Orastad 2

Glybanier

-►Gruwelike en Godskreiende rassistiese dubbele standaarde -►Plaasmoorde is terreur en nie bloot misdaad nie – AfriForum -►Opstand teen plaasterreur: Landswye vloedgolf -►Dave Miller vinnigste 100tal in T20 krieket – vanaf net 35 balle -►WP Curriebekerkampioene 2017 – steeds die beste SA rugbyreeks -►Nuwe boek “The President’s Keepers” onthul Zuma as “gangster” -►Groot vragmotor ploeg in Swart Maandag-optog in

Luidens ʼn onlangse artikel in Biznews wat gegrond is op navorsing gedoen deur Discovery Health, het die behandeling van mense met geestesverwante siektes die afgelope vyf jaar met sowat 80% gestyg en die oorsake hiervan word grootliks toegeskryf aan hoë stresvlakke a.g.v. die huidige ekonomiese toestande. Daar is voorts bevind dat geestesgesondheid vinnig besig is om MIV/ Vigs verby te steek as die grootste oorsaak van siektes wat mediese hulp vereis in Suid-Afrika.

Volgens die VF Plus word die krisis vererger deur die uiters gebrekkige geriewe in die onderskeie provinsies om mense met geestesiektes te behandel. Dit blyk dat depressie en ander verwante toestande die grootste deel van die probleem uitmaak en daar word bereken dat die ekonomiese impak hiervan in terme van produktiwiteit, tans tussen R12- en R16 miljard per jaar beloop.

Navorsing van die London School of Economics oor die verskillende faktore wat ʼn effek op mense se lewensgenietinge het, toon dat dit veel makliker is om ʼn liefdesteleurstelling of die dood van ʼn geliefde te verwerk as werkverlies. Die gemiddelde werkloosheidsyfer van die land staan juis tans op sowat 27% van die totale bevolking, aldus Stats SA, terwyl Stanlib die werkloosheidskoers onder mense jonger as 25 op bykans 64% stel.

Dit klop met syfers van die Wêreldekonomiese Forum wat sê meer as 50% van Suid-Afrikaners tussen die ouderdom van 15 en 24 is werkloos - op twee na die grootste werkloosheidsyfer ter wêreld. Derhalwe kan die hoë stresvlakke in die land vanweë die ekonomiese krisis in werklikheid onberekenbare gevolge inhou.

In die huidige era van die tegnologiese rewolusie waarin die hoeveelheid kennis in die wêreld telkens verdubbel, het dit ook op die landboubedryf 'n fenomenale invloed. Ten einde daarmee tred te hou, bring dit die landboubedryf voor 'n enorme uitdaging – 'n uitdaging wat Laeveld Agrochem en Agri Technovation die moderne boer help om m.b.v. MyFarmWeb™ aan te spreek.

MyFarmWeb™ is alles wat 'n produsent benodig op een digitale platform – dit bied aan die produsent die vermoë om groot volumes data te verwerk in nuwe bestuurs- en besluitnemingsprosesse en nuwe vlakke van volhoubaarheid en winsgewendheid. D.m.v. presisiemetodes ontgin die stelsel die werklike waarde van die data wat geskep word, deur dit in visuele en bruikbare formaat om te skakel, dit te verwerk en dit dan te interpreteer.

Dit word moontlik gemaak omdat met tegnologie soos die Internet, hommeltuig-tegnologie, satellietverbindings en wolkgebaseerde stelsels ’n massa hoeveelheid inligting op ’n eenvoudiger manier bestuur en benut kan word. Sodoende word ’n oorweldigende berg data omskep in wetenskaplik-gebaseerde inligting, wat tot vinniger en beter besluitneming lei.

Dit alles spruit uit die feit hoe ontsettend kragtig die Internet met sy talle tegnologiese platforms is, soos dit bv. blyk uit die Digital in 2017 Global Overview-verslag dat daar tans ongeveer 3,77 miljard Internet-verbruikers wêreldwyd is (50% van die wêreld se bevolking) en 4,92 miljard selfoongebruikers (66% van die wêreld se bevolking). Voorts spandeer die gemiddelde persoon elke dag vyf ure en 19 minute op die Internet d.m.v. ’n skootrekenaar en een uur en 36 minute op die Internet d.m.v. ’n selfoon, d.w.s. in totaal van ses ure en 55 minute per dag op die Internet.

Hierdie tektoniese verskuiwings het die konsep van besluitnemingsboerdery oftewel Decision Farming™ voortgebring, soos dit verwys na die ewolusie van tradisionele landboupraktyke na digitale kennisgebaseerde presisieboerdery. Vir meer besonderhede, skakel Laeveld Agrochem by 012 940 4398 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of besoek www.laeveld.co.za.

In reaksie op die suksesvolle hofaansoek van die Kamer van Mynwese om implementering van die nuwe Mynbouhandves tydelik te halt, het die regering by monde van Minister van Minerale Bronne Mosebenzi Zwane aangekondig dat alle myntransaksies wat eienaarskap raak, tot verdere kennisgewing bevries word. In reaksie hierop sê die VF Plus in 'n mediaverklaring hierdie stap van die regering “is niks anders nie as hoogverraad”.

In die mediaverklaring word voorts gesê: “Die mynbedryf lewer steeds 8% van die land se bruto binnelandse produk, maar wat die regering nou doen is ʼn vorm van sluip-onteiening. Voorts sal daar geen nuwe beleggings in die bedryf wees nie, wat broodnodige werkskepping in die wiele sal ry. Hierdie aksie is trouens teenstrydig met die onderneming van Malusi Gigaba, minister van finansies, se onderneming om ingevolge sy 14-punt plan stabiliteit te bring na die mynbousektor.

“Hierdie opskorting van transaksies in die mynbedryf sal die waarde van mynaandele drasties laat verswak. Sodra die beperking weer gelig word, sal die Guptas en hul uitgebreide ANC-netwerk in staat wees om talle myne oor te neem teen ʼn groot winskoop.W at Zwane in effek doen, is dieselfde as wat Eskom gedoen het met die Optimum Myn deur die myn effektief in bankrotskap te dwing sodat die Guptas dit kon koop met Eskom-voorskietfondse.”

Derhalwe word 'n beroep op die publiek gedoen om in ‘n proses van openbare deelname ten sterkste beswaar aan te teken teen hierdie afbrekende stap.”

AfriForum het 'n innoverende projek genaamd AfriVriendelik geloods om entrepreneurskap onder Afrikaanssprekendes te bevorder, met die hoofkomponent 'n interaktiewe webwerf Afrikaans-Vriendelik vir besighede wat in Afrikaans bedien. In 'n mediaverklaring wys die koördineerder van die projek, Sanderien van der Walt, daarop dat luidens 'n verslag van die SA Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRV) het entrepreneurskap in die land vanaf 2015/16 tot 2016/17 met ongeveer 34% gegroei en is daar voorts 'n noue verband tussen aanmoediging in 'n taal en die voorkoms van entrepreneurskap onder die sprekers van daardie taal.

“Derhalwe moet sprekers van alle inheemse tale in SA nou aangemoedig word om voordeel te trek uit die groeiende entrepreneurslandskap”, sê Van der Walt en wys daarop dat Afrikaans-Vriendelik ʼn inisiatief is wat die bedryf van sake-ondernemings in'n inheemse taal maklik maak. Die veldtog het spesifiek ten doel om entrepreneurskap in Afrikaans te bevorder deur gratis bemarking aan Afrikaanse ondernemings en diensverskaffers te bied. Afrikaans-Vriendelik is een van vyf inisiatiewe van AfriVriendelik, met die ander ʼn aanlynkletskamer vir AfriForum-lede en entrepreneurs, bemarkingsopleiding, die jaarlikse Tinteltong toekennings en ʼn entrepreneurskompetisie.

Vir meer besonderhede kontak Van der Walt by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of besoek www.afrikaansvriendelik.co.za.

James Read wat die afgelope 8 jaar Dean of Students / Assistant director of Christ for the Nations Institute by die Dallas Baptist University in Texas, VSA, is, het 'n insiggewende artikel oor Orania geskryf en het dit ook as 'n akademiese tesis by sy universiteit ingedien. Enkele uittreksels uit die artikel lui soos volg:

“The Afrikaners of Orania

“In a recent publication of Elle magazine, Elizabeth Griffin concludes that ‘beauty is diversity.’ With so many different cultures, languages, and skin colors framing our reality, diversity is the fragrance that shapes us, and that blends us all together. Thousands of languages and hundreds of nations bring color, and individually contribute to a rainbow of differences.

“The Afrikaners of Orania on the southern tip of the African continent, one of the many cultural groups that form part of society, is a group in a fight for cultural survival. This is a fight to preserve the Afrikaner culture, a fight to keep their relevance, and a fight for their piece of the rainbow. The Afrikaners of Orania should be allowed to practice their culture without reservation.

“They are one of those groups who find themselves in a battle for cultural survival. Many white South Africans have had to look for opportunities abroad due to Black Economic Empowerment policies implemented by the South African government, a sky high crime rate and rampant farm murders against white South African farmers. These are just some of the factors that have placed the survival of the Afrikaner culture at serious risk. As the Afrikaner culture of South Africa has slowly been influenced and absorbed, and Afrikaner immigration has soared due to the paralyzing Affirmative Action policies, the Afrikaners of Orania are trying to preserve what is left of Afrikaner culture.

“Because of the lack of tolerance for diversity, offense runs rampant. In South Africa, the slightest disagreement or action that is not agreeable is branded as ‘racist’ or presumed to have an ulterior motive. One can hardly drink a cup of white coffee without having an ulterior motive. The system allows for offense to be taken and is freely supported, which justifies the right to feel offended.

“ Where does this form of intolerance for diversity and lack of accommodation for cultural differences come from? In a country that is rampant with crime and has one of the worst murder rates in the world, one can hardly blame the Afrikaners of Orania for choosing to settle in a tiny country town outside of Hopetown, far from the governmental and moral corruption and rampant crime rates in the city.

“Major news networks have run some stories about this community in Orania. It was surprising how opinionated and politically slanted these reports were. A news network that wrote an article stating that this is a ‘whites-only town’, unfortunately failed to recognize that this town is open to people from all races. Spokesperson for Orania, James Kemp, recently said, that ‘anyone that is willing to integrate into that, regardless of skin color, will be welcome in Orania’

“The truth is that the Afrikaners of Orania are some of the most welcoming people and have hosted numerous black government leaders and visitors with open arms and huge smiles. With all the media and political attention that this tiny minority of Afrikaners are receiving, there remain many unanswered questions about the motive of those media outlets and politicians involved. Why do we all have to be the same? Surely, we were created by a creator who found the greatest beauty in diversity.

“Culture is what makes us who we are. It is beautiful. It would be great if total unity could prevail on Earth, if people groups and races could live in harmony, if accommodation could be made for one another and if there could be a common respect for others, their culture and their way of doing things.

“People should be held accountable for the way they treat other cultures and there should be no tolerance for racial prejudice, but to throw the baby out with the bathwater and place strict restrictions around people that suffocates their ability to live within the boundaries of their cultural conviction, is tantamount to genocide. It kills - just at a slower pace.

“Sadly, it is the minorities like the Afrikaners of Orania that are being kicked while they are already down. Much like this Afrikaner community has embraced and loved visitors from all walks of life, black and white, they should be treated the same way.”

Read beskryf homself as van oorsprong “'n boerseun van Pretoria”.Hy kan gekontak word by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of 214 302 6482 in Texas. 

In 'n oorsig van Effective Measure, 'n maatskappy wat webwerwe in Afrika en in die Midde-Ooste beoordeel, is pas 'n lys bekendgemaak van wat na hul mening die 10 beste webwerwe in Suid-Afrika is, asook die 10 top nuuswebwerwe. Onder laasgenoemde is die drie top nuuswebwerwe News24, Times Live en IOL, terwyl Maroela Media (8ste) die enigste Afrikaanse webwerf onder die top 10 is.

Die top 10 algemene SA webwerwe is 1. News24 / 2. Gumtree / 3. Times Live / 4. IOL / 5. MSN / 6. EWN / 7. ENCA / 8. Sowetan Liove / 9. Auto Trader / 10 Sport24.

Die top 10 nuuswebwerwe in die land is 1. News24 / 2. Times Live / 3. IOL / 4. EWN / 5. ENCA / 6. Sowetan Live / 7. Citizen / 8. Maroela Media / 9. BBC Sites / 10. Huffington Post.

Effective Measure het in hul ondersoek spesifiek gelet op die getal unieke besoekers aan webwerwe in die tydperk 1 Januarie 2017 tot 30 Junie 2017.

Uitgewerhuis Penguin Random House het aangekondig dat dit die pasverskene boek Mandela’s Last Years deur dr. Vejay Ramlakan van die mark gaan onttrek ná negatiewe kritiek deur Graca Machel, weduwee van die oud-pres. Nelson Mandela en die Mandela-familie. Ramlakan, voorheen geneesheer-generaal van die SANW en persoonlike geneesheer van Mandela tydens sy laaste jare, gee in die boek gedetailleerde weergawes van die laaste jare en ook laaste dae van Mandela. Daaruit blyk dit dat Mandela besonder sieklik was met bedsere, asook eensaam, maar dat hy min empatie van naaste familie en ook van die ANC as organisasie ontvang het.

Die boek dui ook op wat lankal reeds vermoed is, nl. dat gedurende sy laaste jare 'n ideologiese breuk ontstaan het tussen Mandela en die ANC, veral soos laasgenoemde gelei is deur pres. Jacob Zuma. As sulks kan die boek dus 'n reuse verleentheid vir die ANC en sy borge wees en kom dit derhalwe as geen verrassing dat verdere uitgawes gestaak word nie.  

Oor 'n breë front in die sosiale media word kommer uitgespreek oor die agteruitgang van Afrikaans op Radio Sonder Grense (RSG), bv. dat dit opvallend is dat feitlik geen Afrikaanse musiek meer in die jongste tyd oor die stasie gespeel word nie. Die musiekprogram op weeksaande staan bekend as Chill, wat telkens onderbreek word deur Moslem godsdiensprogramme, somtyds in Arabies. 

Saterdagaande kan geluister word na Amerikaanse Country & Western, aangebied deur Afrikaanse omroepers, maar met geen Afrikaanse musiek in die genre nie. Dieselfde anti-Afrikaanse tendens figureer ook met die program Fine Music Radio, voorheen bekend as Fynproewersmusiekradio, wat in die Kaapse Skiereiland uitgesaai word. Voorts word die enkele Afrikaanse omroepers wat nog in diens is, beperk tot klassieke musiekprogramme met weinig of geen ruimte vir Afrikaanse produksies nie.

Daarby is op SABC-radiostasies 'n musiekkwota ingestel van sowat 80% swart musiek (township-kwela, township-jazz en tradisionele stammusiek), 15% internasionale allegaartjies, veral Amerikaanse Negermusiek en sowat 5% Europese musiek. Daar is ook opvallend gereelde programme met tradisionele Britse volksmusiek van die Skotte, Walliesers, Engelse en Iere.

Te midde van die oorverhitte debat oor grond in SA, is die Wetsontwerp op Landbougrondbesit pas vir kommentaar gepubliseer. Die wetsontwerp het ten doel om o.m. grondplafonne vir kommersiële plase in te stel en beperkings te plaas op die besit van landbougrond deur buitelanders.

Ander bepalings van die wetsontwerp is dat grondeienaars van landbougrond gedwing kan word om inligting oor hul grond en hulself, soos hul ras, te verskaf. Grondplafonne is primêr gemik op die herverdeling van grond deur die hoeveelheid grond wat individue mag besit, te beperk.

Die voorstelle op die tafel vir grondplafonne is vir kleinskaal kommersiële plase 1 000 ha, mediumskaal kommersiële plase 2 500 ha en grootskaal kommersiële plase 5 000 ha. Daar is egter 'n spesiale kategorie vir wild-, bosbou- en hernubare energieplase van tot 12 000 ha.

Lande waar grondplafonne al toegepas is, maar in elke geval misluk het, is o.a. Egipte, die Filippyne, Indië en Pakistan.

Inmiddels toon statistieke van die WWF-SA dat 20% van plase in SA produseer 80% van alle voedsel in die land, terwyl slegs 69% van alle landbougrond geskik is vir weiding, slegs 13% geskik is vir gewasverbouing en slegs 3% word as besonder vrugbaar gekategoriseer. Insiggewend is dat tans meer as 20 000 kommersiële plase in die land in die mark is.

Bladsy 9 van 28

Ora betonwerke proef Sept 2017

Artistia Food

Renosterberg lodge