uitgebring in die Kataloniese referendum ten gunste was van afstigting van Spanje en onafhanklikheid, word ongelooflike druk op Kataloniërs geplaas om nie op hul eie te gaan nie. Eers het die Spaanse polisie ongekende geweld toegepas op vreedsame kiesers, hul stemlokale gesluit en stembusse gekonfiskeer en daarna het die Spaanse regering gedreig om die outonome status van Katalonië op te hef, sou hul leiers eensydige onafhanklikheid uitroep, wat hulle egter tot dusver nog nie gedoen het nie.

Katalonië met sy 7,5 miljoen inwoners en eie geskiedenis en kultuur, is die rykste provinsie van Spanje met 'n bydrae van 20% tot die BNP.

In verdere druk op Kataloniërs, het Frankryk en die Europese Unie gesê hulle sal nie onafhanklikheid vir Katalonië erken nie, terwyl 'n Spaanse regeringswoordvoerder gesinspeel het dat in geval van onafhanklikheidsverklaring die Kataloniese leier Carles Puigdemont vermoor kan word. Dit is duidelik dat hierdie uitdrukking van vreedsame nasionalisme deur die mense van Katalonië ten alle koste deur die Nuwe Wêreldorde (NWO) met hul strewe na wêreldbeheersing teengestaan word.

Gradeer die artikel
(1 Vote)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Ora betonwerke proef Sept 2017

Artistia Food

Renosterberg lodge