ditsem website banner no 1 2017

Glybanier

-►Ditsem Nuus webwerf www.ditsem.net handhaaf tans sowat 21 000 besoekers per maand -►Matjila van OBK sê nou SAA mag moontlik geld leen -►Beweerde renosterstroper David Mahlobo nou Minister van Energie -►Internasionale besoekers aan Kaapstad groei 27% in eerste semester 2017 -►Adj-pres. Ramaphosa blykbaar moontlik volgende vir Zuma-valbyl

Coligny: Huis met troeteldiere verbrand

Hordes het haar huis omsingel en aangedring dat sy na buite kom. Daar het hulle haar rondgestamp en -gepluk en met messe gedreig. Hulle het haar gedwing om hulle toegang tot haar bakkie te gee sodat hulle daaruit petrol kon tap om haar huis aan die brand te steek, d.w.s. petrol uit haar voertuig om haar huis af te brand. Uit vrees kon sy nie petrol uit haar bakkie kry nie, maar hulle het nogtans haar huis aan die brand gesteek en dit het tot op die grond afgebrand. Haar twee honde, budgies en voëls wat in die huis was, het ook doodgebrand. Sy het net met die klere aan haar lyf ontkom. Kyk 'n videogreep hier. Sover bekend, is nog niemand oor die voorval in hegtenis geneem nie, het geen ANC-regeringsleier haar besoek nie en word geen woord van rassehaat oor die voorval gerep nie. Die vraag is hoe lank gaan blankes / Afrikaners hierdie ergste rassediskriminasie in die wêreld en eintlik onverklaarde burgeroorlog teen hulle stilswyend en met gevoude hande betrag?

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Ora betonwerke proef Sept 2017

Artistia Food

Renosterberg lodge