Tinus Nortje Eiendomme proef April 2017.jpg

Snelnuusbaan

Die NP van Wyk Louw Sentrum van die FAK bied op 4 Mei 2017 ‘n konferensie aan oor Gesonde gesinne vir ’n gesonde toekoms vanaf 08:30 in die De Kroon Kamer van die Voortrekkermonument, Pretoria. In aanloop tot die konferensie word daarop gewys dat sowat 52% van gesinne in SA is vaderloos, in 2014 was daar by 13 676 (55.4%) van die 24 689 egskeidings wat gerapporteer is, kinders jonger as 18 jaar oud betrokke, die totale aantal kinders wat deur egskeidings geraak is in 2014 word gereken op 22 218, die werkende komponent van ouers in SA is tans oorwerk en die meer bevoorregte komponent van SA kinders kry tans soms te veel fokus. Die vraag word gevra watter rol kan ouers, kerke, skole en kultuurorganisasies speel om die morele vesel in die land op te tel en in stand te hou. Vir meer besonderhede oor die konferensie, volg hierdie skakel of kontak Samantha Muller by 012 301 1777 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..  

'n Groot slag teen die kernkragplanne van die regering en in besonder van pres. Jacob Zuma is geslaan toe die Hooggeregshof in Kaapstad beslis het dat die ooreenkomste van die regering met Rusland, die VSA en Suid-Korea “ongrondwetlik” en “onwettig” is en dit tersyde gestel het. Die hofaansoek is in 2015 gebring deur Earthlife Africa en die Suider-Afrikaanse Geloofsgemeenskappe Omgewingsinstituut (SAFCEI) en het gevolg op berigte dat die regering 'n ooreenkoms met die Russiese kernkragmaatskappy Rosatom onderteken het met die oog op die implementering van 'n kernkragplan vir SA wat tot R1 000 miljard kan kos. Die Dept. van Energie het ook die verantwoordelikheid vir 'n kernkragtender vir SA na Eskom oorgeplaas. In al hierdie stappe het die hof bevind dat die korrekte prosedures nie gevolg is nie en dat daar nie aan die nodige wetlike voorskrifte voldoen is nie. Die hofuitspraak word wyd verwelkom deur energiekenners, omgewingsaktiviste en politici, wat dit eens is dat die land met die huidige kapasiteit van Eskom en met die potensiaal van hernubare energie op die langtermyn selfvoorsienend kan wees en dat die eintlike rede vir die kernkragplanne deel vorm van die poging tot staatskaping en die verryking van die betrokkenes.   

Die oë van die wêreld is tans op die Franse presidentsverkiesing gerig, veral omdat een van die voorlopers Marine Le Pen van die Front National ten gunste is van Frexit vir Frankryk en sou dit realiseer, sal dit 'n slag vir die Europese Unie en die planne van die Nuwe Wêreldorde (NWO) wees. Dit is so veral in die lig van die implikasies van Brexit en daarom werp die voorstaanders van NWO agter die skerms alles in die stryd om Le Pen van die finale nominasie te ontsê. Aanvanklik was daar 11 kandidate vir die Franse presidensiële verkiesing, maar uiteindelik het slegs vyf kandidate nog gestaan in die eerste rondte van die verkiesing op 23 April. Hieruit het die 29-jarige Emmanuel Macron van die party En Marche! (“Voorwaarts!”) 23,9% van die stemme gekry en Le Pen 21,4% en sal hulle sake uitspook in die tweede rondte komende Sondag. Macron het vanjaar van feitlik nêrens op die politieke toneel verskyn en homself sentristies geposisioneer – gematig, liberaal-kapitalisties en pro-EU. Le Pen aan die ander kant wil Frankryk so ver moontlik skoonmaak van Moslems en is vriendelik teenoor pres. Vladimir Putin van Rusland.  

'n “Keelvolbrief” oor plaasmoorde is op 26 April 2017 deur AfriForum aan 'n verteenwoordiger van die kantoor van pres. Jacob Zuma by die Uniegebou oorhandig. In die brief word gemeld dat daar die afgelope boekjaar 357 plaasaanvalle in SA was waarin 74 mense gedood is en waar gemiddeld vier aanvallers per aanval betrokke was. Die brief van AfriForum is deur 175 000 mense onderteken, terwyl Steve Hofmeyr ook teenwoordig was met die oorhandiging. In die brief is ook genoem dat in 62% van die aanvalle was die slagoffers 51 jaar en ouer, terwyl die meeste aanvalle (17,6%) op 'n Saterdag plaasgevind het, gevolg deur Sondae (15,9%). 36% van die aanvalle was tussen 18:00 en middernag met 34% tussen middernag en 06:00.  

Dit blyk dat 'n eierdans gedoen word oor die toekomstige energiebronne van SA, in die sin dat Eskom 'n moratorium geplaas het op nuwe hernubare energieprojekte deur die privaatsektor, maar deur die regering daarvoor gekritiseer word. Intussen is die aanduidings dat die regering planne het om ten duurste kernkrag vir die land op grootskaal uit te brei, planne wat regeringswoordvoerders egter ontken. Intussen word berig dat beide Russiese en Franse kernkragagentskappe voorberei om te tender vir 'n SA kernkragprogram. Vrae word nou ook gevra hoe pas die goedkeuring van skaliegasontinning in die Karoo in en wat die toekoms is van verdere sonkragplase, hidrokrag-projekte en windkragopwekking?
Die SuperSport Uitdaagreeks vir die volgende vier maande in die land is bekendgestel en waarin klub- en provinsiale spanne van 14 provinsies en Namibië gaan deelneem. Dit behels o.a. dat op vyf Sondae sg. “rugbyfeeste” by kleiner stadions aangebied gaan word, soos die Isaac Wolfson Stadion in PE, Bill Jardine in Johannesburg, Impala in Rustenburg, Bridgton in Oudtshoorn, ens. Die reeks word op 'n rondomtaliebasis beslis, met die eindstryd op 16 Julie. Saru reël die reeks.
Vier mense is wreed vermoor in drie plaasaanvalle in die Vrystaat die afgelope ses dae. Te Parys is 'n 87-jarige boer met 'n hamer doodgeslaan. Te Wepener is Piet van den Berg en ’n werker van die plaas Pharoosfontein vasgebind en doodgeskiet aangetref. Te Ladybrand is Dirk du Randt van die plaas Elim ook vasgebind en doodgeskiet aangetref. Die vorige week is Peet van Es (54) op sy plaas in die Barberton-distrik in Mpumalanga letterlik doodgeslaan, sy vrou Arine ernstig aangerand en hul huis gestroop.
In die moordverhoor van Martie Bester (66) van die plaas Erfbloem in die Theunissen-distrik het een van die twee beskuldigdes Motelekoa Mothibedi in die Vrystaatse hooggeregshof getuig hy het kos in haar kombuis voorberei terwyl die ander beskuldigde Lekgotla Matatiele die slagoffer in haar slaapkamer vasgebind, verkrag en gemartel het. Matatiele het dit gedoen terwyl hy whisky van die slagoffer gedrink het. Daarna het hulle goedere geroof en die huis bo-op die slagoffer aan die brand gesteek.

'n Interessante diagram is bekom waarin grafies die netwerk van sakebelange van die omstrede Gupta-familie uiteengesit word en hoewel die outentiekheid daarvan nie bevestig word nie, bied dit 'n insiggewende kykie in 'n netwerk wat kwalik anders beskryf kan word as 'n spinnerak. Vir die diagram volg hierdie skakel.

Die nuutaangestelde raadgewer van nuwe Minister van Finansies Malusi Gigaba, prof Chris Malikane, het in 'n artikel in die Sunday Times hom uitgespreek ten gunste van die nasionalisering van banke, myne en versekeringsmaatskappye. Hy stel ook voor dat 'n staatsbank gestig word wat alle finansiële instellings in staatsbesit kombineer en dat die Reserwebank met sy private aandeelhouers ook genasionaliseer word, terwyl hy ook 'n voorstaander is van onteiening van grond sonder vergoeding. Later het Gigaba op die vooraand van sy besoek aan die VSA Malikane gerepudieer en gesê Malikane is “oningelig”.

Bladsy 1 van 4

Tridor.jpg

Fabricia proef Maart web 2017.jpg

            Cosatu kies Ramaphosa bo Zuma as spreker by Werkerdag 1 2017    Zelda la Grange ook by Freedom Movement byeenkoms in Pretoria    Microsoft 28% styging in wins eerste kwartaal 2017    Groot belangstelling vir Nampo Oesdag 16 - 19 Mei    Kontroversie oor Maria Sharapova weer tennis speel na opkikkerskorsing    Swartwitpenskoei op veiling bu Mattanu Wildereservaat by Barkley-Wes verkoop vir R1,5 miljoen    Vier renosters in Bloemfontein Dieretuin gestroop - Munisipaliteit trek skouers op                   Volg ons ook op fb of besoek ons webwerf http://www.ditsem.net  vir aktuele nuus wat saak maak!    VSA het $19 triljard staatskuld plus ongeveer $300 triljard private skuld    Teken petisie van Ditsem Nuus teen grondonteiening! https://www.ipetitions.com/petition/weg-met-grondonteienings-wet …    SA benodig dringend 12 miljoen nuwe permanente werksgeleenthede om grootste probleem in land aan te spreek – ekonoom Chris Hart

ATKV