ditsem website banner no 1 2017

Glybanier

-►Nog twee plaasaanvalle: Potch en Hoopstad -►Trump weier om ooreenkoms met Iran te sertifiseer -►R800 miljoen van Transnet-pensioenfonds deur Guptas gegaps -►Krieket: Proteas maak maalvleis van Bangladesjies -►Oostenryk nasionalistiese party met 31 jarige leier wen verkiesing -►Zuma 283 aanklagte: NVG gooi jakkalsdraaie -►Zuma-hofsaak: Schabir Shaik bereid om vir staat getuig -►Curriebeker: Haaie, Bulle, Leeus en WP maak halfeindstryd -►Tennis: Federer en Sharapova bo in twee Chinese toernooi -►OBK pensioenfondse van R1,3 miljard: Gigaba loods ondersoek

Katalonië gewelddadig onderdruk

Katalonië as die noordoostelike provinsie van Spanje, wat 6,3% van die Spaanse grondgebied beslaan, oor 7,5 miljoen inwoners met eie taal en kultuur beskik en 20% van die BNP van Spanje lewer, wil graag afskei van Spanje en hul eie onafhanklike staat stig. Hierdie strewe kom al bykans twee eeue en het afgelope Sondag 'n hoogtepunt bereik met die hou van 'n referendum wat die Kataloniese streeksregering self uitgeroep het.

Kataloniese selfbeskikking word egter hewig teengestaan deur die Spaanse regering, wat die referendum as onwettig beskou en wat die Polisie ingestuur het om stemlokale te sluit en protesterende kiesers met geweld te verwyder. In die proses is Sondag meer as 1 000 mense in botsings met die Polisie beseer. Desnieteenstaande is die referendum tot 'n groot mate wel gehou en blyk dit dat meer as 90% van die stemgeregtigdes ten gunste van onafhanklikheid gestem het.

Die Kataloniërs onder hul leier Carles Puigdemont en met Barcelona as hoofstad bly egter vasbeslote oor hul eis vir selfbeskikking en dring hulle ten alle koste op verwesenliking daarvan aan. Die NWO, insluitende die Europese Unie, is sterk gekant teen die selfbeskikkingstrewe, terwyl aan die ander kant ondersteuning ontvang word van nasionalistiese en regse politieke partye regdeur die wêreld.

 

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Ora betonwerke proef Sept 2017

Artistia Food

Renosterberg lodge