Orastad 2

Glybanier

-►Gruwelike en Godskreiende rassistiese dubbele standaarde -►Plaasmoorde is terreur en nie bloot misdaad nie – AfriForum -►Opstand teen plaasterreur: Landswye vloedgolf -►Dave Miller vinnigste 100tal in T20 krieket – vanaf net 35 balle -►WP Curriebekerkampioene 2017 – steeds die beste SA rugbyreeks -►Nuwe boek “The President’s Keepers” onthul Zuma as “gangster” -►Groot vragmotor ploeg in Swart Maandag-optog in

Risiko’s van koalisie

Dit is goed en wel dat DA-geleide koalisies beheer oorgeneem het oor die drie metro’s van Pretoria, Johannesburg en Port Elizabeth, asook van ‘n sleutel plaaslike munisipaliteit soos Sasolburg, maar in al hierdie gevalle het die onverbonde steun van die EFF die deurslag gegee. Hierdie steun kom egter teen ‘n prys – dat nie-amptelik onteiening van eiendom sonder vergoeding, die verandering van tradisionele plekname en die verwydering van Die Stem uit die volkslied, as “ononderhandelbaar” op die agenda geplaas word.

Nog ‘n EFF-voorwaarde, gerig aan die ANC, was dat pres. Jacob Zuma uit sy amp verwyder word.

Sou die politieke toneel verander en Zuma kry wel die trekpas en die EFF tel storings op met die koalisieregerings, dan is daar die risiko dat die EFF kan omswaai en hulself by die ANC skaar, wat dan kan beteken dat die beheer oor genoemde munisipaliteite weer van hande verwissel. Toe hierdie moontlikheid in ‘n media-onderhoud aan James Selfe van die DA geopper is, het hy gesê dat ‘n tegelykertydse scenario kan wees dat ‘n gematigde vleuel van die ANC wegbreek en aansluiting vind by koalisies.

Die opkoms en rol van ‘n swart, gematigde middelklas in die land moet nie onderskat word nie.

Hoe dit ookal sy, dit is interessante én riskante politieke tye wat beleef word.

Oor die algemeen bly dit bemoedigend dat die DA wel beheer oor die drie metro’s verkry het, dat Min. Pravin Gordhan hoogs strategies vasskop en dat die grond onder pres. Zuma al meer weggekalwe word deur ‘n informele bondgenootskap van partye, organisasies en instansies. 

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Ora betonwerke proef Sept 2017

Artistia Food

Renosterberg lodge