Orastad 2

Glybanier

-►Gruwelike en Godskreiende rassistiese dubbele standaarde -►Plaasmoorde is terreur en nie bloot misdaad nie – AfriForum -►Opstand teen plaasterreur: Landswye vloedgolf -►Dave Miller vinnigste 100tal in T20 krieket – vanaf net 35 balle -►WP Curriebekerkampioene 2017 – steeds die beste SA rugbyreeks -►Nuwe boek “The President’s Keepers” onthul Zuma as “gangster” -►Groot vragmotor ploeg in Swart Maandag-optog in

ANN7 en The New Age deur Mzwanele Manyi gekoop

Opslae is veroorsaak deur die nuus dat die TV kanaal ANN7 op DStv 405 en die koerant The New Age deur die maatskappy Lodidox van die omstrede Mzwanele Manyi gekoop is. Dit blyk egter dat “koop” nie die korrekte term is nie, aangesien die Gupta-familie as die verkopers die finansiering aan Manyi verskaf het om sg. die twee media te kan oorneem. Die transaksie het onmiddellik kras kritiek uit verskeie oorde ontlok en was bv. opposisiepartye en die Save SA-veldtog eenstemmig dat die sg. aankoop van die “propagandamasjinerie” van die Guptas niks anders is as “oëverblindery” en 'n “blatante front” nie. Albei hierdie media is berug vir die stroom anti-blanke retoriek wat dit voortdurend uitblaas en vir verbete pro-Zuma standpunte, terwyl Manyi bekend is as een van die voorste anti-blanke propagandiste in die land.
Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Ora betonwerke proef Sept 2017

Artistia Food

Renosterberg lodge