Orastad 2

Glybanier

-►Gruwelike en Godskreiende rassistiese dubbele standaarde -►Plaasmoorde is terreur en nie bloot misdaad nie – AfriForum -►Opstand teen plaasterreur: Landswye vloedgolf -►Dave Miller vinnigste 100tal in T20 krieket – vanaf net 35 balle -►WP Curriebekerkampioene 2017 – steeds die beste SA rugbyreeks -►Nuwe boek “The President’s Keepers” onthul Zuma as “gangster” -►Groot vragmotor ploeg in Swart Maandag-optog in

Die internasionale mobiele betaal stelsel Alipay, wat groot in China is, het nou in vennootskap met Peach Payments, 'n SA fintech maatskappy, en die globale ACI Worldwide saamgewerk om betalings vir Chinese in SA, veral Chinese toeriste deur Alipay moontlik te maak. Dit word gesien as 'n belangrike stap om die koers van mobiele saketransaksies in SA op te stoot.

In China word feitlik alle verbruikersrekeninge d.m.v. slimfone betaal, met Alipay en WeChat Pay as twee verskaffers wat ongeveer 90% van die Chinese mark bedien. Die Chinese toerisme verkeer na SA is besig om sterk toe te neem, met 'n totaal van 117 144 besoekers verlede jaar en wat dui op 38% groei.

Dit kan genoem word dat Zapper, 'n mobiele toep. wat gebruikers in staat stel om hul rekening te vereffen deur eenvoudig die QR kode met hul slimfoon te skandeer, ook ‘n vennootskap met Alipay aangegaan het.

In ‘n wydlopende onderhoud wat die Amerikaanse ondersoekende joernalis Stefan Molyneux met Steve Hofmeyr gevoer het, het laasgenoemde, aan die hand van feite, ‘n goeie prentjie geskets van die toestand waarin Suid-Afrika vandag is. Hoewel dit ‘n negatiewe prentjie is, is dit realisties en is dit vir elkeen om met oplossings vorendag te kom wat dit betref.

Die Voortrekkerjeugbeweging het die afgelope paar jaar skouspelagtig ontwikkel met o.a. uitgebreide aktiwiteite, toename in getalle, byderwetse toepassings, sterk Afrikaner-identiteit en moderne korporatiewe voorkoms. Om uitsig hierin te verkry, kyk hierdie video vir meer inligting in die formaat van 'n byderwetse TV-nuusaanbieding.

Ná 'n hooggeregshofaansoek deur die Kamer van Mynwese is uitspraak gegee dat die nuwe Mynbouhandves tydelik opgeskort word totdat meer besonderhede van Dept. van Energie ontvang is. Die handves, wat veel hoër swart ekonomiese bemagtigingsteikens daarstel, het groot ontevredenheid in die mynbedryf ontlok en word gesê dat dit sonder behoorlike konsultasie met belanghebbendes geproklameer is.

Ook in die wyer ekonomie is die handves met groot skeptisisme begroet, soveel so dat die waarde van mynbou-aandele met sowat R50 miljard geval het. Die hof het die aansoek van die Kamer toegestaan op voorwaarde dat verdere inligting deur die Minister van Energie teen September vanjaar aan hom voorgelê word.

Die #Khomani Cultural Landscape in die Noord-Kaap is pas deur Unesco tot Wêrelderfenisgebied verklaar, wat die totale aantal sulke gebiede in SA tot nege te staan bring. Die Landscape is die tradisionele tuiste van die # Khomani San-bevolking en die verklaring van hul gebied sluit aan by die spesiale internasionale erkenning wat aan die aangrensende Kalahari Gemsbok Nasionale Park en die groter Kgalakgadi Transfrontier Park verleen word.

Op ʼn spesiale raadsvergadering van die Mafube Plaaslike Munisipaliteit, gebaseer te Frankfort en ook oor Villiers, Tweeling en Cornelia en wat totaal disfunksioneel geraak het weens korrupsie en wanbestuur, is Mojalefa Matlole aangestel as tussentydse administrateur. Hy is egter 'n ANC kader met 'n lang reputasie van skandale – voorheen was hy die stadsbestuurder van die Mangaung Metro (Bloemfontein, Botshabelo, Van Stadensrus, Wepener, Thaba Nchu, Dewetsdorp) waartydens hy in 2005 van bedrog van meer as R150 miljoen aangekla is.

Hy is later aangestel as administrateur van die Ngaka Modiri Molema Distriksmunisipaliteit in Noordwes, waar hy ook in omstredenheid gedompel was, veral vanweë bedrogklagtes teen sy maatskappy Lefanosi Construction.

Een van die beste kolwers en krieketspelers wat SA ooit opgelewer het, Graeme Pollock, sê die Protea-krieketspan sal nie bokant middelmatigheid uitstyg solank raskwotas van toepassing is op die kies van spanne nie. Volgens hom ondermyn politieke voorskrifte die vermoë van SA om op die langtermyn suksesvol op toetsvlak te wees, bloot omdat die beste 11-tal nie in die veld gestoot word nie.

Sedert Augustus verlede jaar moet die nasionale krieketspan ses spelers van kleur kies, van wie twee etnies swart moet wees. Op plaaslike vlak is dit nog strenger en word aangedring op ses spelers van kleur, van wie drie etnies swart moet wees.

Pollock het die aanvangskolwer Heino Kuhn as 'n voorbeeld gebruik om sy punt te staaf. “Jy behoort nou 'n speler soos Kuhn, wat 'n paar honderdtalle op eersterangse vlak aangeteken het te kies, maar hy word nie goed genoeg geag om toetskrieket te speel nie” sê Pollock.

Hy wys voorts daarop dat Kyle Abbott en Rilee Rossouw wat albei vir Hampshire speel, enkele voorbeelde is van spelers wat hul internasionale loopbaan opgeoffer het ter wille van graafskapkrieket in Engeland. Daar is nog veel meer Suid-Afrikaners wat plaaslike krieket in Engeland speel. Die wisselkoers speel egter ook 'n groot rol, aldus Pollock.

Die briljante loopbaan van Pollock is in 1970 ná 23 toetse kortgeknip deur die destydse anti-apartheidsboikot. In die 23 toetse het hy 2 256 lopies, insluitende sewe skitterende honderdtalle, aangeteken.

'n Ongekende koers van politieke moorde is tans besig om in Suid-Afrika plaas te vind en na raming is vanjaar alleen alreeds 60 persone vermoor in gevalle wat as polities-gemotiveerd bestempel word. Dit kom feitlik uitsluitlik in ANC-geledere veral in KZN voor, 'n provinsie waar pres. Jacob Zuma sy sterkste magsbasis onder die Zoeloes het.

Verlede week is in KZN in die Ibisi-gebied drie munisipale raadslede doodgeskiet nl. Sindiso Magaqa, Nonsikelelo Mafa en Jabu Mzizi en dit volg nadat drie ander ANC-ampsdraers vroeër vanjaar in dieselfde gebied vermoor is. Die jongste voorval het egter in die Oos-Kaap voorgekom toe die speaker van die Raymond Mahlaba Munisipaliteit Thozama Njobe twee dae gelede op kort afstand geskiet is toe sy van 'n byeenkoms in Fort Beaufort teruggekeer het. Sy is later aan haar wonde in die hospitaal oorlede.

Inmiddels het die Valke 'n nasionale taakspan aangewys om moorde op politieke ampsdraers te ondersoek.

'n Studie How on earth? deur Terence McCarthy in Proceedings of the National Academy of Sciences toon die huidige koers van vernietiging van lewe op aarde deur die mens is ongeëwenaard in die wêreldgeskiedenis en is daar in die geval van 27 600 spesies van voëls, amfibiese diere, soogdiere en reptiele hoogstens 30 jaar oor om hulle van uitwissing te red. So bv. is na raming 200 gewerwelde spesies die afgelope 100 jaar heeltemal uitgewis, terwyl die normale uitsterfkoers sowat 200 spesies per 2 miljoen jaar is, aldus die studie.

Veral in Asië en Suidoos-Asië is daar tot 80% verlies aan spesies tesame met die gebiede waar hulle leef. Sowat 50% van die diere wat die aarde met die mens gedeel het, is reeds uitgewis, asook miljarde getalle van spesies.

Die redes vir hierdie uitwissing is verlies aan habitat, siektes, jag, tradisionele geneeskunde, bosbou, ontwikkeling, besoedeling, klimaatsverandering, oormatige verbruik en gebrek aan behoorlike bewaring.

Bladsy 10 van 28

Ora betonwerke proef Sept 2017

Artistia Food

Renosterberg lodge