ditsem website banner no 1 2017

-►Gesoek vir aanranding in SA – Grace Mugabe -►Zim-boere begin internasionale eiseproses oor hul gesteelde grond -►Pierre Spies groet rugby – wil werk vir minderbevoorregtes -►All Blacks legende Colin “Pinetree” Meads sterf op 81 -►Toestande in blanke plakkerskamp by Munsieville, Krugersdorp, uiters haglik -►Steve Hofmeyr sing Die Stem nogmaals in Bloem

Projek fokus aandag op mensehandel

Met haar deelname aan die projek The Freedom Challenge vestig Lize Winckler aandag op die toenemende verskynsel van mensehandel in die wêreld sowel as in Suid-Afrika. Dit blyk dat daar tans nagenoeg 46 miljoen mense wêreldwyd vasgevang is in mensehandel as die moderne vorm van slawerny.

Sowat 80% hiervan is vroue, terwyl nagenoeg 50% van hierdie mense tussen 5 en 15 jaar oud is, met die meeste meisies tussen 12 en 15 jaar. Van hierdie totaal word slegs 2% ooit gered, terwyl navorsing ook die jammerlike feit toon dat tot 96% van persone in mensehandel weer daarna terugkeer omdat hulle nie beter vooruitsigte sien nie.

In Suid-Afrika is daar ongeveer 248 000 mense vasgevang in een of ander vorm van mensehandel. Winckler doen 'n beroep op Suid-Afrikaners om absoluut wakker en paraat te wees teen enige manifestasie van mensehandel wat t.o.v. jou kinders mag kop uitsteek, bv. bedenklike verhoudinge, kontak met vreemdelinge, Internet-verhoudings, gedrag te midde van verbrokkelde gesinne, die effek van vaderlose huishoudings, ens. Sy sê effektiewe tweerigting kommunikasie tussen ouers en tienerkinders is 'n voorvereiste.

In Bloemfontein was bv. onlangs die geval van 'n tienermeisie wat deur 'n groep Nigeriese dwelmsmouse verkrag is omdat sy nie die koste van haar dwelms betyds kon betaal nie. Hulle het haar ook gevange gehou en ‘n losprys van haar pa geëis. Laasgenoemde het die Polisie gekontak, wat op die sindikaat toegeslaan het en die meisie bevry het.  

Vir meer besonderhede oor mensehandel, besoek www.thefreedomchallengeafrica.com of besoek die Facebookblad van Traffick Wise. Winckler kan gekontak word by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Barnard Bouers

wow kitsblits