ditsem website banner no 1 2017

-►Gesoek vir aanranding in SA – Grace Mugabe -►Zim-boere begin internasionale eiseproses oor hul gesteelde grond -►Pierre Spies groet rugby – wil werk vir minderbevoorregtes -►All Blacks legende Colin “Pinetree” Meads sterf op 81 -►Toestande in blanke plakkerskamp by Munsieville, Krugersdorp, uiters haglik -►Steve Hofmeyr sing Die Stem nogmaals in Bloem

Rassediskriminasie (26)

In 'n mediaverklaring sê die VF Plus: “Al is daar bewyse dat Bell Pottinger narratiewe soos ‘wit monopolie-kapitaal’ (WMK) geskep het en selfs daaroor om verskoning gevra het, misbruik die ANC dit nogtans om wittes die skuld te gee vir die ekonomiese krisis in die land en die skade wat aangerig word weens regstellende aksie (RA) en swart ekonomiese bemagtiging (SEB). Terwyl swartmense lank reeds deur RA en SEB bevoordeel word ten koste van wittes, het die woord wit monopolie-kapitaal nou ongelukkig ʼn populistiese narratief geword.

“Die oogmerk hiermee was om verdeling te skep om te verseker dat persone en faksies in die ANC in beheer bly van die magshefbome om toegang tot die staatsbeursie te verkry en om die aandag af te lei van die staatstroping. Dit rig enorme skade aan, nie net wat rasseverhoudinge in die land aanbetref nie, maar dit stuur ook ʼn negatiewe boodskap aan enige voornemende wit belegger in Suid-Afrika.”

Ongelooflike haatspraak teen blankes

Die haatspraak teen blankes in die land wat tans ongebreideld uitstroom, is eenvoudig verstommend. Dit kom veral uit drie bronne:

  • Eerstens, is dit letterlik moord waarmee die Black First Land First (BFLF)-beweging met hul leier Andile Mngxitama wegkom. Volgens hulle het blankes geen reg om in SA te wees nie en moet hulle so spoedig moontlik “verwyder” word. Blankes mag ook geen eiendom besit nie. Om 'n idee te kry van hul bose retoriek en optredes, volg hierdie skakel.
  • Kanaal 405 van die Gupta-beheerde ANN7 kanaal DStv. Alles wat hulle sê en wys is gemik op aftakeling van blankes en is hulle verslaaf aan terminologie soos “white monopoly capital” en “radical economic transformation”. Hul programme, waarop “spokespersons” soos gediskrediteerde blanke haters soos... Mzwanele Manyi en Carl Niehaus tot vervelens aangehaal word, is om van te stik vanweë feitelike leuens en bevooroordeeldheid.
  • Pres. Zuma self. Hy laat nie 'n geleentheid verbygaan om “apartheid” die skuld te gee vir alles wat verkeerd is nie, terwyl hy pleit vir verbreking van “blanke houvas” op die ekonomie en op grondbesit. Sy “Bring-my-masjiengeweer” strydlied is 'n treffer in swart radikale geledere.

As Afrikaners is ons dik vir hierdie verguising en sê dit is tyd om op te staan, hierdie veroordelings te verwerp en ons trots te verklaar op ons Afrikanerskap en ons erfenis in hierdie land. Ons sê ook kla die BFLF krimineel aan, sluit kanaal 405 en kry Zuma onmiddellik uit die staatspresidentsamp.

Media

Die eerste internasionale konferensie ooit oor landelike misdaad word op 27 September 2017 in Centurion deur die georganiseerde landbou en Unisa aangebied, met die tema Die uitdagings van landelike misdaad wat die landbousektor affekteer. Volgens 'n mediaverklaring het plaasmoorde en -aanvalle, sowel as algemene misdaadvlakke in landelike gebiede in so ‘n drukkende probleem ontaard dat ‘n internasionale konferensie daaroor noodsaaklik geword het.

Verskeie internasionale sprekers het hulself reeds verbind om referate by die konferensie te lewer, soos dr. Joseph Donnemeyer, professor aan die Ohio Staatsuniversiteit, dr. Elaine Barclay van die Universiteit van New England in Sydney en Emmanuel Bunei van die Mount Kenya Universiteit in Kenia. “Almal wat navorsing, ondersoeke of wetenskaplike werk doen oor enige faset van landelike misdaad word genooi om hulle kennis, navorsing, bevindings of praktiese ervarings rondom aspekte van landelike misdaad word genooi om ‘n bydrae te maak,” aldus die mediaverklaring.

Vir meer inligting, kontak Willie Clack by 082 574 2653 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.">Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

Nog ingrypende wetgewing om swart ekonomiese bemagtiging (SEB) ekstreem te bevorder en blankes al meer uit die ekonomiese hoofstroom te boender, is ingestel met die afkondiging in die Staatskoerant van die sg. Amended Property Sector Code oftewel Gewysigde Eiendomsektorkode. Dit is van toepassing op alle kommersiële aktiwiteite in die residensiële en kommersiële kodes van die eiendomsektor, sowel as op die waardeketting wat insluit eiendomsontwikkeling, eiendomsdienste, eiendomsfasiliteite, en –bestuur, makelary, waardasies, eiendomsagente en ander verbandhoudende professionele dienste.

As sulks het dit betrekking op die SA eiendomsektor met die beraamde astronomiese waarde van R5,8triljard en dek kommersiële, residensiële, staats- en gesoneerde vaste eiendom. Hiervoor word in die nuwe wetgewing, afgekondig deur Minister van Handel en Nywerheid Rob Davies SEB-teikens gestel: 10% van alle jaarlikse beleggings vir ontwikkeling of herontwikkeling, 27% vir eiendomseienaarskap plus nog meer gedetailleerde teikens.

Vir meer besonderhede oor hierdie nuwe wetgewing, volg hierdie twee skakels:

http://www.thedti.gov.za/gazzettes/40910.pdf

http://www.thedti.gov.za/gazzettes/40941.pdf

Nog ingrypende wetgewing om swart ekonomiese bemagtiging (SEB) ekstreem te bevorder en blankes al meer uit die ekonomiese hoofstroom te boender, is ingestel met die afkondiging in die Staatskoerant van die sg. Amended Property Sector Code oftewel Gewysigde Eiendomsektorkode. Dit is van toepassing op alle kommersiële aktiwiteite in die residensiële en kommersiële kodes van die eiendomsektor, sowel as op die waardeketting wat insluit eiendomsontwikkeling, eiendomsdienste, eiendomsfasiliteite, en –bestuur, makelary, waardasies, eiendomsagente en ander verbandhoudende professionele dienste. As sulks het dit betrekking op die SA eiendomsektor met die beraamde astronomiese waarde van R5,8triljard en dek kommersiële, residensiële, staats- en gesoneerde vaste eiendom. Hiervoor word in die nuwe wetgewing, afgekondig deur Minister van Handel en Nywerheid Rob Davies SEB-teikens gestel: 10% van alle jaarlikse beleggings vir ontwikkeling of herontwikkeling, 27% vir eiendomseienaarskap plus nog meer gedetailleerde teikens. Vir meer besonderhede oor hierdie nuwe wetgewing, volg hierdie twee skakels: http://www.thedti.gov.za/gazzettes/40910.pdf http://www.thedti.gov.za/gazzettes/40941.pdf

Die SA Institute of Black Property Practitioners (SAIBPP), wat ten doel het sg. transformasie in SA eiendomsmark haal interessante syfers aan in 'n mediavrystelling. Hoe betroubaar die syfers is, is nie seker nie, maar hulle sê dat die vaste eiendomsmark in die land beloop 'n beraamde waarde van R5,8 triljard, maar dat hiervan minder as 10% beheer word deur beleggingstrusts (REITs) onder swart beheer. Hulle sê voorts die totale landoppervlakte van die land beslaan 123 miljoen ha, maar dat in 2013 slegs 7,95 miljoen ha na swart mense oorgedra is. 47% van hierdie grondoppervlakte is in privaatbesit van nie-swart eienaars teenoor 22% in die hande van swart eienaars, insluitende gemeenskaplike en private eienaarskap. 21% is in die hande van die staat.
Die SAPD Noord-Kaap het die direktief van 2016, dat alle verklarings in die provinsie slegs in Engels afgelê mag word, herroep. Dit volg op druk deur Solidariteit en Pasat, wat gedreig het om die saak na die hooggeregshof te neem.
Die ware betekenis van SEB kan ons nie beter saamvat as in de volgende aanhaling van Adrian Rogers, in lewe 'n gesiene Amerkaanse pastoor: "You cannot legislate the poor into prosperity, by legislating the wealthy out of prosperity. What one person receives without working for, another person must work for without receiving. The government cannot give to anybody anything that the government does not first take from somebody else. When half of the people get the idea that they do not have to work, because the other half is going to take care of them and when the other half gets the idea that it does no good to work, because somebody else is going to get what they work for, that, my dear friend, is the beginning of the end of any nation. You cannot multiply wealth by dividing it."
Volgens nuwe regulasies pas afgekondig deur Minister van Handel en Nywerheid Rob Davies in die Staatskoerant van 9 Junie 2017 word die vereistes vir swart ekonomiese bemagtiging (SEB) aansienlik uitgebrei en word die drempel van besighede en transaksies wat vir SEB moet registreer, drasties verlaag vanaf R100 miljoen tot R25 miljoen. Ook moet alle sg. breë-gebaseerde swart ekonomiese bemagtigingstransaksies binne 15 dae geregistreer word met volle opgawe van detail. Die regulasies is ook met terugwerkende krag, terwyl swaarder strawwe voorgeskryf word vir oortredings. Die nuwe regulasies tesame met ander verwante wetgewing maak dit al hoe moeiliker vir blanke sakelui om besigheid te doen sonder SEB en dit aan die hand van 'n ingewikkelde telkaart. Die nuwe regulasies is verwelkom deur die sg. Broad-Based Black Economic Empowerment Commission (B-BBEE Commission). Sakelui word aangeraai om hulself op hoogte te stel van die nuwe regulasies – vir meer besonderhede, gaan na https://bbbeecommission.co.za/wp-content/uploads/2017/06/Explanatory-Notice-1-of-2017-B-BBEE-Transactions-Registration.-13-June-2017.pdf

Die burgemeester van die Mangaung Metro Munisipaliteit Olly Mlamleli (vroulik) het tydens 'n begrotingsdebat in die metroraad gesê: “Our budget is for the poor and you are black because you are poor and poor because you are black. White people are white because they are cheaters and cheaters because they are white. White people are also rich because they are white. White people have stolen the land of black people.” Die DA het daarop aangedring dat Mlamleli haar stelling terugtrek en het haar 'n “rassis” genoem, waarop sy aanvanklik geweier het om terug te trek, maar dit wel later op aandrang van die speaker gedoen het, hoewel nie in soveel woorde nie. Inmiddels het AfriForum vir Mlamleli by die MRK aangekla vir rassisme en haatspraak.

Bladsy 1 van 2

Barnard Bouers

wow kitsblits