ditsem website banner no 1 2017

Glybanier

-►Diepste vernedering van Springbokrugby nog vierkantig gelê voor diskriminerende kwotas van mislukte ANC-regering -►Taxi-oorlog: Vierderangse korrupte taxiverenigings kan nie kompeteer met eerstewêreld Uber-taxidiens -►“The US has great strength and patience, but if it is forced to defend itself or its allies, we will have no choice but to totally destroy North Korea.” – pres. Donald Trump voor VN Algemene vergadering -►HTS Louis Botha, Bloemfontein: Verkragting van 14-jarige deur drie skoolseuns – nog geen skorsing -►Korrupsie kos SA jaarliks minstens R27 Miljard en 76 000 werksgeleenthede – Min. Van Ekonomiese Ontwikkeling Ebrahim Patel

Bloemfontein is duidelik besig om in chaos te verval vanweë, eerstens, korrupte en rassistiese bestuur van die Mangaung Metroraad o.l.v. burgemeester Olly Mlamleli. Dit blyk dat personeelaanstellings in die munisipaliteit baantjies vir boeties behels en dat die SA Munisipale Werkersunie (SAMWU) so erg gewelddadig daarteen betoog dat die Glaspaleis geplunder word en dienslewering in groot dele van die stad so ontwrig word, dat dit tot stilstand gekom het. Raadsvergaderings is wanordelik en chaoties. Tweedens, is die metro munisipaliteit skynbaar tegnies bankrot, met leweransiers wat nie betaal word nie en hul dienste opgeskort het. Die munisipaliteit lewer self feitlik geen dienste meer nie en maak grotendeels van verskillende tipes kontrakteurs gebruik. Derdens, is daar klaarblyklik geen einde aan die SAMWU staking nie en is as gevolg daarvan infrastruktuur in die stad, soos straatherstel, sypaadjies, straatbeligting, aanwysingsborde, ens. besig om teen 'n spoed te verval. Hierdie ontwrigtings en verval het reeds oorgespoel na hoofsaaklik gegoede woonbuurte in die stad, soos Dan Pienaar, Heuwelsig, Langenhovenpark, ens. Die groot ironie van die hele situasie is dat die voormalige blanke woonbuurte van die stad vanaf Fleurdal, Uitsig, Fichardtpark, tot by Universitas, Westdene, Dan Pienaar, Langenhovenpark, Heuwelsig, Heliconhoogte, ens. feitlik uitsluitlik DA en in mindere mate VF Plus is, terwyl Batho en swart woongebiede van Bloemfontein, asook die swart massawoongebiede van Botshabelo en Thaba Nchu, feitlik uitsluitlik ANC en in mindere mate EFF is en dat dit is waar die ANC sy oorwig setels kry om die metroraad te regeer. Dit is ook uit hierdie DA-verteenwoordigde gebiede waar die metroraad grotendeels sy belastinginkomste trek.

Gradeer die artikel
(1 Vote)

1 comment

  • COBUS BOTHA - Donderdag, 15 Junie 2017

    EK BLY IN BFN. EN ONDERVIND DIT DAAGLIKS. IS DIT NIE TYD DAT DIE BESWAARDES OPSTAAN VIR HULLE REGTE NIE

    Report

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Ora betonwerke proef Sept 2017

Artistia Food

Renosterberg lodge