ditsem website banner no 1 2017

Glybanier

-►Nog twee plaasaanvalle: Potch en Hoopstad -►Trump weier om ooreenkoms met Iran te sertifiseer -►R800 miljoen van Transnet-pensioenfonds deur Guptas gegaps -►Krieket: Proteas maak maalvleis van Bangladesjies -►Oostenryk nasionalistiese party met 31 jarige leier wen verkiesing -►Zuma 283 aanklagte: NVG gooi jakkalsdraaie -►Zuma-hofsaak: Schabir Shaik bereid om vir staat getuig -►Curriebeker: Haaie, Bulle, Leeus en WP maak halfeindstryd -►Tennis: Federer en Sharapova bo in twee Chinese toernooi -►OBK pensioenfondse van R1,3 miljard: Gigaba loods ondersoek

Terwyl die wêreld letterlik in beroering is oor die verkiesing en inhuldiging van pres. Donald Trump in die VSA en die reeks presidensiële dekrete wat hy uitvaardig ter uitvoering van sy verkiesingsbeloftes, word perspektief op die groter prentjie verkry indien gelet word op die aard van die ampstermyn van sy voorganger Barack Obama.

Gedurende die termyn van Obama is ‘n aantal aksies soos die volgende geneem, wat lyk asof dit die VSA op ‘n pad van selfvernietiging geplaas het: Daar is begin om Islam in skole te leer, terwyl Christenskap en die Bybel al meer uit skole verban is; hofsake is in Amerika aanhangig gemaak deur Moslems wat op een of ander wyse aanstoot neem teen die Amerikaanse kultuur; en die dra van burkas is oraloor toegelaat, sonder om te weet wat daaronder weggesteek is.

Voorts het Moslems begin om werkgewers aan te vat wat hulle aanspreek indien hulle weier om werk te doen wat hulle persoonlik in botsing ag met Sharia-wet; die destydse Amerikaanse prokureur-generaal het gedreig om enige een te vervolg wat “anti-Moslem-spraak” beoefen; en ‘n buitelandse beleid is gevolg om sekulêre Midde Oosterse diktators vriendelik teenoor die Weste, te vervang met Moslem-ekstremiste, soos in Libië, Egipte en wat gepoog is in Sirië. ..Verder het die

onttrekking van Amerikaanse troepe uit Irak en die Midde Ooste ‘n vakuum geskep vir ISIS; het die Pentagon en faksies van die CIA terroriste groepe in Irak en Sirië en wat in alliansie is en was met ISIS, gesteun teen die wettige Siriese regering; en ‘n ooreenkoms met Iran is ten alle koste aangegaan waardeur daardie land militêre kernkrag kan ontwikkel en terselfdertyd is miljarde dollar vir verwante programme beskikbaar gestel.

Wat sy militêre slaankrag betref, het die VSA sy kernvermoë afgeskaal na 1950-vlakke in lyn met die ideaal van Obama van ‘n kernvrye Amerika; die Amerikaanse vloot is verklein na die omvang wat dit was voor Wêreldoorlog I, die leër is na voor-1940 vlak gebring, die lugmag het honderde vliegtuie geskrap en ‘n ontslagproses van 40 000 weermagpersoneel is in werking gstel.

Tydens die Obama-termyn was daar skielik nie meer geld vir arm gestremde militêre veterane, werklose Amerikaners en ontwortelde Amerikaners nie, maar “Siriese vlugteling- en hervestigingsprogramme” is ryklik befonds.

Obama het die jaarlikse Christelike gebeds-geleentheid by die Withuis afgeskaf, kon nie Christelike begrafnisse van ‘n voormalige Amerikaanse eerste dame, ‘n hoog-geregshofregter en ‘n weermagsgeneraal in aksie gesterf, bywoon nie, a.g.v. ander skynbare onbelangrike afsprake. Hy het ‘n groot afvaardiging na die begrafnis van Michael Brown gestuur, maar ‘n klein een na die begrafnis van Margaret Thatcher en terwyl hy nie iets gemaak het van die moord op weermagslegende Chris Kyle nie, het hy die Amerikaanse vlag halfmas laat hang vir Whitney Houston.

Dit is teen hierdie agtergrond dat die aksies van Trump en sy administrasie gesien moet word om die heropbou van Amerika te prioritiseer, werk te skep vir Amerikaners en hulle weer trots op hulself te maak en om die grense van die VSA te beskerm teen die instroming van honderde Moslems op ‘n daaglikse basis. Met die inhuldiging is afhanklikheid van God voor die oë van die hele wêreld vir ‘n verandering weer bely, terwyl Christelike gebeds-byeenkomste in die Withuis teruggebring is.

Dit is voorts duidelik dat die siening van Trump ‘n golf van nasionale waardes en behoudende beginsels oor die wêreld gestimuleer het en dat bewegings soos Brexit hierby aanklank vind. Trump het ook ‘n sein teen Chinese imperialisme gestuur, terwyl versigtige samewerking met Rusland, wat ISIL in Sirië gestuit het, in die vooruitsig gestel word. Sodoende is ooglopend ‘n sterk teenstroom begin teen die liberale Nuwe Wêreldorde met sy ontsaglike destruktiewe baanrekord.

Donald Trump is ‘n omstrede persoon en ‘n feilbare mens, maar feite blyk aan te dui dat hy Amerika by ‘n draaipunt gebring het op ‘n nippertjie voor ‘n waarskynlike katastrofe.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Ora betonwerke proef Sept 2017

Artistia Food

Renosterberg lodge