ditsem website banner no 1 2017

Glybanier

-►Ditsem Nuus webwerf www.ditsem.net handhaaf tans sowat 21 000 besoekers per maand -►Matjila van OBK sê nou SAA mag moontlik geld leen -►Beweerde renosterstroper David Mahlobo nou Minister van Energie -►Internasionale besoekers aan Kaapstad groei 27% in eerste semester 2017 -►Adj-pres. Ramaphosa blykbaar moontlik volgende vir Zuma-valbyl

“Hidrobreking hou kankergevaar in”

Hidrobreking / kanker Hidrobreking / kanker http://www.bcaction.org

Met die onlangse nuus dat die regering die groenlig gegee het vir ontginning van skaliegas in die Karoo d.m.v. hidrobreking, word weer gewys op die menings uitgebring op 'n konferensie van KANSA in 2015 te Mowbray, dat chemikalieë wat in hidrobreking gebruik word, kanker kan veroorsaak en indien dit uitlek, kan dit “plase in die Karoo doodmaak”. Daar is bewyse uit Amerika dat dáár al meer as 1 000 lekkasies ten tyde van skaliegasontginning was. Voorts is ook opgetekende gevalle van mense wat neurologiese, respiratoriese en sensoriese skade gely het omdat hulle van dié besmette water ingekry het. Formalien en benseen is twee van die gevaarlikste chemikalieë wat in hidrobreking gebruik word, met benseen wat vinnig verdamp en met inaseming leukemie by veral kinders kan veroorsaak, aldus die KANSA-navorsing.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Ora betonwerke proef Sept 2017

Artistia Food

Renosterberg lodge