Tinus Nortje Eiendomme proef April 2017.jpg

SASSA: Land op mespunt gebalanseer

Mense in tou wag vir toelae Mense in tou wag vir toelae http://www.groundup.org.za

Die voortbestaan van die bestaande orde in Suid-Afrika is tans opʼn mespunt gebalanseer met die maandelikse SASSA-uitbetaling van toelaes aan meer as 17 miljoen welsynsafhanklikes wat op 1 April 2017 in die weegskaal is. Indien hierdie tegnologies-gekompliseerde uitbetalingstelsel nie realiseer nie, sou dit beteken dat meer as 17 miljoen armste van die arm mense in die land geen kos en ander lewensnoodsaaklikhede sal hê nie. Dit kan 'n maatskaplike, ekonomiese en politieke krisis afgee soos wat die ná-1994 SA waarskynlik nog nie ervaar het nie en kan dit selfs daartoe lei dat mense op massaskaal begin roof en plunder om aan die lewe te bly. Dit geld veral in die konteks van die huidige hoogsgelaaide politieke atmosfeer in die land, met die aandrang van swart politieke aktiviste soos die staatspresident self, die EFF en andere op radikale ekonomiese transformasie, wat in effek beteken beslaglegging op grond en bates van blankes sonder vergoeding. Die krisis met SASSA (South Africa Social Security Agency) en die uitbetalings kom al sedert 2014 toe die Grondwethof bevind het dat die tender aan die private kontrakteur vir die uitbetalings, Cash Paymaster Services (CPS), ongeldig is.

Desnieteenstaande is sedertdien voortgegaan om die dienste van CPS te gebruik, maar ingevolge die betrokke tender verstryk hul dienstermyn op 31 Maart 2017. Ondanks hierdie situasie het die verantwoordelike staatsdepartement, die Dept. van Maatskaplike Ontwikkeling, met as Minister Bathabile Dlamini, gesloer om die situasie te beredder. Blykbaar is 'n stok in die wiele 'n onderlinge geskil oor presies wie en watter swart ekonomiese bemagtiging baat moet vind by die tender vir die uitbetalings. Die totale maandelikse bedrag van hierdie uitbetalings beloop ongeveer R23,8 miljard – 'n massiewe bedrag wat uiteraard 'n gesofistikeerde elektroniese stelsel vereis ten einde korrupsievry bedryf te kan word en wat dus 'n geweldige onus plaas op die betrokke kontrakteur. Dlamini het die afgelope maande in gebreke gebly om verskeie vergaderings van die Parlementêre Oorsigkomitee vir Finansies by te woon ten einde verslag te doen oor die SASSA-krisis. Daar was ook beweringe in die media dat Dlamini by geleentheid beskonke in die openbaar verskyn het, beweringe wat egter deur haar woordvoerder heftig ontken is. Verlede week het die Dept. van Maatskaplike Ontwikkeling 'n aansoek ingedien by die Grondwethof om die bevinding oor CPS tersyde te stel, maar die aansoek is binne 24 uur weer teruggetrek hangende die uitslag van onderhandelinge tussen die Dept. van Maatskapelike Ontwikkeling en CPS. Wat die aangeleentheid verder kompliseer, is dat na berig word CPS 'n addisionele bedrag van R1,3 miljard as voorwaarde stel voordat hulle sou instem om die betalings op 1 April 2017 weer te doen.

Nog verdere komplikasies is dat die Nasionale Tesourie, wat onder Minister van Finansies Pravin Gordhan ressorteer, nie die geld vir die uitbetalings op 1 April 2017 wil vrystel indien dit nie korrek ingevolge bestaande finansiële voorskrifte en in lyn met die 2014 uitspraak van die Grondwethof is nie. Op hierdie wyse het die SASSA-aangeleentheid ook 'n politieke kleur gekry, want vingers word nou gewys na Gordhan as sou hy die eintlike sondebok en struikelblok wees. Sodoende word die aangeleentheid betrek in die voortslepende saga tussen pres. Jacob Zuma en Gordhan oor beheer oor die Tesourie en dus die staatsfinansies van die land. Inbegrepe by die kontroversie oor die geldigheid van die kontraktering vir die SASSA-uitbetalings, is beweringe dat werkgewers en finansiële ondernemings as tussengangers betrokke geraak het tussen SASSA en die welsynsbegunstigdes by wyse van allerlei aftrekorders vir bv. finansiële verpligtinge van begunstigdes. Daar word beweer dat van hierdie aftrekorders onregmatig en buitensporig is. Die SASSA-uitbetalingsituasie het dus ontaard in 'n hele katnes en dit in minder as 30 dae voordat die volgende uitbetalings moet geskied. Terwyl die Dept. van Maatskaplike Ontwikkeling tans volhou dat die uitbetalings op 1 April normaalweg elektronies sal geskied, word ook gesê dat 'n laaste opsie sou wees om al die geld vir die uitbetalings in kontant te vervoer na die meer as 10 000 betaalpunte in die land. Hierdie opsie is egter prakties waarskynlik onuitvoerbaar, want baie van die begunstigdes is in afgeleë plattelandse gebiede met min of geen elektroniese geriewe nie.

Boonop kan die vraag gevra word hoe kan sulke groot bedrae in kontant skielik in voertuie oor lang afstande vervoer word in 'n land wat bekend is vir transito-rooftogte. Die jongste is dat die Dept. van Maatskaplike Ontwikkeling pas aangekondig het dat 'n ooreenkoms met CPS bereik is dat laasgenoemde wel op 1 April 2017 die uitbetalings sal doen. Nadere besonderhede van die ooreenkoms was met die ter perse gaan van hierdie berig nie bekend nie. Wat egter steeds 'n feit is, is dat die Tesourie nog nie aangedui het dat dit uit 'n wetlike oogpunt tevrede is dat die geld vir die uitbetalings vrygestel mag word nie. Die bevinding van die Grondwethof van 2014 staan ook steeds soos 'n paal bo water. Intussen dring die DA, ander opposisiepartye, Corruption Watch en selfs Cosatu aan op die onmiddellike bedanking van Dlamini. Die DG van haar departement, Zane Dangor, het pas bedank. Op die keper beskou kan die SASSA-aangeleentheid nie anders gesien word nie as die resultaat van 'n patetiese swak regering wat Suid-Afrika as 'n moderne land oor die afgelope meer as twee dekades feitlik in die grond in bestuur het. Die regering word omhul deur 'n kleed van korrupsie, terwyl daar 'n chroniese gebrek aan kundigheid en vooruitbeplanning ooglopend is. Wat voorts ook nie misgekyk kan word nie, is dat Suid-Afrika met sy ryk potensiaal aan ontwikkeling nooit in 'n posisie moes beland het waarin dit sit met 'n ondraaglike las van meer as 17 miljoen welsynsgevalle en 'n verdere 9 miljoen plus werkloses nie. Baie van hierdie mense kan en wil graag werk, maar daar is nie geleenthede vir hulle nie en is hulle dikwels ook nie genoegsaam opgelei nie. Die huidige regering het nooit entrepreneurskap en kleinsake-ontwikkeling behoorlik bevorder nie, terwyl SEB internasionaal beoordeel word as die grootste Achilles-hiel van die SA ekonomie.

So bv. is in die nasionale begroting wat Gordhan op 22 Februarie vanjaar ter tafel gelê het, geen voorsiening gemaak vir aansporings vir kleinsake – potensieel die sterkste stimuleerders en grootste werkverskaffers in enige ekonomie – nie. Die resultaat van dit alles is dat indien die sowat R23,8 miljard vanaf 1 April 2017 nie aan 17 miljoen plus nooddruftiges / armlastiges betaal word en daarna op 'n volhoubare basis gedoen word nie, SA waarskynlik 'n rewolusie van onberekenbare omvang in die gesig staar. Ondanks hierdie gevaar moet Christene gelowig bly en glo in God wat die almag het om die land weg van die afgrond en na 'n beter toekoms te stuur.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Tridor.jpg

Fabricia proef Maart web 2017.jpg

            Cosatu kies Ramaphosa bo Zuma as spreker by Werkerdag 1 2017    Zelda la Grange ook by Freedom Movement byeenkoms in Pretoria    Microsoft 28% styging in wins eerste kwartaal 2017    Groot belangstelling vir Nampo Oesdag 16 - 19 Mei    Kontroversie oor Maria Sharapova weer tennis speel na opkikkerskorsing    Swartwitpenskoei op veiling bu Mattanu Wildereservaat by Barkley-Wes verkoop vir R1,5 miljoen    Vier renosters in Bloemfontein Dieretuin gestroop - Munisipaliteit trek skouers op                   Volg ons ook op fb of besoek ons webwerf http://www.ditsem.net  vir aktuele nuus wat saak maak!    VSA het $19 triljard staatskuld plus ongeveer $300 triljard private skuld    Teken petisie van Ditsem Nuus teen grondonteiening! https://www.ipetitions.com/petition/weg-met-grondonteienings-wet …    SA benodig dringend 12 miljoen nuwe permanente werksgeleenthede om grootste probleem in land aan te spreek – ekonoom Chris Hart

ATKV