ditsem website banner no 1 2017

Glybanier

-►Ditsem Nuus webwerf www.ditsem.net handhaaf tans sowat 21 000 besoekers per maand -►Matjila van OBK sê nou SAA mag moontlik geld leen -►Beweerde renosterstroper David Mahlobo nou Minister van Energie -►Internasionale besoekers aan Kaapstad groei 27% in eerste semester 2017 -►Adj-pres. Ramaphosa blykbaar moontlik volgende vir Zuma-valbyl

Staatskaping: Wat nou moet gebeur

Waar het jy al gehoor of gesien 'n land word deur sy staatshoof en regering aan 'n misdaadsindikaat verkoop? Dit is totaal ongehoord en daarom laat wat die afgelope 10 jaar met Suid-Afrika gebeur en nou so stuk-stuk aan die lig kom, 'n mens se verstand ontplof.

Daarom sou wat nou moet gebeur in 'n staat wat enigsins 'n krieseltjie selfrespek en geregtigheid sou oorhê, min of meer die volgende behels:

  • Staatspresident Jacob Zuma behoort deur die Parlement en Grondwethof in 'n staat van beskuldiging geplaas te word (“impeached”), uit sy amp gestel te word met salarisopskorting, aangekla te word van die ergste korrupsie en hoogverraad en sy verhoor binne 60 dae 'n aanvang te neem.
  • Sy kabinet en senior staatsamptenare presies dieselfde mee gedoen word. Hulle is ten volle medepligtig.
  • Die mosie van wantroue in Zuma in die Parlement per geheime stemming gehou te word en voortvloeiend daaruit in die Parlement moontlik 'n tussentydse regering van nasionale eenheid (RNE) ingestel te word.
  • Wat met huidige adjunk-pres. Cyril Ramaphosa gedoen te word, is 'n ope vraag. Moontlik is die beste opsie om hom toe te laat m.b.t. 'n RNE, maar terselfdertyd te laat ondersoek deur 'n spesiale kommissie van ondersoek.
  • Intussen die staatsdiens van korrupsie skoon te maak sover moontlik, soos wat die DA tans in die metro’s van Pretoria, Johannesburg en PE tot 'n groot mate doen.
  • 'n Vervroegde algemene verkiesing uit te roep – indien grondwetlikmoontlik die datum terugskuif van 2019 na 2018.

Feit van die saak is die regering van SA is in 1994 deur 'n terroristebeweging oorgeneem, wat sedertdien deur ongeëwenaarde korrupsie en blote onbevoegdheid 'n ontwikkelde nywerheidsland afgetakel het tot 'n nes van misdaad en riool. As sulks hou die land minimale voordeel in vir enige wetsgehoorsame, goedbedoelende landsburger.

Dit laat twee onopgeloste sake: Eerstens, die bose plan van die Nuwe Wêreldorde (NWO) om SA in te palm as deel van sy strewe na wêreldbeheersing. Tweedens, die bona fide Afrikaner wat besef sy oorlewing lê opgesluit in suksesvolle weerstand teen die aanslag teen Afrikanervolkskap en in wese teen die Christendom.

Ons wil sê dat ons as Afrikaners sat is vir die gemors rondom ons en dat ons voluit gaan vir 'n eie, onafhanklike, vrye, Christelike eerstewêreldstaat.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Ora betonwerke proef Sept 2017

Artistia Food

Renosterberg lodge