Tinus Nortje Eiendomme proef April 2017.jpg

Snykant

Nuwe Minister van Finansies Malusi Gigaba het as finansiële raadgewer prof. Chris Malikane aangestel, wat in 'n artikel in die Sunday Times homself ten gunste van nasionalisering van die banke, die myne en die versekeringsbedryf uitgespreek het. Toe Gigaba daaroor uitgevra is, op die vooraand van sy huidige besoek aan die VSA, het hy Malikane sterk gerepudieer en gesê laasgenoemde is “oningelig”, dat hy “ingekatrol” is en aangesê is om “stil te bly”. Nou wys die DA in 'n mediaverklaring daarop dat Malikane vir Gigaba op sy VSA-besoek vergesel en oral saam met hom is waar hy met die IMF en die Wêreldbank vergader. Wat meer is, Malikane gaan lustig voort om allerlei radikale uitsprake te maak, soos oor SAFM en Cape Talk radio waarin hy graderingsagentskappe verkleineer, die Sowetan waarin hy die Nasionale Ontwikkelingsplan afskiet en Rapport waar hy praat van “coming civil war.” Toe Malikane tydens die VSA-besoek gevra is of die minister hom gemuilband het, het hy geantwoord: “No, no, no, no. People’s inference of what the minister said is wrong. There is no way the minister can tell a fellow South African to keep his mouth shut. I am an academic, I work with ideas. I have to challenge public opinions that mislead the nation. When the minister said he reined me in, he meant we should no longer focus on talking, but on doing – action that will transform the economy.” Hierop lewer die VF Plus in 'n mediaverklaring soos volg kommentaar: “Feit is dat die onervare tog selfversekerde Gigaba nie kan insien dat daar regdeur hom gesien word nie. Daar is min mense in die wêreld so gevaarlik soos iemand wat vol gewaande selfvertroue is, maar in werklikheid nie 'n idee het wat hy doen nie. Gigaba is presies net so. Daarom sal Gigaba, sy professor en hul president persoonlik moet verantwoordelikheid neem indien die finale kredietafgradering plaasvind. Elkeen wat sy werk verloor, elkeen wat honger ly, elkeen wat dakloos is, elkeen wat op 'n wyse benadeel is, sal dan die koppe van Zuma, Gigaba en Malikane moet eis.”

Dit blyk dat misdaad in die gegoede noordelike buurte Dan Pienaar, Heuwelsig en Waverley in Bloemfontein oorhand toeneem met o.a. vyf inbrake oor die Paasnaweek net in Kmdt. Senekalstraat, by 'n huis in Gilles van de Wallstraat, Heuwelsig is platskermtelevisies en 'n kluis wat so swaar is dat 10 persone dit moet dra met juweliersware, 'n belangrike testament en 100 geheuestokkies geroof. Daar is ook by 'n huis op die hoek van York- en Milnerweg tydens die Paasnaweek ingebreek, asook by die Gratias Aftree-oord, terwyl die wassery by Emily Hobhouse Plein en 'n vulstasie in Dan Pienaar beroof is. Daarby is leerlinge gedurende die eksamen aan die einde van die eerste kwartaal in Morganstraat van hul selfone beroof, met dwelmhandelaars wat ook in die gebied toenemend 'n verskynsel is. In reaksie o die misdaadvlaag het twee plaaslike vroue die voortou geneem om op 7 Mei 2017 die buurtwag Northern Neighbourhood Watch Association (NNWA) te gestig het.

Die jongste in die klaarblyklike onophoudelike stroom van plaasmoorde het plaasgevind toe 'n boer van die Wepener-distrik en sy huiswerker doodgeskiet op die plaas sowat 30 km buite die dorp aangetref is. Met die ter perse gaan van hierdie berig was die name van die oorledenes nog nie bekend nie, omdat al hul naasbestaandes nog nie in kennis gestel is nie. Die lyk van die boer (49) het in die sitkamer gelê met sy bene vasgebind, terwyl die lyk van die huiswerker in een van die kamers gevind is met haar oë toegebind en haar voete ook vasgebind. Die binnekant van die huis was omgekeer terwyl van die kluise in die huis ook oopgebreek was.

'n Nuwe wetsontwerp, die Wetsontwerp op die Regulering van Grondbesit en wat verlede maand deur Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming Gugile Nkwinti in die Staatskoerant gepubliseer is vir openbare kommentaar slegs tot en met 17 April 2017, het duidelik ten doel om grond van blankes op 'n skelm manier te verkry. Volgens die wetsontwerp sal, indien dit aangeneem word, geen blanke meer eerste die keuse hê om grond te koop nie en sal blanke boere eers wanneer die minister en moontlike swart grondkopers nie belangstel nie, landbougrond kan koop. Selfs landbougrond uit bestorwe boedels word ook aan die beoogde wet onderwerp en moet dit eerste aan die minister en potensiële swart kopers aangebied word voordat dit deur blanke erfgename of ander blankes uit die boedel aangekoop kan word. Die minister sal ook ingevolge die wetsontwerp landbougrond kan onteien in gevalle waar nie op 'n bedrag tussen die departement en die grondeienaar ooreengekom kan word nie. Vir die volle teks van die wetsontwerp, in Engels, lees verder hier: http://www.gov.za/documents/regulation-agricultural-land-holdings-bill-draft-17-mar-2017-0000

Betekenisvol is 'n mediavrystelling van die VF Plus wat selfverduidelikend o.a. soos volg lui: “Namate korrupsie en onbevoegdheid in die ANC-regering toeneem, sal belastingbetalers se weerstand om hul swaar verdiende geld aan ʼn ondoeltreffende regering af te staan dienooreenkomstig toeneem, sê adv. Anton Alberts, voorsitter van die VF Plus.
Hy het met die Tweede Lesingsdebat oor die Wetsontwerp op die Verdeling van Inkomste gesê wêreldgebeure soos Brexit en die verkiesing van Donald Trump as Amerikaanse president is twee globale makroskuiwe wat ook van belang is vir SA. Teen hierdie agtergrond is die verdeling van inkomste ʼn sinvolle metafoor vir die verdelings in ons land.
Al hoe meer belastingbetalers bevraagteken die morele verpligting om belasting te betaal. Belasting word ingevorder op ʼn aggressiewe wyse, maar word verdeel onder korrupte owerhede wat nie dienste kan lewer nie. Almal word geraak, maar die armstes onder ons die meeste. In hierdie opsig is groot seismiese verskuiwings aan die gang.
Aan die een kant probeer belastingbetalers, swart en wit, al hoe meer om belasting te vermy en aan die ander kant vra die armes waarom hulle enigsins moet hoop op ʼn beter lewe. Beide die tendense bearbei Suid-Afrika vir ʼn rewolusionêre omgewing. Daar is natuurlik sekere mense wat graag ʼn rewolusie wil sien.
Die meeste Suid-Afrikaners is egter verdraagsaam teenoor mekaar en smeek om ʼn toekoms waar daar ʼn beter lewe en plek vir almal is. Die regering sal ernstig moet kennis neem van tipiese vrae wat deur belastingbetalers en armes gevra word:
Moet ek belasting betaal aan ʼn regering waar korrupsie endemies geword het?
Moet ek belasting betaal as die regering my nie op my plaas of in die stad kan beskerm nie?
Moet ek belasting betaal as die regering nie sy welsynsverpligtinge teenoor die armes kan nakom nie?
Moet ek belasting betaal as dit die regering se hand sterk om my eiendom sonder vergoeding te onteien?
Sal ek ooit ʼn beter lewe sonder armoede sien?
Sal ek ooit veilig wees teen moord en misdaad selfs al is ek arm?
Die fundamentele vraag hier is of dit nodig is om die wet te gehoorsaam as die president self dit willens en wetens nie doen nie soos sy aanvanklike verontagsaming van die Openbare Beskermer se aanbevelings? Dit is duidelik dat daar ʼn snel groeiende afstand tussen die regering en die gewone mense van hierdie land ontstaan.”

Die stroom van gewelddadige aanvalle, deur die bank van swart op wit, duur landswyd onverpoosd voort. Hoewel dit meesal gekenmerk word deur buitengewone wreedheid en brutaliteit, kom “haat” as element nooit in die hoofstroommedia ter sprake nie. Terwyl nog gesidder word oor gevalle soos die 21-jarige Alice Maree van Theunissen wat oorlede is nadat sy herhaaldelik verkrag is, die 60-jarige Nicci Simpson van Westonaria wat met 'n elektriese boor gemartel is en Ronel Claassens (46) van Parys wat met 'n plastieksak oor haar kop versmoor is, is 'n jong boer CT Steyn van Warden-distrik in sy slaap oorval en herhaaldelik met 'n mes gesteek, is Nicky Haddad op sy plaas in die Clocolan-distrik in die linker armholte en regterbeen geskiet en is 'n 70-jarige oujongnooi van Griekwastad in haar huis herhaaldelik aangerand, verkrag en besteel.

Positiewe sowel as negatiewe aspekte het uitgekom uit die debat oor plaasmoorde wat gister vir die eerste keer in die Parlement gehou is. Die debat was op aandrang van VF Plus leier Pieter Groenewald, wat dit ingelui het deur daarop te wys dat “waar die wêreld se gemiddelde moordsyfer 7 per 100 000 van die bevolking is, is dit in Suid-Afrika 33 per 100 000.
Wat Polisielede aanbetref is die syfer 54, terwyl 133 boere per 100 000 van die bevolking vermoor word. Syfers wat ek van die polisie self gekry het, wys dat daar sedert 1991 altesame 2 393 moorde en 14 589 aanvalle op plase was. Baie van die aanvalle is so buitengewoon wreed dat daar nie gesê kan word dit is slegs gewone misdaad nie.”
Die DA het by monde van hul skadu-minister van Landbou Annette Steyn sterk uitgekom teen plaasaanvalle en die wreedaardigheid daarvan, terwyl Cope-leier Mosiuoa Lekota die leier van die EFF Julius Malema, wat nie teenwoordig was nie, sterk veroordeel het vir sy rassistiese en opruiende uitsprake jeens blankes.
Lekota het ook gesê pres. Jacob Zuma vererger die situasie in SA as hy voorsing “Bring my masjiengeweer”. Sprekers namens die ANC was gematig t.o.v. die onderwerp, maar aan die negatiewe kant het ‘n ANC-lid oor boere uitgeroep: “Bury them alive!” Voorts het vroulike spreker van die EFF geen simpatie gehad en blanke boere veroordeel vir hul “rassistiese optrede jeens swart werkers”.
Die spreker van die UDM het ook blanke boere vir hul gesindheid en optrede verkwalik. Dit was opvallend dat baie ANC-Parlementslede afwesig was tydens die debat en dat twee Parlementêre komitees afsonderlik voortgegaan het met hul vergaderings terwyl die debat oor plaasmoorde aan die gang was. UDM-leier Bantu Holomisa, IVP-leier Mangosuthu Buthelezi en ACDP-leier Kenneth Meshoe het nie eens self tydens die debat gepraat nie.
Speaker Baleka Mbete was ook nie teenwoordig nie en was 'n junior beampte voorsitter van die vergadering.

Op 28 Februarie 2017 het Julius Malema van die EFF 'n mosie in die Parlement ingedien dat alle swart lede van die Parlement moet besluit dat artikel 25 van die Grondwet gewysig moet word ten einde die weg te baan vir wettige aanvaarding deur die Parlement van die Wetsontwerp op Grondonteiening en die ondertekening daarvan deur pres. Jacob Zuma. Malema het gesê dat dit dan die weg sou baan vir grootskaalse onteiening van grond en bates van blankes in die land sonder vergoeding.
Dit is dan volgens hom wat werklike radikale ekonomiese transformasie vereis. Malema het 'n beroep gedoen dat swart mense saamstaan in hierdie saak en het uitdruklik gevra vir ondersteuning van sy mosie deur die ANC. Dit is egter in 'n stemming verwerp met 261 teen 33 stemme, met die ANC wat eendragtig daarteen gestem het, tesame met die DA, VF Plus en van die ander opposisiepartye.
In die debat het dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, gesê: Regmatige grondeienaars het gewerk en betaal vir hul grond. Hulle gaan nie daaroor jammer sê nie. Dit raak nie net boere en landbougrond nie, maar ook elke eienaar van grond in Suid-Afrika, van ‘n plaas tot ‘n huis in ‘n stad of ‘n dorp. Dit bly jammer dat wit mense altyd die sondebok gemaak word wanneer grondhervorming ter sprake is.In retrospek kan dit as 'n Godsbestiering beskou word dat hierdie gevaarlike mosie gekelder is, maar daarby wys ‘n politieke kommentator daarop dat die bittere vyandigheid tussen Malema en Zuma en tussen die EFF en die ANC spruit uit die feit dat Zuma 'n Zoeloe uit KZN is en Malema 'n Pedi uit die Limpopo provinsie.
Daar word dus gesê dat dit 'n etniese kwessie is wat spruit uit die vroeë 19de eeu toe die Zoeloes onder Tsjaka en Dingaan 'n Mfecane oftewel uitwissingsoorloë gevoer het teen ander stamme in die gebied wat later SA en buurstate sou word. In reaksie op die mislukte mosie van Malema gons dit behoorlik in radikale swart politieke geledere in die land, soos gepropageer op o.a. DStv kanaal 405 van die Gupta-beheerde ANN7 en word gesê dat die ANC koukus Zuma en die konsep van radikale ekonomiese transformasie teen wit monopolistiese kapitaal verraai het. Op 3 Maart het Zuma self hierby aangesluit in toespraak voor die Huis van Tradisionele Leiers en gesê daar moet 'n enkele wet aanvaar word wat grondonteiening sonder vergoeding sal magtig en vergemaklik. Sodoende het hom in beginsel by die EFF geskaar en stelling ingeneem teen die ANC-koukus.
In reaksie hierop het die leier van die DA Mmuso Maimane gesê dat Zuma oorboordgegaam het sy uitsprake oor grondhervorming, terwyl Cope-leier Mosiuoa Lekota gesê het grond in SA behoort aan die regmatige eienaars en as dit nou gevat word, aan wie sal dit gegee word?Dit is dus duidelik dat daar in swart geledere 'n kloof van verskil is oor grondgryp.

Die voortbestaan van die bestaande orde in Suid-Afrika is tans opʼn mespunt gebalanseer met die maandelikse SASSA-uitbetaling van toelaes aan meer as 17 miljoen welsynsafhanklikes wat op 1 April 2017 in die weegskaal is. Indien hierdie tegnologies-gekompliseerde uitbetalingstelsel nie realiseer nie, sou dit beteken dat meer as 17 miljoen armste van die arm mense in die land geen kos en ander lewensnoodsaaklikhede sal hê nie. Dit kan 'n maatskaplike, ekonomiese en politieke krisis afgee soos wat die ná-1994 SA waarskynlik nog nie ervaar het nie en kan dit selfs daartoe lei dat mense op massaskaal begin roof en plunder om aan die lewe te bly. Dit geld veral in die konteks van die huidige hoogsgelaaide politieke atmosfeer in die land, met die aandrang van swart politieke aktiviste soos die staatspresident self, die EFF en andere op radikale ekonomiese transformasie, wat in effek beteken beslaglegging op grond en bates van blankes sonder vergoeding. Die krisis met SASSA (South Africa Social Security Agency) en die uitbetalings kom al sedert 2014 toe die Grondwethof bevind het dat die tender aan die private kontrakteur vir die uitbetalings, Cash Paymaster Services (CPS), ongeldig is.

Desnieteenstaande is sedertdien voortgegaan om die dienste van CPS te gebruik, maar ingevolge die betrokke tender verstryk hul dienstermyn op 31 Maart 2017. Ondanks hierdie situasie het die verantwoordelike staatsdepartement, die Dept. van Maatskaplike Ontwikkeling, met as Minister Bathabile Dlamini, gesloer om die situasie te beredder. Blykbaar is 'n stok in die wiele 'n onderlinge geskil oor presies wie en watter swart ekonomiese bemagtiging baat moet vind by die tender vir die uitbetalings. Die totale maandelikse bedrag van hierdie uitbetalings beloop ongeveer R23,8 miljard – 'n massiewe bedrag wat uiteraard 'n gesofistikeerde elektroniese stelsel vereis ten einde korrupsievry bedryf te kan word en wat dus 'n geweldige onus plaas op die betrokke kontrakteur. Dlamini het die afgelope maande in gebreke gebly om verskeie vergaderings van die Parlementêre Oorsigkomitee vir Finansies by te woon ten einde verslag te doen oor die SASSA-krisis. Daar was ook beweringe in die media dat Dlamini by geleentheid beskonke in die openbaar verskyn het, beweringe wat egter deur haar woordvoerder heftig ontken is. Verlede week het die Dept. van Maatskaplike Ontwikkeling 'n aansoek ingedien by die Grondwethof om die bevinding oor CPS tersyde te stel, maar die aansoek is binne 24 uur weer teruggetrek hangende die uitslag van onderhandelinge tussen die Dept. van Maatskapelike Ontwikkeling en CPS. Wat die aangeleentheid verder kompliseer, is dat na berig word CPS 'n addisionele bedrag van R1,3 miljard as voorwaarde stel voordat hulle sou instem om die betalings op 1 April 2017 weer te doen.

Nog verdere komplikasies is dat die Nasionale Tesourie, wat onder Minister van Finansies Pravin Gordhan ressorteer, nie die geld vir die uitbetalings op 1 April 2017 wil vrystel indien dit nie korrek ingevolge bestaande finansiële voorskrifte en in lyn met die 2014 uitspraak van die Grondwethof is nie. Op hierdie wyse het die SASSA-aangeleentheid ook 'n politieke kleur gekry, want vingers word nou gewys na Gordhan as sou hy die eintlike sondebok en struikelblok wees. Sodoende word die aangeleentheid betrek in die voortslepende saga tussen pres. Jacob Zuma en Gordhan oor beheer oor die Tesourie en dus die staatsfinansies van die land. Inbegrepe by die kontroversie oor die geldigheid van die kontraktering vir die SASSA-uitbetalings, is beweringe dat werkgewers en finansiële ondernemings as tussengangers betrokke geraak het tussen SASSA en die welsynsbegunstigdes by wyse van allerlei aftrekorders vir bv. finansiële verpligtinge van begunstigdes. Daar word beweer dat van hierdie aftrekorders onregmatig en buitensporig is. Die SASSA-uitbetalingsituasie het dus ontaard in 'n hele katnes en dit in minder as 30 dae voordat die volgende uitbetalings moet geskied. Terwyl die Dept. van Maatskaplike Ontwikkeling tans volhou dat die uitbetalings op 1 April normaalweg elektronies sal geskied, word ook gesê dat 'n laaste opsie sou wees om al die geld vir die uitbetalings in kontant te vervoer na die meer as 10 000 betaalpunte in die land. Hierdie opsie is egter prakties waarskynlik onuitvoerbaar, want baie van die begunstigdes is in afgeleë plattelandse gebiede met min of geen elektroniese geriewe nie.

Boonop kan die vraag gevra word hoe kan sulke groot bedrae in kontant skielik in voertuie oor lang afstande vervoer word in 'n land wat bekend is vir transito-rooftogte. Die jongste is dat die Dept. van Maatskaplike Ontwikkeling pas aangekondig het dat 'n ooreenkoms met CPS bereik is dat laasgenoemde wel op 1 April 2017 die uitbetalings sal doen. Nadere besonderhede van die ooreenkoms was met die ter perse gaan van hierdie berig nie bekend nie. Wat egter steeds 'n feit is, is dat die Tesourie nog nie aangedui het dat dit uit 'n wetlike oogpunt tevrede is dat die geld vir die uitbetalings vrygestel mag word nie. Die bevinding van die Grondwethof van 2014 staan ook steeds soos 'n paal bo water. Intussen dring die DA, ander opposisiepartye, Corruption Watch en selfs Cosatu aan op die onmiddellike bedanking van Dlamini. Die DG van haar departement, Zane Dangor, het pas bedank. Op die keper beskou kan die SASSA-aangeleentheid nie anders gesien word nie as die resultaat van 'n patetiese swak regering wat Suid-Afrika as 'n moderne land oor die afgelope meer as twee dekades feitlik in die grond in bestuur het. Die regering word omhul deur 'n kleed van korrupsie, terwyl daar 'n chroniese gebrek aan kundigheid en vooruitbeplanning ooglopend is. Wat voorts ook nie misgekyk kan word nie, is dat Suid-Afrika met sy ryk potensiaal aan ontwikkeling nooit in 'n posisie moes beland het waarin dit sit met 'n ondraaglike las van meer as 17 miljoen welsynsgevalle en 'n verdere 9 miljoen plus werkloses nie. Baie van hierdie mense kan en wil graag werk, maar daar is nie geleenthede vir hulle nie en is hulle dikwels ook nie genoegsaam opgelei nie. Die huidige regering het nooit entrepreneurskap en kleinsake-ontwikkeling behoorlik bevorder nie, terwyl SEB internasionaal beoordeel word as die grootste Achilles-hiel van die SA ekonomie.

So bv. is in die nasionale begroting wat Gordhan op 22 Februarie vanjaar ter tafel gelê het, geen voorsiening gemaak vir aansporings vir kleinsake – potensieel die sterkste stimuleerders en grootste werkverskaffers in enige ekonomie – nie. Die resultaat van dit alles is dat indien die sowat R23,8 miljard vanaf 1 April 2017 nie aan 17 miljoen plus nooddruftiges / armlastiges betaal word en daarna op 'n volhoubare basis gedoen word nie, SA waarskynlik 'n rewolusie van onberekenbare omvang in die gesig staar. Ondanks hierdie gevaar moet Christene gelowig bly en glo in God wat die almag het om die land weg van die afgrond en na 'n beter toekoms te stuur.

Daar heers groot omstredenheid rondom Brian Molefe wat deur pres. Jacob Zuma na die Parlement ontplooi is, na gespekuleer word om in 'n invloedryke pos t.o.v. die Dept. van Finansies aangestel te word. In die eerste plek het Molefe einde verlede jaar homself genoop gevoel om te bedank as uitvoerende hoof van Eskom nadat die Openbare Beskermer hom met klinkklare bewyse geïmpliseer het as 'n meeloper van die Gupta-familie en hul staatskaping-verbintenis met Zuma. Tweedens, vóór Eskom was Molefe uitvoerende hoof van Transnet waar hy vyandiggesind was t.o.v. die kontroversiële terughouding van pensioengeld ter waarde van sowat R79 miljard aan 67 000 verarmde, afgetrede Transnet werknemers en het Molefe gesê dat hulle “begunstigdes van apartheid is wat op geen vergoeding aanspraak kan maak nie. As die pensioenarisse die rewolusie in die strate verder wil voer, moet hulle net so sê.” Derdens het Molefe tydens sy termyn by Eskom 'n borgskap van R840 000 skynbaar onregmatig toegeken aan die verbete anti-blanke aktivis Jimmy Manye vir sy sg. Progressive Professionals Forum, wat aktief 'n stryd voer om van Pravin Gordhan as Minister van Finansies ontslae te raak. Vierdens het dit aan die lig gekom dat Molefe 'n paleis van 'n woning in die luukse landgoed Cornwall Hill in Pretoria, as 'n tweede woning by 'n mede-ANC kader gekoop het vir R10 miljoen, terwyl die markwaardasie van die eiendom op R18 miljoen geraam word.

Bladsy 1 van 6

Tridor.jpg

Fabricia proef Maart web 2017.jpg

ATKV