Orastad 2

Glybanier

-►Gruwelike en Godskreiende rassistiese dubbele standaarde -►Plaasmoorde is terreur en nie bloot misdaad nie – AfriForum -►Opstand teen plaasterreur: Landswye vloedgolf -►Dave Miller vinnigste 100tal in T20 krieket – vanaf net 35 balle -►WP Curriebekerkampioene 2017 – steeds die beste SA rugbyreeks -►Nuwe boek “The President’s Keepers” onthul Zuma as “gangster” -►Groot vragmotor ploeg in Swart Maandag-optog in

ANC al meer verwoede binnegevegte

Die ANC raak al meer verskeurd in verwoede binnegevegte, met die jongste dat die Natalse hooggeregshof beslis het dat die ANC- leiersverkiesing in KZN in 2015 onreëlmatig was en dat die huidige provinsiale leierskap onder voorsitter Sihle Zikakalala onwettig is. Dit is van groot betekenis in die verbete presidensiële opvolgstryd tussen pres. Jacob Zuma en adjunk-pres. Cyril Ramaphosa, met Senzo Mchunu wat Ramaphosa steun en sy opponent Zikakalala wat in die Zuma-kamp is.

Afgesien van ANC-LPs wat openlik afvallig is en Zuma onttroon wil sien, is ANC-voorbokke Jeff Radebe, Lindiwe Sisulu, Matthews Posa en Baleka Mbete ook kandidate in die presidensiële wedloop, benewens natuurlik Nkosazana Dlamini-Zuma. Daarby is leierskorpse in ander provinsies erg verdeeld, met die Wes-Kaap, Oos-Kaap en Noord-Kaap blykbaar pro-Ramaphosa. In die Vrystaat is ook 'n verlammende tweestryd tussen premier Ace Magashule en sy adjunk-voorsitter Thabo Manyoni.

Voorts het die huidige president van die ANC Vroueliga Bathabile Dlamini erg gebots met haar voorganger Angie Motshekga, Minister van Basiese Onderwys. Die Minister van Hoër Onderwys Blade Nzimande is 'n fel kritikus van Jacob Zuma.

Politieke sluipmoorde binne ANC-geledere is al meer aan die orde van die dag, veral in KZN, terwyl die erns van die tweespalt blyk uit die jongste berigte dat volgens Adjunk-minister Bheki Cele pres. Zuma beplan om adjunk-pres. Ramaphosa in die pad te steek en te vervang met sy voorkeur-opvolger en eks-vrou NDZ.

Op hierdie stadium kan nie gesien word hoe die versplintering in ANC-geledere ooit weer geheel gaan word nie. Dit gaan tans onverbiddelik oor wie gaan wen en die mag verkry, met die verloorders wat duidelik nie 'n neerlaag gaan aanvaar nie en hul eie agenda gaan implementeer, al lei dit selfs tot anargie.

Met hierdie binnegevegte binne die regerende organisasie is die land inderdaad op 'n kruitvat, wat egter, indien dit ontplof, veel meer positiewe as negatiewe gevolge kan hê.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Ora betonwerke proef Sept 2017

Artistia Food

Renosterberg lodge