ditsem website banner no 1 2017

Glybanier

-►Ditsem Nuus webwerf www.ditsem.net handhaaf tans sowat 21 000 besoekers per maand -►Matjila van OBK sê nou SAA mag moontlik geld leen -►Beweerde renosterstroper David Mahlobo nou Minister van Energie -►Internasionale besoekers aan Kaapstad groei 27% in eerste semester 2017 -►Adj-pres. Ramaphosa blykbaar moontlik volgende vir Zuma-valbyl

15 Oktober is wêreldwyd gevier as Handwasdag en waartydens die fokus spesifiek geval het op die higiëniese voordele van gereeld hande was. In SA word die veldtog in hierdie verband deur die Waternavorsingskommissie (WNK) gedryf.

In 'n mediaverklaring wys die WNK daarop dat daar skadelike sowel as skadelose bakterieë oral aanwesig is en 'n belangrike manier om inname van skadelike bakterieë te voorkom, is om gereeld hande te was. 'n Mens, veral kinders, kom daagliks in ontelbare situasies waar skadelike bakterieë aan die hande kom en die beste wyse om inname deur die mond of selfs infeksies van die oë, neus en ore te voorkom, is om gereeld hande te was.

Dit is 'n eenvoudige konsep, maar noodsaaklik vir die bevordering van gesondheid en die voorkoming van siektetoestande. Mense word aangemoedig om logies met die onderwerp om te gaan en veral te sorg dat nadat hulle geld gehanteer het of in openbare plekke was wat as “vuil” geklassifiseer kan word, hul hande te was. Dit geld veral voordat geëet word, maar ook voordat in die bed gekruip word of ander menslike interaksies uitgevoer word.

Navorsing het getoon dat meer as 80% van kinders verlede jaar 'n professionele gesondheidskundige besoek het a.g.v.'n gewone infeksie, iets wat andersins deur verstandige higiëne voorkom kon gewees het. Voorts het navorsing aan die lig gebring dat daagliks meer as 2 000 kinders wêreldwyd aan diarree sterf, terwyl bereken word dat gereelde hande was ‘n miljoen sterftes per jaar wêreldwyd kan voorkom.

Vir meer besonderhede en goeie wenke, besoek www.wrc.org.za.

Die wat bestempel word as die grootste kunsmuseum ter wêreld, is pas in die V&A Waterfront in Kaapstad geopen, met die tema Kuns van Afrika en sy diaspora. Dit staan bekend as die Zeitz Museum of Contemporary Art Africa en het tot stand gekom met die omskepping van 100 jaaroue konkreet graansilo in 'n ultramoderne museum teen 'n koste van sowat R500 miljoen.

Die museum beskik oor 6 000 m2 vertoonruimte, 100 galerye, 'n daktuin, 'n boekwinkel en 'n restaurant met kroeg. Persone onder 18 het gratis toegang tot die museum dwarsdeur die jaar.

Soos die afgelope ses jaar, beplan Ditsem Nuus om vir vanjaar weer ‘n Kalender van Geloftefeeste op te stel van waar dit ookal in die wêreld gehou word. Deur die jare het die Kalender, met sy basiese programbesonderhede en kontakdetail, gegroei tot ‘n projek wat inslag vind onder Afrikaners en uitstekend ondersteun word. In 2013 is in die Kalender 109 Geloftefeeste landswyd gelys, in 2014 is 125 Geloftefeeste gelys (waarvan een te London en een te Christchurch), in 2015 is 139 Geloftefeeste gepubliseer en verlede jaar 150 Geloftefeeste.

Hiermee die skakel na die volledige 2016 Geloftefeeskalender. Die Kalender verskyn ook op die Facebook-blad wat vir die Geloftefees geskep is, asook op www.ditsem.net.

Die ervaring het getoon dat die Geloftefeeskalender tasbaar bydra om Afrikaners opnuut bewus te maak van die Gelofte en die nakoming daarvan, asook om hulle aan te moedig om 'n Geloftefees naby hulle by te woon. Die Geloftefeeskalender vir vanjaar sal DV in die gedrukte formaat van die Desember 2017 uitgawe van Ditsem Nuus gepubliseer word, asook in die aanlyn weergawe van die koerant, terwyl, soos in die verlede. interaktiewe skakels na die Kalender weer geplaas word op al die aanlynforums van Ditsem Nuus.

Indien kennis gedra word van ’n Geloftefees wat moontlik nog nie in die Kalender opgeneem is nie, kan die basiese besonderhede deurgegee word aan Retha by Ditsem Nuus by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of 081 719 9390.

Ten einde die publikasiekoste van die Kalender te help dra, verwelkom Ditsem Nuus borgskappe van welwillende instansies of persone – enige iets van R500 tot R7 000 vir ’n volblad. Erkenning word in die Kalender aan borge gegee met logo en kontakbesonderhede, soos gesien kan word in die 2016 Kalender, terwyl ‘n elektroniese kopie van die Kalender ook voorsien word aan borge vir gebruik en verspreiding na goeddunke. Die kontakbesonderhede vir borgskappe is dieselfde as hierbo genoem.

Volgens die jongste verslag van die Internasionale Energie-agentskap (IEA) is sonkrag die energiebron wat wêreldwyd die vinnigste groei – van die 165 GW hernubare energie wat in 2016 opgewek is, was ongeveer die helfte van die projekte met sonpanele toegerus, wat sowat 74 GW opgewek het. Meer as die helfte van laasgenoemde syfer is in China opgewek.

Tussen 2011 en 2016 het China sy kapasiteit vir hernubare energie met 318 GW vergroot. Daarenteen wek Afrika en die Midde-Ooste veel minder hernubare energie op – tussen 2011 en 2016 is kapasiteit met slegs 16 GW vergroot, maar daar word verwag dat in die volgende ses jaar sowat 37 GW meer bygevoeg gaan word. Denemarke sal na verwagting teen 2022 die markleier wees met bykans 70% van sy energie wat van hernubare bronne gaan kom.

By die onlangse Gauteng Infrastruktuur Beleggingskonferensie het premier David Makhura gesê die provinsie kort R1,8 triljard om sy infrastruktuur op te gradeer na die standaard waarop dit behoort te wees. Vir sowat 412 infrastruktuur projekte wat oor die volgende 15 jaar vir Gauteng beplan word, word R1,6 triljard benodig, terwyl nog R2 miljard deur die provinsiale regering benodig word.

Makhura het daarop gewys dat Gauteng sowat 35% bydra tot die BNP en volgens hom behoort Gauteng die leiding te neem vir die algemene ekonomiese herstel van SA.

Die Industrial Development Corporation (IDC) het bekendgemaak dat sy portefeulje vir goedgekeurde befondsing van projekte vanjaar die rekordbedrag van R15,3 miljard beloop. Daarby is die IDC op koers om sy portefeulje by 2020 na R100 miljard te vergroot.

Baie van die IDC projekte is in die hernubare energiesektor. Die IDC het in die jongste finansiële jaar 'n wins van R2,2 miljard getoon – heelwat beter as die R223 miljoen vir die vorige finansiële jaar.

Voorts het die IDC 83 transaksies ten totale bedrag van R4,7 miljard vir swart nyweraars uitbetaal – 'n 63% styging op die syfer vir die vorige jaar. Die teikenbedrag vir SEB in 2018 is R7,4 miljard.

Honderde ontstelde Transnet-pensioenarisse het verlede Woensdag op Kerkplein in Pretoria bymekaargekom en meer inligting geëis oor hul hofsaak teen Transnet en om uit te vind wat deur die Parlement gedoen word om hul haglike finansiële situasie te beredder. Die byeenkoms is toegespreek deur adv. Anton Alberts, Parlementêre woordvoerder van die VF Plus oor Vervoer en het gesê dat nie Transnet of die regering enige simpatie met die pensioenarisse het nie, ondanks tekens van ʼn skikkingsooreenkoms.

Vroeër het die Parlement ná openbare verhore opdrag gegee dat die twee fondse, nl. die Transnet Tweede Vastevoordeel Fonds (TTVVF) en die Transnet Pensioenfonds (TPF) met die bedrag van R1,9 miljard aangevul moet word ten einde te verseker dat verhogings en bonusse aan die verarmde Transnet-pensioenarisse betaal kan word. Die totale bedrag betrokke kan tot R3,2 miljard beloop.

Sedertdien het dit die afgelope naweek aan die lig gekom dat die Gupta maatskappye Regiments Capital en Trillian alreeds op 'n manier geskep het uit die Transnet pensioenfondse – 'n totale bedrag op hierdie stadium van sowat R500 miljoen word genoem.

Vir meer besonderhede kan Alberts gekontak word by 082 391 3117 of 065 801 7216.

Wydverspreide bedenkinge word in politieke en mediakringe geopper oor die wat die werklike bedoeling van Minister van Finansies Malusi Gigaba kan wees met die R1,87 triljard wat deur die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) as pensioenfondse in trust gehou word. Die bedenkinge spruit uit die forensiese ondersoek wat Gigaba namens die Tesourie pas aangevra het na die bestuursake van die OBK en spesifiek die gedrag van die hoofuitvoerende beampte dr. Dan Matjila.

Die bedenkinge is veral n.a.v. die beweerde onreëlmatighede van die uitvoerende hoof van die OBK, dr. Dan Matjila, as sou hy 'n onreëlmatige lening van R100 miljoen vir Mosambiek goedgekeur het, asook 'n guns wat hy na bewering vir 'n “romantiese kontak” laat toekom het. Dit is bekend dat Matjila vroeër 'n versoek van Gigaba geweier het om fondse uit die OBK vir die sinkende SAL toe te staan.

In 'n mediaverklaring wys die DA daarop dat jaarverslae wat nasionale departemente tot dusver by die Parlement ingedien het vir die 2016/17 finansiële jaar toon dat in totaal R51,1 miljard vermors is a.g.v. onreëlmatige, vrugtelose en verkwiste uitgawes. Hierin was staatsentiteite die grootste sondebokke met 'n bydrae van sowat R36 miljard oftewel 70% van die totaal.

Ten tye van die mediaverklaring was die jaarverslae van die Departemente van Omgewingsake, van Verdediging en van Staatsveiligheid nog nie ontvang nie, asook dié van SARS, SA Lugdiens, SA Express, Sanral en Prasa. Dit kan dus die totaal vermorste uitgawes nog aansienlik opjaag.

Dit is dus 'n ontsaglike bedrag aan belastingbetalergeld wat jaarliks deur die staat vermors word en verteenwoordig dit as sulks 'n reusehap uit die nasionale begroting.

Nog net een verdagte is in hegtenis geneem na die aanval van 'n groep betogende jeugdiges Maandagnag verlede week op 'n luukse Greyhound toerbus met 46 passasiers en bagasiewa tussen Welkom en Allanridge. In die voorval is die bus tot stilstand gedwing, die passasiers aangerand en beroof en toe die bus en wa aan die brand gesteek dat dit uitgebrand het. Gelukkig kon die passasiers die bus betyds ontruim, maar baie is beseer, hoewel daar geen ongevalle was nie.

Welkom, soos die res van die Vrystaatse Goudvelde, is in die slegste sosio-ekonomiese toestand in sy geskiedenis, met die Matjhabeng Munisipaliteit wat bankrot is en alle infrastruktuur vervalle is. Werkloosheid vier hoogty.

Die betrokke nag moes die bus om 23:00 noodgedwonge weens groot klippe in die pad stilhou en is dit toe deur sowat 300 jillende jeugdiges met klippe toegetakel. Die deure van die dubbeldekker bus is oopgeruk en die passasiers op die onderste vlak eerste aangeval. Selfone, beursies geld, baadjies, handbagasie en padkos is met geweld by passasiers afgeneem. Passasiers is geslaan en geskop en selfs van hul skoene beroof.

Die passasiers was angsbevange, maar genadiglik het hulle met hul lewens daarvan afgekom. Die bagasiewa is met pikke en grawe oopgebreek en die bagasie gesteel, voordat die twee voertuie met 'n petrolbom aan die brand gesteek is.

Die getraumatiseerde passasiers is daarna met verskillende geleenthede na hul bestemmings geneem. Oorsee sou die aanval as terroristies van aard beskryf gewees het, maar in SA word dit as net nog 'n roof afgemaak.

Inmiddels is Welkom feitlik in 'n staat van beleg, met bykans alle toevoerroetes na die stad wat deur oproeriges geblokkeer word, soos bv. die paaie na Odendaalsrus-Allanridge-Bothaville, na Theunissen en na Kroonstad. Die plofbare situasie ontvang opvallend min mediadekking.

Dit is wat die Appèlhof in Bloemfontein verlede Vrydag in essensie gesê het met die uitspraak in die negejaarlange hofstryd oor die 283 kriminele aanklagte teen pres. Jacob Zuma. Destyds het die Nasionale Vervolgingsgesag beslis dat daar nie gronde is om Zuma op die aanklagte teen hom te vervolg nie en is die saak laat vaar.

Die DA het egter vasgeskop en 'n hofaansoek gebring dat die beslissing herroep moet word. Dit het tot die uitgerekte hofstryd gelei, met Zuma en sy regsverteenwoordigers wat elke regsvertragende truuk in die boek gebruik het in 'n poging om die saak te laat skipbreuk lei.

In 2016 het die Noord-Gautengse hooggeregshof egter bevind dat die 2008-beslissing ongegrond was en het beveel dat die aanklagte teen Zuma in verhoor moet gaan. Zuma het teen hierdie uitspraak geappèlleer, maar nou het die Appèlhof in Bloemfontein die appèl verwerp en beveel dat die 283 aanklagte verhoor moet word.

Dit is 'n oorwinning vir die oppergesag van die reg in SA, vir reg en geregtigheid en vir die DA. Dit is egter 'n tragedie dat Zuma die nege jaar misbruik het om die land in die afgrond in te mislei en om SA in staatskaping uit te verkoop aan buitelandse skurke soos nog nooit tevore in die geskiedenis nie. Daarby kom sowat R30 miljoen onnodige regskoste wat die saak die belastingbetaler tot dusver gekos het.

Inmiddels het die voormalige korrupte sakevennoot van Zuma en veroordeelde Schabir Shaik gesê hy is bereid om as staatsgetuie te getuig in die moontlike komende hofsaak teen Zuma en dat dit objektief en feitelik sal wees en nie om byltjies te slyp nie. Dit wil egter voorkom of die NVG onder adv. Shaun Abrahams regstegniese redes opper waarom vervolging teen Zuma nie summier ingestel kan word nie. Aan die ander kant het adv. Gerrie Nel van AfriForum Regsdienste aangedui dat private vervolging van Zuma beoog word indien die NVG nie bevredigend optree nie.

In wat na raming die 4 001ste plaasaanval in Suid-Afrika is sedert 1994, is mnr. IW van der Merwe op sy plaas in die distrik Ceres in die Koue Bokkeveld aangeval en 20 keer met 'n mes gesteek, sy hare afgeknip, 'n plastieksak oor sy kop getrek, sy hande en voete met kabelbinders vasgemaak en hom vir dood gelos. Hy het wonderbaarlik oorleef, maar is in 'n ernstige toestand in die hospitaal opgeneem.

Die vermoede bestaan dat Van der Merwe deur ʼn groep seisoenale werkers van Lesotho aangeval is en dat hulle na die aanval gevlug het. Die Polisie is nog besig met opsporing en ondersoek.

Sedertdien die afgelope naweek is 'n 69-jarige boer naby Vyfhoek in die Potchefstroom distrik Vrydagnag in 'n worsteling met aanvallers met 'n haelgeweer in die bors doodgeskiet, terwyl dieselfde nag die pa van twee dogtertjies in sy plaashuis naby Philadelphia, noordoos van Melkbosstrand in die Wes-Kaap deur vier aanvallers doodgeskiet is. Ten tye van die uitgawe van hierdie nuusbrief was die name van die slagoffers nog nie bekend nie.

Inmiddels het Minister van Polisie Fikile Mbalula gesê die huidige stappe om boere op plase te beskerm, is voldoende en dat geen spesialiseenhede vir landelike beveiliging beplan word nie.

Bladsy 1 van 35

Ora betonwerke proef Sept 2017

Artistia Food

Renosterberg lodge