Tinus Nortje Eiendomme proef April 2017.jpg

'n Interessante diagram is bekom waarin grafies die netwerk van sakebelange van die omstrede Gupta-familie uiteengesit word en hoewel die outentiekheid daarvan nie bevestig word nie, bied dit 'n insiggewende kykie in 'n netwerk wat kwalik anders beskryf kan word as 'n spinnerak. Vir die diagram volg hierdie skakel.

Die nuutaangestelde raadgewer van nuwe Minister van Finansies Malusi Gigaba, prof Chris Malikane, het in 'n artikel in die Sunday Times hom uitgespreek ten gunste van die nasionalisering van banke, myne en versekeringsmaatskappye. Hy stel ook voor dat 'n staatsbank gestig word wat alle finansiële instellings in staatsbesit kombineer en dat die Reserwebank met sy private aandeelhouers ook genasionaliseer word, terwyl hy ook 'n voorstaander is van onteiening van grond sonder vergoeding. Later het Gigaba op die vooraand van sy besoek aan die VSA Malikane gerepudieer en gesê Malikane is “oningelig”.

Dit blyk dat misdaad in die gegoede noordelike buurte Dan Pienaar, Heuwelsig en Waverley in Bloemfontein oorhand toeneem met o.a. vyf inbrake oor die Paasnaweek net in Kmdt. Senekalstraat, by 'n huis in Gilles van de Wallstraat, Heuwelsig is platskermtelevisies en 'n kluis wat so swaar is dat 10 persone dit moet dra met juweliersware, 'n belangrike testament en 100 geheuestokkies geroof. Daar is ook by 'n huis op die hoek van York- en Milnerweg tydens die Paasnaweek ingebreek, asook by die Gratias Aftree-oord, terwyl die wassery by Emily Hobhouse Plein en 'n vulstasie in Dan Pienaar beroof is. Daarby is leerlinge gedurende die eksamen aan die einde van die eerste kwartaal in Morganstraat van hul selfone beroof, met dwelmhandelaars wat ook in die gebied toenemend 'n verskynsel is. In reaksie o die misdaadvlaag het twee plaaslike vroue die voortou geneem om op 7 Mei 2017 die buurtwag Northern Neighbourhood Watch Association (NNWA) te gestig het.

Vrae word gevra oor wat deesdae 'n algemene gesig by hoëprofiel ANC-byeenkomste is in die vorm van jeugdiges in gevegsmondering van uMkhonto we Sizwe (MK) Veterane, of altans so word hulle genoem. Hulle gaan onder die vaandel van die Veterane van die gewapende vleuel van die ANC, maar hulle is bloedjonk, terwyl die bejaarde Veterane, wat as organisasie anti-Zuma is sê hulle ken hulle nie. Die jeugdiges paradeer met wapens en het ook verklaar dat hulle enige aanlag op Luthuli Huis met geweld sal teenstaan. As sodanig is hulle duidelik militêr opgelei. Nou word vrae gevra oor die wettigheid van hierdie paramilitêre organisasie en ook waar en deur wie hulle militêr opgelei is. Die DA is besig om die saak op te neem.

Die jongste in die klaarblyklike onophoudelike stroom van plaasmoorde het plaasgevind toe 'n boer van die Wepener-distrik en sy huiswerker doodgeskiet op die plaas sowat 30 km buite die dorp aangetref is. Met die ter perse gaan van hierdie berig was die name van die oorledenes nog nie bekend nie, omdat al hul naasbestaandes nog nie in kennis gestel is nie. Die lyk van die boer (49) het in die sitkamer gelê met sy bene vasgebind, terwyl die lyk van die huiswerker in een van die kamers gevind is met haar oë toegebind en haar voete ook vasgebind. Die binnekant van die huis was omgekeer terwyl van die kluise in die huis ook oopgebreek was.

WikiLeaks, 'n anti-geheime projek geloods in 2006 deur Julian Assange  en wat van tyd tot tyd uiters geheime staatsdokumente van verskillende lande publiseer, het in die jongste loslating 8 000 CIA-dokumente blootgelê. Algemeen word aanvaar dat hierdie dokumente afkomstig is van CIA-amptenare wat die dokumente na buite gelek het.

Die jongste loslating toon verstommend dat die CIA d.m.v. uiters gesofistikeerde elektroniese moniteringsmeganismes en –stelsels die doen en late van feitlik elke mens op aarde, selfs tot in mees intieme privaatheid, monitor. Dit geskied d.m.v. nie slegs persoonlike rekenaars en selfone nie, maar ook deur TV stelle en selfs gevorderde huishoudelike apparate soos mikrogolfoonde, yskaste, wasmasjiene, ens.

Vir meer besonderhede, volg hierdie skakel.   

Twee nuwe aandelebeurs, ZAR X en 4Africa Exchange (4AX), is onlangs toegelaat om in Suid-Afrika in bedryf te gaan naas die JSE. Albei is gebaseer te Johannesburg, met die ZAR X daarop gemik om 'n maklike, laekoste, relevante en naatlose diens te lewer, gekoppel aan die vier beginsels van eenvoud, laekoste, deursigtigheid en vlugvoetigheid. Vir meer besonderhede besoek www.zarx.co.za.

Die 4AX is min of meer op dieselfde patroon as die ZAR X geskoei, met ongeveer dieselfde fokus en doelwitte – vir meer besonderhede besoek www.4ax.co.za.

Bladsy 1 van 15

Tridor.jpg

Fabricia proef Maart web 2017.jpg

ATKV