ditsem website banner no 1 2017

-►ANN7 DStv en New Age koerant deur Manyi vir R450 miljoen verkoop aan blanke hater -►DA sê kernooreenkoms is sopas bewys as deel van Zuma staatskaping -►NWU Fakulteit van Ingenieurswese lewer unieke sonaangedrewe motor -►R30,4 million people in South Africa of 55% live in poverty – Stats SA -►Gesoek vir aanranding in SA – Grace Mugabe -►Zim-boere begin internasionale eiseproses oor hul gesteelde grond -►Pierre Spies groet rugby – wil werk vir minderbevoorregtes -►All Blacks legende Colin “Pinetree” Meads sterf op 81 -►Toestande in blanke plakkerskamp by Munsieville, Krugersdorp, uiters haglik -►Steve Hofmeyr sing Die Stem nogmaals in Bloem

Britse skakelfirma produseer na bewering anti-SA blanke propaganda

Dit word beweer deur die publikasie Daily Maverick dat 'n Britse openbare betrekkingefirma Bell Pottinger verantwoordelik is vir die formulering van propaganda teen blankes in Suid-Afrika. Volgens die beweringe is Bell Pottinger deur die Guptas en die ANC / pres. Jacob Zuma gekry om 'n effektiewe strategie te ontwerp vir rasseverdeeldheid in SA en het in hierdie verband Duduzane Zuma, seun van die president en Fana Hlongwane, omstrede internasionale wapenagent, as tussengangers gedien, met die fooi vir Bell Pottinger na bewering sowat R24 miljoen.

Dit wil voorkom of die firma terminologie soos “anti-colonialism”, “radical economic transformation” en “white monopoly capital” gemunt het en wat gonswoorde in die SA politieke debat geword het. Met die teenkanting in SA teen staatskaping en die Guptas het die temperatuur na bewering vir Bell Pottinger te warm geraak en is die dienskontrak met die Guptas beëindig. Die beweringe in hierdie verband geskied teen 'n baie grys politieke agtergrond en is dit moeilik om altyd feite van fiksie te onderskei, maar nietemin lyk dit of geloofwaardigheid aan die ondersoeke en beriggewing van Daily Maverick geheg kan word. Vir meer besonderhede, volg hierdie skakel. 

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Barnard Bouers

wow kitsblits