Tinus Nortje Eiendomme proef April 2017.jpg

Trump ingehuldig te midde van storms

Donald Trump is enkele ure weg daarvan om as 45ste president van die VSA ingehuldig te word, maar rondom hom woed nasionale sowel as internasionale storms soos waarskynlik nooit tevore in die Amerikaanse geskiedenis nie.

Behalwe vir die politieke teenkanting en betogings teen sy inhuldiging, moes Trump die afgelope week ‘n geweldige propaganda-aanslag van die Nuwe Wêreldorde en hul media, soos CNN, afweer, wat hom beskuldig het van sameswering met die Russiese regering en van seksuele eskapades. Hierdie aanslag het egter gesneuwel omdat geen tasbare feite op die tafel geplaas kon word nie.

Erger as hierdie teenstand is egter die feitelike berigte dat die Amerikaanse veiligheidsdienste ontsettend versplinter is, met o.a. die CIA wat in drie magtige faksies verdeel is en wat mekaar in die praktyk dikwels opponeer. Daarby is daar dikwels geen samewerking met die Pentagon / Dept van Verdediging en die Homeland Security departement nie en ook dikwels veg hulle teen mekaar soos wat die geval in Sirië was en steeds is, asook in ander wêrelddele. Die werklike verhaal is ‘n riller om te lees, maar hierdie skakel verskaf ietwat meer besonderhede.

Nog ‘n mega storm waarna die nuwe Trump-administrasie sal moet handel, is die nuwe Amerikaanse weermagsbegroting wat Republikeinse senator John McCain ten bedrag van $640 miljard pas ingedien het - $54 miljard meer as wat die Obama-administrasie beplan het. Daar word gesê dat die VSA nodig het om sy verdediging op te gradeer, maar dan word gevra of dit werklik nodig is teen hierdie duiselingwekkende bedrag, veral gegee die bestaande astronomiese skuldlas van die Amerikaanse regering. 

http://beforeitsnews.com/r2/?url=http://themillenniumreport.com/2017/01/exposed-cia-the-swamp-monsters/

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Tridor.jpg

Fabricia proef Maart web 2017.jpg

            Cosatu kies Ramaphosa bo Zuma as spreker by Werkerdag 1 2017    Zelda la Grange ook by Freedom Movement byeenkoms in Pretoria    Microsoft 28% styging in wins eerste kwartaal 2017    Groot belangstelling vir Nampo Oesdag 16 - 19 Mei    Kontroversie oor Maria Sharapova weer tennis speel na opkikkerskorsing    Swartwitpenskoei op veiling bu Mattanu Wildereservaat by Barkley-Wes verkoop vir R1,5 miljoen    Vier renosters in Bloemfontein Dieretuin gestroop - Munisipaliteit trek skouers op                   Volg ons ook op fb of besoek ons webwerf http://www.ditsem.net  vir aktuele nuus wat saak maak!    VSA het $19 triljard staatskuld plus ongeveer $300 triljard private skuld    Teken petisie van Ditsem Nuus teen grondonteiening! https://www.ipetitions.com/petition/weg-met-grondonteienings-wet …    SA benodig dringend 12 miljoen nuwe permanente werksgeleenthede om grootste probleem in land aan te spreek – ekonoom Chris Hart

ATKV