Orastad 2

Glybanier

-►Gruwelike en Godskreiende rassistiese dubbele standaarde -►Plaasmoorde is terreur en nie bloot misdaad nie – AfriForum -►Opstand teen plaasterreur: Landswye vloedgolf -►Dave Miller vinnigste 100tal in T20 krieket – vanaf net 35 balle -►WP Curriebekerkampioene 2017 – steeds die beste SA rugbyreeks -►Nuwe boek “The President’s Keepers” onthul Zuma as “gangster” -►Groot vragmotor ploeg in Swart Maandag-optog in

Terwyl SA Airways 'n bodemlose put is waarin miljarde rand belastingbetalergeld al vir jare gegooi word om die lugdiens operasioneel te hou, word die plaaslike private lugmaatskappy Comair met sy lugdiens kulula.com jaarliks hoogs winsgewend bedryf. Sedert 1999 het die regering reeds 'n totale reddingsboei van R14,4 miljard vir die SAA opgedok, terwyl Minister van Finansies Malusi Gigaba tans op soek is na 'n verdere R10 miljard, waarvan R3 miljard pas uit die nasionale begroting gehaal is.

In teenstelling daarmee het Comair vir kulula.com pas weer 'n wins van R197 miljoen vir die jongste finansiële jaar aangekondig – 'n styging van 54% op die vorige jaar. Dit blyk dat Comair die enigste lugmaatskappy ter wêreld is wat vir 71 agtereenvolgende jare 'n bedryfswins getoon het.

Dit wil dus in alle opsigte voorkom asof die probleem met SAA eenvoudig 'n bestuursprobleem is – dit is die jokkie en nie die perd nie.

In antwoord op 'n Parlementêre vraag van die VF Plus het Minister van Finansies, Malusi Gigaba gesê die wet maak nie voorsiening vir die beskerming van die Staatsdienspensioenfonds (SPF) onder die jurisdiksie van die Beregter van Pensioenfondse nie. In reaksie hierop sê die VF Plus in 'n mediaverklaring: “Die minister se kort en sinnelose antwoord moet gelees word teen die agtergrond van die druk wat geplaas word op dr. Dan Matjila, uitvoerende hoof van die Openbare Beleggingskorporasie (OBK), om die SPF se fondse te belê in staatsbeheerde entiteite en sodoende die SPF-beursie oop te maak vir verdere stroping.

“Op 14 Junie vanjaar het die Adjunk-president op ʼn mondelinge vraag in die Parlement geantwoord dat dit ʼn sinvolle idee sou wees om die SPF onder die beskerming van die Beregter te plaas. Dis is duidelik dat die minister nie sy siening deel nie.”

42 beeste ter waarde van R609 000 is op een slag van Johan Snyman (45) van die plaas Denopark in die Barkley-Wes-distrik helder oordag gesteel. Volgens Snyman, wat tydens die voorval by sy onderneming in Hartswater was, het die veediewe omstreeks 09:30 'n gat deur sy drade geknip waarna hulle vermoedelik die beeste aangejaag het. Die diere is volgens hom toe op 'n voertuig by 'n drukgang op 'n nabygeleë plaas gelaai. Die Polisie volg nog leidrade op.

Op inisiatief van Jannie Roux, 'n raadslid van Orania en sakeman, word twee Christelike naweekkampe vir Orania-inwoners gereël by die Amanzi Lodge & Wildreservaat, 15 km vanaf Brandfort. Die eerste kamp is vir manne die naweek van 20-22 Oktober 2017 en die tweede vir dames die naweek van 3-5 November. Die doel van die kampe is om die Christelike grondslag van inwoners van Orania te versterk by die gefokusde kampe, aangebied deur die interkerklike Woord-in-Aksie bediening, wat soortgelyke geleenthede al vir jare landswyd aanbied. Roux sê die grondslag van Orania is God-Drieënig en hy wil graag met die kampe help om hierdie grondslag te versterk. 60 x plekke is per kamp beskikbaar @ R550 per persoon, met die totale koste vir die mannekamp reeds betaal en kan manne vir wie dit finansieël dit moeilik is, dit gratis meemaak. Die koste sluit in verblyf, etes en vervoer. Roux sê besighede en instansies wat finansieël wil bydra tot die koste vir die dameskamp, is welkom om met hom te skakel. Hy neem in elk geval verantwoordelikheid vir die koste van die dameskamp. Vervoer per bus word nog gereël, maar indien mense met private vervoer kan help, sal dit waardeer word. Belangstellendes kan Jannie Roux kontak by 082 573 4575 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..
Uit 'n geskrewe antwoord op ʼn Parlementêre vraag van die VF Plus sê die Minister van Verdediging en Militêre Veterane Nosiviwe Mapisa-Nqakula dat daar in 2016 altesame 417 voorvalle van diefstal (272) en inbrake (145) by verskillende eenhede van die SA Nasionale Weermag (SANW) plaasgevind het. In reaksie hierop sê dr. Pieter Groenewald van die VF Plus: “Die plundering van bates van die SANW, insluitend wapens en ammunisie, terwyl daar byna geen suksesvolle vervolging is nie, is skokkend en dui op ʼn verval in die bevelstruktuur in die SANW. “Tot dusver was daar net 14 gevalle van suksesvolle vervolging, waarvan 11 vir diefstal en drie vir inbraak was, terwyl nie 'n enkele persoon suksesvol vervolg is vir die diefstal van wapens nie. ʼn Wye verskeidenheid items is gesteel, maar veral kommerwekkend is die groot voorkoms van die diefstal van wapens en ammunisie. Die diefstal van rekenaartoerusting kom ook wyd voor, maar letterlik alles word gestroop waarop diewe hul hande kan lê - van kos, batterye, petrol, drank, kontant, fietse, tuintoerusting tot kampeertoerusting, klere, motoronderdele, uniforms en dokumente.”
'n Herdenkingsgeleentheid ter viering van Hervorming 500 jaar gelede toe Marten Luther sy 95 Stellinge op 31 Maart 1517 teen die Wittenbergse Katedraal in Duitsland vasgeslaan het, vind plaas op 28 Oktober 2017 by die Reformasie Gedenkmuur in die distrik Theunissen. Die program, wat om 10:00 'n aanvang neem, bestaan o.a. uit 'n oorsig deur dr. Jann Schlebusch oor die aanloop tot die Hervorming, 'n profielskets van Marten Luther deur dr. Morné Diedericks, 'n evaluasie van die gevolge van die Hervorming tot en met Jan van Riebeeck deur ds. Hannes Noëth. Vir meer besonderhede kontak Helena by 071 933 9110 of Sharlene by 072 2180 356 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..
Volgens wat die Sunday Times berig, was twee voormalige tronkvoëls Gayton McKenzie en Kenny Kunene, deel van 'n SA regeringsafvaardiging wat met instemming van pres. Jacob Zuma Moskou verlede maand besoek het om met die Russiese maatskappy Rosgeo 'n olie- en gaskontrak van R5 miljard te onderhandel. McKenzie is 'n voormalige langtermyn gevangene, wat na sy ontslag na bewering gerehabiliteer is en sy eie politieke party, die Patriotic Alliance, gestig het, terwyl Kunene, ook met 'n tronkrekord, tans 'n flambojante nagklubeienaar is. McKenzie en Kunene vorm skynbaar die SEB segment van die onderhandeling met Rosgeo oor die ontginning van olie en aardgas aan die Suid-Kaapse kus. Ook in de afvaardiging na Moskou was Minister van Staatsveililgheid David Mahlobo en die voorsitter van die SA Sentrale Energiefonds Luvo Makasi
Leier van die DA Mmusi Maimane het aangekondig dat Kaapstadse burgemeester Patricia de Lille en 'n lid van die Kaapstadse Burgemeesterskomitee JP Smith tydelik uit alle DA-aktiwiteite geskors is. Hulle gaan egter normaalweg met hul amptelike pligte voort. Hul skorsing beïnvloed egter nie hul kandidatuur by enige verkiesing van DA-besture nie. Die skorsing is hangende 'n ondersoek wat skynbaar verband hou met 'n sekuriteitsheining en ander verbeterings wat by die private woning van De Lille aangebring is, hoewel in die media bespiegel word dat die dieperliggende rede gekoppel is aan faksiestryde binne die DA. Volgens die amptelike DA mediaverklaring doen die party ondersoek na die “politieke bestuurs- en regeringsituasie in die Stad van Kaapstad”. Hierdie skorsings volg op die debakel rondom die skorsing van Wes-Kaapse premier Helen Zille vroeër vanjaar en wat 'n ernstige skadu oor die DA gegooi het as 'n party met veelrassige harmonie. As gevolg daarvan was daar duidelike tekens van vervreemding van blankes jeens die DA.
Verlede naweek is Irma van Deventer (22) van Bethlehem in haar ouerhuis waar sy alleen was, deur 'n aanvaller met 'n mes verskeie kere in die kop, nek en een long gesteek. Haar hande is ook erg gesny toe sy die aanval probeer afweer het. Sy is geopereer nadat haar long platgeval het en is tans in 'n ernstige toestand in die waakeenheid van die Hoogland MediClinic in Bethlehem. Ten tye van die voorval was haar ouers oppad terug van Sasolburg waar hulle gekuier het. Irma het 'n ruit gehoor breek en haar broer Ruan gebel, wat die TLU Vrystaat Veiligheidsafdeling sowel as 'n veiligheidsmaatskappy geskakel het. Die aanvaller het haar met die mes oorval en gesteek, maar die reaksie van die veiligheidsinstansies was so vinnig dat die aanvaller nog in die huis aangetref en in 'n worsteling deur 'n veiligheidswag doodgeskiet is.
Bladsy 2 van 28

Ora betonwerke proef Sept 2017

Artistia Food

Renosterberg lodge