Orastad 2

Glybanier

-►Gruwelike en Godskreiende rassistiese dubbele standaarde -►Plaasmoorde is terreur en nie bloot misdaad nie – AfriForum -►Opstand teen plaasterreur: Landswye vloedgolf -►Dave Miller vinnigste 100tal in T20 krieket – vanaf net 35 balle -►WP Curriebekerkampioene 2017 – steeds die beste SA rugbyreeks -►Nuwe boek “The President’s Keepers” onthul Zuma as “gangster” -►Groot vragmotor ploeg in Swart Maandag-optog in

Wydverspreide bedenkinge word in politieke en mediakringe geopper oor die wat die werklike bedoeling van Minister van Finansies Malusi Gigaba kan wees met die R1,87 triljard wat deur die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) as pensioenfondse in trust gehou word. Die bedenkinge spruit uit die forensiese ondersoek wat Gigaba namens die Tesourie pas aangevra het na die bestuursake van die OBK en spesifiek die gedrag van die hoofuitvoerende beampte dr. Dan Matjila.

Die bedenkinge is veral n.a.v. die beweerde onreëlmatighede van die uitvoerende hoof van die OBK, dr. Dan Matjila, as sou hy 'n onreëlmatige lening van R100 miljoen vir Mosambiek goedgekeur het, asook 'n guns wat hy na bewering vir 'n “romantiese kontak” laat toekom het. Dit is bekend dat Matjila vroeër 'n versoek van Gigaba geweier het om fondse uit die OBK vir die sinkende SAL toe te staan.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Ora betonwerke proef Sept 2017

Artistia Food

Renosterberg lodge