ditsem website banner no 1 2017

Glybanier

-►Ditsem Nuus webwerf www.ditsem.net handhaaf tans sowat 21 000 besoekers per maand -►Matjila van OBK sê nou SAA mag moontlik geld leen -►Beweerde renosterstroper David Mahlobo nou Minister van Energie -►Internasionale besoekers aan Kaapstad groei 27% in eerste semester 2017 -►Adj-pres. Ramaphosa blykbaar moontlik volgende vir Zuma-valbyl

15 Oktober is wêreldwyd gevier as Handwasdag en waartydens die fokus spesifiek geval het op die higiëniese voordele van gereeld hande was. In SA word die veldtog in hierdie verband deur die Waternavorsingskommissie (WNK) gedryf.

In 'n mediaverklaring wys die WNK daarop dat daar skadelike sowel as skadelose bakterieë oral aanwesig is en 'n belangrike manier om inname van skadelike bakterieë te voorkom, is om gereeld hande te was. 'n Mens, veral kinders, kom daagliks in ontelbare situasies waar skadelike bakterieë aan die hande kom en die beste wyse om inname deur die mond of selfs infeksies van die oë, neus en ore te voorkom, is om gereeld hande te was.

Dit is 'n eenvoudige konsep, maar noodsaaklik vir die bevordering van gesondheid en die voorkoming van siektetoestande. Mense word aangemoedig om logies met die onderwerp om te gaan en veral te sorg dat nadat hulle geld gehanteer het of in openbare plekke was wat as “vuil” geklassifiseer kan word, hul hande te was. Dit geld veral voordat geëet word, maar ook voordat in die bed gekruip word of ander menslike interaksies uitgevoer word.

Navorsing het getoon dat meer as 80% van kinders verlede jaar 'n professionele gesondheidskundige besoek het a.g.v.'n gewone infeksie, iets wat andersins deur verstandige higiëne voorkom kon gewees het. Voorts het navorsing aan die lig gebring dat daagliks meer as 2 000 kinders wêreldwyd aan diarree sterf, terwyl bereken word dat gereelde hande was ‘n miljoen sterftes per jaar wêreldwyd kan voorkom.

Vir meer besonderhede en goeie wenke, besoek www.wrc.org.za.

Die wat bestempel word as die grootste kunsmuseum ter wêreld, is pas in die V&A Waterfront in Kaapstad geopen, met die tema Kuns van Afrika en sy diaspora. Dit staan bekend as die Zeitz Museum of Contemporary Art Africa en het tot stand gekom met die omskepping van 100 jaaroue konkreet graansilo in 'n ultramoderne museum teen 'n koste van sowat R500 miljoen.

Die museum beskik oor 6 000 m2 vertoonruimte, 100 galerye, 'n daktuin, 'n boekwinkel en 'n restaurant met kroeg. Persone onder 18 het gratis toegang tot die museum dwarsdeur die jaar.

Soos die afgelope ses jaar, beplan Ditsem Nuus om vir vanjaar weer ‘n Kalender van Geloftefeeste op te stel van waar dit ookal in die wêreld gehou word. Deur die jare het die Kalender, met sy basiese programbesonderhede en kontakdetail, gegroei tot ‘n projek wat inslag vind onder Afrikaners en uitstekend ondersteun word. In 2013 is in die Kalender 109 Geloftefeeste landswyd gelys, in 2014 is 125 Geloftefeeste gelys (waarvan een te London en een te Christchurch), in 2015 is 139 Geloftefeeste gepubliseer en verlede jaar 150 Geloftefeeste.

Hiermee die skakel na die volledige 2016 Geloftefeeskalender. Die Kalender verskyn ook op die Facebook-blad wat vir die Geloftefees geskep is, asook op www.ditsem.net.

Die ervaring het getoon dat die Geloftefeeskalender tasbaar bydra om Afrikaners opnuut bewus te maak van die Gelofte en die nakoming daarvan, asook om hulle aan te moedig om 'n Geloftefees naby hulle by te woon. Die Geloftefeeskalender vir vanjaar sal DV in die gedrukte formaat van die Desember 2017 uitgawe van Ditsem Nuus gepubliseer word, asook in die aanlyn weergawe van die koerant, terwyl, soos in die verlede. interaktiewe skakels na die Kalender weer geplaas word op al die aanlynforums van Ditsem Nuus.

Indien kennis gedra word van ’n Geloftefees wat moontlik nog nie in die Kalender opgeneem is nie, kan die basiese besonderhede deurgegee word aan Retha by Ditsem Nuus by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of 081 719 9390.

Ten einde die publikasiekoste van die Kalender te help dra, verwelkom Ditsem Nuus borgskappe van welwillende instansies of persone – enige iets van R500 tot R7 000 vir ’n volblad. Erkenning word in die Kalender aan borge gegee met logo en kontakbesonderhede, soos gesien kan word in die 2016 Kalender, terwyl ‘n elektroniese kopie van die Kalender ook voorsien word aan borge vir gebruik en verspreiding na goeddunke. Die kontakbesonderhede vir borgskappe is dieselfde as hierbo genoem.

Volgens die jongste verslag van die Internasionale Energie-agentskap (IEA) is sonkrag die energiebron wat wêreldwyd die vinnigste groei – van die 165 GW hernubare energie wat in 2016 opgewek is, was ongeveer die helfte van die projekte met sonpanele toegerus, wat sowat 74 GW opgewek het. Meer as die helfte van laasgenoemde syfer is in China opgewek.

Tussen 2011 en 2016 het China sy kapasiteit vir hernubare energie met 318 GW vergroot. Daarenteen wek Afrika en die Midde-Ooste veel minder hernubare energie op – tussen 2011 en 2016 is kapasiteit met slegs 16 GW vergroot, maar daar word verwag dat in die volgende ses jaar sowat 37 GW meer bygevoeg gaan word. Denemarke sal na verwagting teen 2022 die markleier wees met bykans 70% van sy energie wat van hernubare bronne gaan kom.

By die onlangse Gauteng Infrastruktuur Beleggingskonferensie het premier David Makhura gesê die provinsie kort R1,8 triljard om sy infrastruktuur op te gradeer na die standaard waarop dit behoort te wees. Vir sowat 412 infrastruktuur projekte wat oor die volgende 15 jaar vir Gauteng beplan word, word R1,6 triljard benodig, terwyl nog R2 miljard deur die provinsiale regering benodig word.

Makhura het daarop gewys dat Gauteng sowat 35% bydra tot die BNP en volgens hom behoort Gauteng die leiding te neem vir die algemene ekonomiese herstel van SA.

Die Industrial Development Corporation (IDC) het bekendgemaak dat sy portefeulje vir goedgekeurde befondsing van projekte vanjaar die rekordbedrag van R15,3 miljard beloop. Daarby is die IDC op koers om sy portefeulje by 2020 na R100 miljard te vergroot.

Baie van die IDC projekte is in die hernubare energiesektor. Die IDC het in die jongste finansiële jaar 'n wins van R2,2 miljard getoon – heelwat beter as die R223 miljoen vir die vorige finansiële jaar.

Voorts het die IDC 83 transaksies ten totale bedrag van R4,7 miljard vir swart nyweraars uitbetaal – 'n 63% styging op die syfer vir die vorige jaar. Die teikenbedrag vir SEB in 2018 is R7,4 miljard.

Plaasaanvalle op blanke boere en hul gesinne gaan onverpoosd voort en hoewel presiese syfers nie beskikbaar is nie en moeilik beraambaar is, blyk dit uit deeglike navorsing wat Ditsem Nuus gedoen het dat daar sedert 1994 tot middel 2017 in totaal sowat 4 000 plaasaanvalle was, waarin 1 900 mense vermoor is, tallose lewenslank vermink is en slagoffers en naasbestaandes onbeskryflike trauma beleef het. Die ekonomiese verliese wat deur elke plaasmoord meegebring word, is enorm i.t.v. entrepreneur / werkgewer permanent verwyder, werksgeleenthede verlore, produktiewe ekonomiese eenheid ernstig benadeel of beëindig, verlies aan voedselproduksie, koopkrag negatief getref, e.s.m.

So kan dit nie aangaan nie. Dit is duidelik dat die ANC-regering en die SA Polisiediens nie die wil het om dit regtig te stop nie. Daar is geen geval dat 'n regeringsampsdraer na 'n boeregesin gegaan het en meegevoel en ondersteuning betoon het nie. Die laaste en enigste was waarskynlik Mosiou Lekota toe hy in die negentigerjare Vrystaatse premier was en die Van Vuuren-gesin in die Heilbron-distrik besoek het.

In 90%+ van gevalle is die aanvallers swartmense, met die res kleurlinge. In 90%+ gevalle is die slagoffers wit kommersiële boere, hul gesinne en in uitsonderlike gevalle hul werkers. Die uitermatige wreedheid en marteling waarmee die meeste gevalle gepaard gaan, is opvallend.

Ons sê die feite en statistieke wys veral vier aspekte uit:

  • Swart haat teenoor blank is die hoofmotivering vir die aanvalle.
  • Plaasaanvalle geskied met die stilswyende goedkeuring van die ANC-regering.
  • Plaasaanvalle, teen die agtergrond van onophoudelike haatspraak teen blankes in SA, neem eintlik die vorm aan van 'n onverklaarde burgeroorlog.
  • Plaasaanvalle in SA verteenwoordig ongelooflike dubbele standaarde in rassisme. Indien 'n blanke 'n swart of gekleurde persoon net skeef aankyk of beledig, word dit behandel as kriminele rassisme, maar t.o.v. die een na die ander swart op wit wreedaardige plaasaanvalle word die woord rassisme nie eens gefluister nie.

Daarom sê ons genoeg is genoeg. Ons beroep ons op die basiese rede vir staatsvorming: Die burgery verkies 'n owerheid en betaal aan hulle belastings om (a) hul lewens en eiendom te beskerm en (b) aan hulle bepaalde dienste te lewer, soos onderwys, regspraak, infrastruktuur, mediese geriewe, ens.

Dit word genoem “sosiale kontrak” tussen owerheid en burgery en indien die owerheid ernstig en aanhoudend in gebreke bly om sy kant te lewer, dan verval die sosiale kontrak. Wat dan oorbly, veral in die geval van lewe en eiendom, is dat mense geen keuse het as om die reg in eie hande te neem en self hul lewe en eiendom te beskerm nie. Die beveiliging van die lewe van jou naasbestaandes en jouself en jul regmatige eiendom, is die hoogste norm van sowel beskawing as oerwoud. Indien 'n regstaat dit nie vir jou waarborg nie, het jy die reg om die reg in jou eie hande te neem.

Word geluister na hedendaagse ANC- en ander radikale swart politieke retoriek, dan is die oorlogstromme besig om geslaan te word teen die blanke (lees Afrikaner/ Boer) in SA. As laasgenoemde dan wil oorleef en voortbestaan in sy geboorteland en vaderland, dan moet ag geslaan word op hierdie tromme en paslike stappe moet geneem word.

Ons sê paslike stappe sluit o.m. die volgende nege in:

  • Beveilig jou huis en plaas – en wat dit betref ook jou huis en perseel in die dorp of stad – maksimaal.
  • Hou 'n vuurwapen of meer byderhand en gebruik dit met spoed en vaardigheid om die lewens van jou mense, jouself en jou eiendom te beskerm voordat dit van jou ontneem kan word.
  • Werk aan die daarstelling van 'n atmosfeer en kultuur in SA waarin moorddadige aanvalle in huise en op plase geensins meer geduld word nie en waarin mense die reg opeis om hulself ten alle koste te beskerm – sonder bedreiging van inhegtenisname.
  • Sorg dat jy en jou naastes vaardig en paraat is in alle nodige vorme van selfverdediging.
  • Word deel van die plaaswagstelsel van georganiseerde landbou (AgriSA of TLU SA), of van 'n dorps- of stedelike buurtwagstelsel.
  • Ondersoek aansluiting en inskakeling by Projek Nehemia van AfriForum, in soverre dit vir jou voordelig mag wees.
  • Begin 'n gekoördineerde en doelgerigte veldtog van belastingweerhouding en betaal deel van jou belasting in 'n private veiligheidsfonds in, wat aanvullende diens tot die SAPD lewer, maar verseker terselfdertyd dat sodoende jy jou nie blootstel aan wettige kriminele vervolging nie.
  • Word deel van ‘n Witstrikkie-veldtog van mense wat oral wit strikkies dra as protes teen moorde en aanvalle op blankes deur swartes. Die witstrikkie kan gedra word op klere, voertuie, wonings, ens., terwyl nasionale sportspanne ook die veldtog behoort te steun.
  • Wees bedag op die nuutste uitstekende anti-geweldstegnologie beskikbaar – monitering op jou selfoon van jou perseel, geslotebaankameras, hommeltuigtegnologie, vroeë waarskuwingstelsels, ens. Sodanige tegnologie het heel bekostigbaar geword.

Laastens, volgens die Skrif is dit jou Christelike plig om jou lewe, dié van jou naasbestaandes en jou eiendom te beskerm. As 'n slaprug of verraderlike regering dit nie doen nie, het jy die verpligting om God meer gehoorsaam te wees as die owerheid.

Altyd moet die Christelike reg en liefde die riglyn wees. In elke optrede moet dit nagevolg word, met dien verstande dat die Skrif ook sê: Geregtigheid en vrede – eers geregtigheid en dan vrede en nie andersom nie.

Die tyd vir streep trek is hier.

In Hong Kong, een van die mees internasionale en digsbevolkte gebiede in die wêreld en wat in 1997 deur Brittanje aan Kommunisties-Chinese beheer oorgegee is ná 150 jaar van Britse administrasie, vind tans oorkokende betogings ten gunste van demokratiese vryhede plaas. 'n Konstante stryd, wat sporadies in geweld oorslaan, woed tussen die Chinese regering en plaaslike pro-demokratiese groeperinge oor 'n owerheid in Hong Kong wat een van die twee kante simpatiek gesind kan wees.

Verlede week het betogers 'n mensestroom van 5 km lank gemonster, maar tot dusver het die Chinese regering daarin geslaag om hul ystergreep te behou.Dit is egter duidelik dat die Chinese regering in Hong Kong met 'n yslike probleem sit.

Hong Kong met 'n oppervlakte van 1 104 km2 en 'n bevolking van nagenoeg 7,2 miljoen, is een van die mees digsbevolkte gebiede in die wêreld – nagenoeg 6 300 mense per km2. Dit is een van die sterkste finansiële sentra in die wêreld met wat beskou word as een van die bevolkings met die hoogste intelligensie-koëffisiënt ter wêreld. Sowat 93% van 'n andersins besonder kosmopolitiese bevolking is Han Chinese.

Die gebied word beskou as en van die rykste stede in die wêreld met meer Rolls Royce motors per persoon as enige ander streek op die aardbol. Hong Kong het ook die grootste aantal wolkekrabbers in die wêreld – meer as 7 000 geboue het 14 verdiepings of meer.

Amerikaners is stomgeslaan ná die grootste massa skietvoorval in die geskiedenis van die land toe die 64-jarige Stephen Paddock met outomatiese gewere losgebrand het op 20 000 mense wat 'n Country musiekkonsert in Las Vegas bygewoon het en 58 doodgeskiet het en meer as 500 verwond. Geen motief vir die massaslagting deur die blanke Paddock, met geen vorige veroordelings nie, kon nog vasgestel word nie.

Pres. Donald Trump het namens die Amerikaanse nasie sy meegevoel betoon en gesê dat dit blyk dat dit die werk “van 'n mal man was wie se kop uitgehaak het.” Intussen woed die debat in die VSA oor vuurwapenbeheer eens so erg.

Die grootste vorige massa-skietslagting in die VSA was op 12 Julie verlede jaar toe Omar Mateen (29) in die Pulsegay nagklub in Orlando Florida 49 mense doodgeskiet het en 50 gewond het.

Die Koerdiese volk in die Midde Ooste streef al vir eeue om as 'n volk in eie reg erken te word en hul eie grondgebied te bekom vir onafhanklikwording. Hierdie oorwegend Christen-mense het egter al baie gely ter wille van hul eie identiteit, veral onder Moslem-beheerde regerings in Irak, Sirië en Turkye, waar hul rondswerf en telkens deur koloniaal-vasgestelde grense benadeel word. Desondanks bly die strewe na volwaardige selfbeskikking onwrikbaar.

Op 25 September 2017 het sg. Koerdistan in Irak ondanks heftige teenkanting 'n referendum oor onafhanklikheid gehou en na berig word was 93% van die stemme uitgebring ten gunste van onafhanklikheid. Die uitslag van die referendum is deur die Irakese regering verwerp. Die Koerdiese strewe word gelei deur die Koerdistan Demokratiese Party, die Patriotiese Unie van Koerdistan en die Koerdistan Islamitiese Unie, wat onderskeidelik 28, 18 en 10 setels in die Koerdistan Streeksparlement het.

Bladsy 1 van 26

Ora betonwerke proef Sept 2017

Artistia Food

Renosterberg lodge