ditsem website banner no 1 2017

Glybanier

-►Diepste vernedering van Springbokrugby nog vierkantig gelê voor diskriminerende kwotas van mislukte ANC-regering -►Taxi-oorlog: Vierderangse korrupte taxiverenigings kan nie kompeteer met eerstewêreld Uber-taxidiens -►“The US has great strength and patience, but if it is forced to defend itself or its allies, we will have no choice but to totally destroy North Korea.” – pres. Donald Trump voor VN Algemene vergadering -►HTS Louis Botha, Bloemfontein: Verkragting van 14-jarige deur drie skoolseuns – nog geen skorsing -►Korrupsie kos SA jaarliks minstens R27 Miljard en 76 000 werksgeleenthede – Min. Van Ekonomiese Ontwikkeling Ebrahim Patel

ANC doodsdreigemente teen eie lede

Al meer gevalle duik op van doodsdreigemente uit ANC-geledere teen lede met wie oor bepaalde beleidskwessies nie saamgestem word nie. 'n Tyd gelede het ANC-lid Fytjie Mentoor gesê dat sy doodsdreigemente vanuit ANC-geledere ontvang het omdat sy as fluitjieblaser opgetree het in die Zuma-Gupta-staatskapingsdebakel. Nou het ANC LP dr. Makhosi Khoza doodsdreigemente van die ANC Jeugliga in KZN ontvang nadat sy gesê het sy kan nie stem vir 'n “amoral leader” nie en pres. Jacob Zuma gekritiseer het. Die Jeugliga het mense aangemoedig om buite die huis van Khoza, 'n enkelouer met drie kinders, te betoog, asook haar naam op sosiale media versprei as 'n “vyand” wat geteiken moet word. Khoza het die dreigemente in 'n gedetailleerde brief aan ANC hoofsweep Jackson Mthembu uiteengesit, wat dit op sy beurt weer na Speaker Baleka Mbete en ANC sekretaris-generaal Gwede Mantashe verwys het.
Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Ora betonwerke proef Sept 2017

Artistia Food

Renosterberg lodge