ditsem website banner no 1 2017

-►ANN7 DStv en New Age koerant deur Manyi vir R450 miljoen verkoop aan blanke hater -►DA sê kernooreenkoms is sopas bewys as deel van Zuma staatskaping -►NWU Fakulteit van Ingenieurswese lewer unieke sonaangedrewe motor -►R30,4 million people in South Africa of 55% live in poverty – Stats SA -►Gesoek vir aanranding in SA – Grace Mugabe -►Zim-boere begin internasionale eiseproses oor hul gesteelde grond -►Pierre Spies groet rugby – wil werk vir minderbevoorregtes -►All Blacks legende Colin “Pinetree” Meads sterf op 81 -►Toestande in blanke plakkerskamp by Munsieville, Krugersdorp, uiters haglik -►Steve Hofmeyr sing Die Stem nogmaals in Bloem

Gigaba geloofwaardigheid aan flarde

Nuwe Minister van Finansies Malusi Gigaba het as finansiële raadgewer prof. Chris Malikane aangestel, wat in 'n artikel in die Sunday Times homself ten gunste van nasionalisering van die banke, die myne en die versekeringsbedryf uitgespreek het. Toe Gigaba daaroor uitgevra is, op die vooraand van sy huidige besoek aan die VSA, het hy Malikane sterk gerepudieer en gesê laasgenoemde is “oningelig”, dat hy “ingekatrol” is en aangesê is om “stil te bly”. Nou wys die DA in 'n mediaverklaring daarop dat Malikane vir Gigaba op sy VSA-besoek vergesel en oral saam met hom is waar hy met die IMF en die Wêreldbank vergader.

Wat meer is, Malikane gaan lustig voort om allerlei radikale uitsprake te maak, soos oor SAFM en Cape Talk radio waarin hy graderingsagentskappe verkleineer, die Sowetan waarin hy die Nasionale Ontwikkelingsplan afskiet en Rapport waar hy praat van “coming civil war.” Toe Malikane tydens die VSA-besoek gevra is of die minister hom gemuilband het, het hy geantwoord: “No, no, no, no. People’s inference of what the minister said is wrong. There is no way the minister can tell a fellow South African to keep his mouth shut. I am an academic, I work with ideas. I have to challenge public opinions that mislead the nation. When the minister said he reined me in, he meant we should no longer focus on talking, but on doing – action that will transform the economy.”

Hierop lewer die VF Plus in 'n mediaverklaring soos volg kommentaar: “Feit is dat die onervare tog selfversekerde Gigaba nie kan insien dat daar regdeur hom gesien word nie. Daar is min mense in die wêreld so gevaarlik soos iemand wat vol gewaande selfvertroue is, maar in werklikheid nie 'n idee het wat hy doen nie. Gigaba is presies net so. Daarom sal Gigaba, sy professor en hul president persoonlik moet verantwoordelikheid neem indien die finale kredietafgradering plaasvind. Elkeen wat sy werk verloor, elkeen wat honger ly, elkeen wat dakloos is, elkeen wat op 'n wyse benadeel is, sal dan die koppe van Zuma, Gigaba en Malikane moet eis.”

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Barnard Bouers

wow kitsblits