ditsem website banner no 1 2017

Glybanier

-►Ditsem Nuus webwerf www.ditsem.net handhaaf tans sowat 21 000 besoekers per maand -►Matjila van OBK sê nou SAA mag moontlik geld leen -►Beweerde renosterstroper David Mahlobo nou Minister van Energie -►Internasionale besoekers aan Kaapstad groei 27% in eerste semester 2017 -►Adj-pres. Ramaphosa blykbaar moontlik volgende vir Zuma-valbyl

Hoe gaan drie groot gebeurtenisse mekaar en vir ons raak?

Amerika is militêr en op nog gebiede die sterkste land in die wêreld met 'n militêre begroting groter as die volgende ses sterkste lande saam en met meer as 900 buitelandse militêre basisse en ongeveer 200 000 troepe deur die wêreld gestasioneer. Ten spyte daarvan is Amerika kwesbaar en balanseer op 'n mespunt wat die volgende betref: Dit is (1) wêreldvrede, (2) sy geldstelsel en ekonomie, (3) sy baie brose kragnet en (4) sy bevolkingsamestelling.

Die onassimileerbare "minderhede" in Amerika se aanwastempo is klaar vinniger as die blanke meerderheid sin. Die 12 miljoen Jode wat Amerika beheer, hoop om Amerika te gebruik om vir hulleself wêreldoorheersing te verkry. Hulle verklaar in hulle "Protokolle" dat hulle die wêreld wil voorberei vir hulle heerskappy en hulle "koning". (die Antichris) Hulle sal die beheer wat hulle oor die land uitoefen so gebruik dat die drie groot gebeurtenisse hieronder genoem vir hulle die beste voordeel moet bied: Ten spyte daarvan dat elkeen van die drie gebeurtenisse (of prosesse) so ontsaglik en verreikend is, weet of begryp die grootste deel van die Amerikaanse - en die res van die wêreldbevolking (die "sheeple") - dit nog nie eens nie. Elkeen van die gebeurtenisse het al dekades lank 'n aanloop of ontwikkelingstyd agter die rug en sal binne die volgende drie jaar volledig 'n "hoogtepunt" bereik, by gebrek aan 'n beter beskrywende woord. Aldrie die gebeurtenisse is mensgemaak, in volle swang en menslik onkeerbaar en onontwykbaar. Hulle sal die Amerikaanse bevolking ingrypend beïnvloed en op die res van die wêreld dieselfde - of 'n wisselende - invloed hê. So 'n krisis sal kataklismiese gevolge hê wat maande, selfs jare lank, kan duur. Was dit maar 'n "hoax", maar die inligting is ongelukkig alles waar.

Raadpleeg gerus die Internet, daar is goeie inligting oor elk van die drie onderwerpe. Die drie gebeurtenisse, wat betrekking op mekaar en waarskynlik ook op Orania het, is die volgende:

1) Die komende Amerikaanse bankrotskap: Gerekende Amerikaanse kundiges van die ekonomie sê onafhanklik van mekaar dat die bankrotskap en ekonomiese ineenstorting van hul land binne een tot drie jaar MOET kom. Hulle beweer dis 'n wiskundige sekerheid so seker as wat die son môre gaan opkom. Die geldtoestand in Amerika is vandag dieselfde as wat dit was wat gelei het tot die val van Athene en Rome. Amerika het $19 triljoen staatskuld en dan nog ongeveer $300 triljoen private skuld. Boonop gaan die dollar nie meer die wêreld se reserwebetaalmiddel wees nie. Die Amerikaanse aandelemark is 73% oorwaardeer. 'n Skielike regstelling sal veroorsaak dat baie Amerikaanse besighede moet ophou bestaan, met ernstige gevolge. Dis net vertroue wat die bankstelsel nog laat werk. Dit sal geheel en al ineenstort wanneer daar 'n klein vertrouensbreuk kom. Dit sal die verskoning wees waarom alle Joodsbeheerde banke (dit is ALLE banke in die wêreld) sal sluit vir 'n onbepaalde tyd. Eers in die VSA en binne ure in die res van die wêreld ook. Dit is so beplan dat niemand iets sal kan koop of betaal nie. Geen kos, water of energie sal kan gelewer word nie. Amerikaanse ingenieurs sê hulle kragnet sal ineenstort. Totale anargie en hongersnood sal volg. Die hoof van die Amerikaanse CIA het in die openbaar gesê in so 'n geval SAL 90% van die Amerikaanse bevolking na een jaar nie meer leef nie. Behalwe Amerika, het die Europese Unie en Japan ook ontsaglike skuldprobleme. As daar erge ekonomiese onstabiliteit in enige van die groot lande of magsblokke kom, kan verwag word dat dit sal uitbrei na oral waar skuld in die res van die wêreld is. Daar is mense/magte in Amerika wat graag 'n oorlog wil hê wat moontlik die Amerikaanse ekonomie so sal stimuleer dat ineenstorting vermy kan word, maar dan sal dit konvensioneel moet bly, want 'n volskaalse atoomoorlog sal die Bybelse profesie in vervulling laat gaan, naamlik dat die aarde nie weer deur 'n watervloed sal vergaan nie, maar deur vuur.

2) Sogenaamde "Smart Dust" ("Slim Stof"?) Dis triljoene mikroskopiese klein sensors vir die meet, dophou en rekenaarkoppeling van elke enkele plek, ding of mens op die hele aarde. Die groot Joodsbeheerde Amerikaanse maatskappye belê biljoene Dollars in hierdie tegnologie. In 2020 (dis oor net drie jaar!) sal 1 triljoen sensors in werking wees en teen 2030 sal 10 triljoen sandkorrelgrootte rekenaarsensors in bedryf wees om ALLES in die wêreld te meet of dop te hou en per radioverbinding aan 'n (of die) rekenaar te rapporteer vir optimum beheer. 16 bestaande industrieë, waaronder die hele wapenindustrie en die mediese industrie, sal totaal verander. Die stelsel werk REEDS in sommige Europese en Amerikaanse stede waar dit byvoorbeeld verkeersvloei beheer, en word met rasse skrede uitgebrei. Die sensors maak ondenkbare beheer en nuwe tegnologie moontlik, soos 'n geweerkoeël wat in vlug sy rigting kan verander om enige bewegende teiken te tref. Dit bestaan ook REEDS in Amerika. Die "Slim Stof" sal die Amerikaanse BBP met minstens 5% laat groei, word gesê. Ook perfek vir George Orwell se "1984" en "people control".

3) Die Robot-revolusie wat nou besig is om te gebeur, is van dieselfde betekenis as die Industriële Rewolusie van die 1800's. Robotte het stil-stil al so gevorderd en ekonomies geword, dat hulle al hoe meer mense se werk kan doen. Beter, vinniger en goedkoper as enige mens. Vervaardigingsrobotte sal groot rykdom skep vir hulle besitters, maar in die VSA kan robotte 23 miljoen mense werkloos maak binne die volgende 3 tot 5 jaar. Gevolgtrekking: As Amerika se ekonomie binne drie jaar vanaf Januarie 2017 so erg ineenstort soos voorsien word, sal "Slim Stof" en die Robot-revolusie nie gou of volledig voltooi kan word nie en wêreldoorheersing vanuit Amerika kan dan moeiliker word en langer tyd neem.

Aan die ander kant kan die Jode wat Amerika beheer, vir eers die ineenstorting probeer uitstel totdat die "Slim Stof" in posisie en werkend is. OF: Die Slim Stof kan moontlik Amerika se ekonomie soveel doeltreffender maak dat 'n algehele ineenstorting oorkom kan word, of baie langer uitgestel kan word as drie jaar. Dit is moeilik om tot 'n duidelike gevolgtrekking te kom oor wat presies die sosiale effek gaan wees van die Robot-revolusie op Amerika en die res van die wêreld. Indien die Robot-revolusie te gou te veel onhanteerbare werkloses veroorsaak, sodat dit tot anargie lei, kan dit aanleiding gee tot- of meehelp met totale ekonomiese ineenstorting in Amerika, wat die res van die wêreld ook negatief gaan beïnvloed of verarm. 'n Eerste oorweging kan wees dat dit ook eers nog vertraag kan word om te voorkom dat die miljoene werkloses die land verarm of 'n onkeerbare anargie en depressie begin wat die ekonomiese ineenstorting van die VSA aan die gang sit.

Indien die werkloses betyds van ander werk of 'n ander heenkome voorsien kan word, hoef dit nie noodwendig tot anargie te lei nie. As daar 'n geld- en ekonomiese krisis in die wêreld ontstaan wat erg genoeg sal wees om in die Nuwe Suid-Afrika ook ontwrigting van krag- en watertoevoer te veroorsaak in die groot stedelike konsentrasies, kan dit binne een maand 'n verandering in die Suid-Afrikaanse bevolkingsgetalle en -samestelling begin bewerkstellig. 'n Rasse-oorlog hoef nie eers ter sprake te kom nie. Vir gewone mense in Amerika en ook in die res van die wêreld, wat ons insluit, lyk dit of daar vier dinge is wat ons sal moet doen om oor die krisis te kom, naamlik:

a) Probeer om nie in 'n groot digbevolkte gebied soos 'n groot stadsgebied te woon nie, indien moontlik. Daar het mens nie beheer oor eie krag- en watervoorsiening en kosproduksie nie. Dit is in die digbevolkte gebiede waar daar onbeheerbare onluste en anargie gaan ontstaan juis as gevolg van tekorte aan krag, water en kos. Of kom betyds uit na 'n voorafgereëlde oorleefbare gebied. Hoe kleiner die dorpie, of hoe meer plattelands die gebied en hoe meer kos hy self produseer en hoe beter sy eie krag- en watervoorsiening, hoe beter sal sy bevolking kan oorleef. Vraag: Sal daar in so 'n noodgeval 'n toeloop na Orania toe wees uit die stedelike gebiede en sal ons die getalle kan hanteer?

b) Probeer om so min as moontlik staat te maak op 'n bankrekening by enige van die bestaande bekende handelsbanke om te kan leef. As alle handelsbanke skielik toemaak sal dié van ons wat rekeninge by hulle het, geen geld kan trek om enigiets te koop of betaal nie. Dan sal die eenvoudige reël geld: Geen geld - geen krag - geen water - geen kos - geen oorlewing nie. Die mense wat dan in die beste posisie gaan wees is diegene wat kan bestaan sonder om lewensafhanklik te wees van 'n bankrekening . Enige hoeveelheid kontant in die hand sal in so 'n geval help met oorlewing. Mense in Orania wat alleen met 'n OSK-rekening oor die weg kom, sal waarskynlik in 'n goeie posisie wees. Al sluit die hele wêreld se banke, behoort Orania se eiebeheerde OSK steeds oop te kan bly met Oras om minstens 'n klein plaaslike ekonomie aan die gang te hou vir oorlewing.

c) Sorg individueel en as ‘n gemeenskap dat eie krag en water, onafhanklik van enige buite-instansie, standhoudend gelewer kan word vir kosproduksie en huishoudings oor die langtermyn. Dit is, vir minstens een jaar lank.

d) Ons moet sorg dat ons verhouding met ons Skepper reg is. Dis per slot van rekening 'n stryd van Lig teen Duisternis. As gelowiges het ons steeds die opdrag om die sout van die aarde te wees. Dit is ons opdrag om waar moontlik alles te doen wat ons kan om die Bose geestelik en fisies te beveg deur die Waarheid en die waarheid te versprei. Per implikasie sluit dit natuurlik fisiese oorlewing in.

Gradeer die artikel
(1 Vote)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Ora betonwerke proef Sept 2017

Artistia Food

Renosterberg lodge