Orastad 2

Glybanier

-►Gruwelike en Godskreiende rassistiese dubbele standaarde -►Plaasmoorde is terreur en nie bloot misdaad nie – AfriForum -►Opstand teen plaasterreur: Landswye vloedgolf -►Dave Miller vinnigste 100tal in T20 krieket – vanaf net 35 balle -►WP Curriebekerkampioene 2017 – steeds die beste SA rugbyreeks -►Nuwe boek “The President’s Keepers” onthul Zuma as “gangster” -►Groot vragmotor ploeg in Swart Maandag-optog in

Die Geloftevolk Koördineringskomitee hou DV hul 9de Volksvergadering 7-8 Oktober 2017 by Dankbaar CVO Skool, Bloemfontein. Die tema van die vergadering is Miga 6:2b Want die Here het 'n twis met sy volk en sal met Israel 'n regsgeding hou.

Vir meer besonderhede, skakel Flip Swanepoel by 082 455 4303 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of besoek www.volksvergadering.co.za.

Tydens 'n konferensie van die FAK vroeër vanjaar onder die banier Gesonde gesinne vir ’n gesonde toekoms het dr. Henk Gous 'n pleidooi gelewer vir dringende en noodsaaklike fokus op gesinne as die onvervangbare boustene van 'n gesonde gemeenskap. Gous het daarop gewys dat aan die negatiewe kant is daar tans baie kommerwekkende omstandighede rondom gesinne in SA, maar aan die positiewe kant is gesonde gesinne een van die beste invalshoeke vir ’n positiewe toekoms.

Enkele tendense tot kommer wat hy uitwys, is die volgende:

  • 52% van gesinne in SA was in 2009 vaderloos. Hierdie kinders word dus grootgemaak sonder die emosionele en finansiële sorg van ’n vader. Hierdie vaderloosheid is minder in die wit komponent van SA, maar die 15% vaderlose gesinne onder witmense is steeds uiters belangrik.
  • In 2014 was daar by 13 676 (55.4%) van die 24 689 egskeidings wat gerapporteer is, kinders jonger as 18 jaar oud betrokke. Die totale aantal kinders wat deur egskeidings geraak is in 2014 word gereken op 22 218.
  • Die werkende komponent van ouers in SA is tans oorwerk en die lewe gejaagd. Die spanningslyn van werksdruk is byna ononderbroke omdat die tegnologie jou heeltyd in kontak hou met jou werk. Gesinne het dus minder tyd vir die gewone ouerskap van gesels en saam ontspan.
  • Die meer bevoorregte komponent van SA se kinders kry tans soms te veel fokus. In gesinne met min kinders soek ouers die beste skool en kerk en word kinders oorlaai met stimulasie van babagim tot persoonlike afrigters in sport. Die gevolg is dat 'n minderheid kinders te veel aandag kry, terwyl ’n breë massa te min kry.

Vir meer besonderhede, kontak die FAK by 012 301 1777 of besoek www.fak.org.za.

Groot skeptisisme heers oor die versekering wat Minister van Finansies Malusi Gigaba eergister gegee het dat die R1 800 miljard van die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) veilig is en nie aangewend sal word om sinkende staatsbeheerde maatskappye te red nie. Dit volg op berigte in die Sondagmedia dat Gigaba en die Tesourie namens “hoër gesag” onbehoorlike druk uitgeoefen het op die uitvoerende hoof van die OBK dr. Dan Matjila om toegang tot die fondse van die OBK te kry.

Min besonderhede is bekend oor 'n “dringende” vergadering afgelope Woensdag wat Gigaba met die raad en bestuur van die OBK gehad het, maar op die mediakonferensie na die tyd het Matjila so mak soos 'n lammetjie voorgekom en ontken dat daar druk op hom uitgeoefen was. Dit is op hierdie mediakonferensie wat Gigaba sy versekering gegee het – 'n versekering wat deur ingeligte waarnemers bevraagteken word, veral in die lig van die “skoonmaakaksies” wat Gigaba al namens pres. Zuma uitgevoer het, soos bv. in die bestuur van die Tesourie besture van staatsbeheerde maatskappye.

Met kinderhandel as 'n onderwerp waarin fyn onderskei moet word tussen waarheid en verdigsel, is die volgende waarskuwings waarvan met vrug kennis geneem kan word: 

  • Daar word op 'n daaglikse basis kinders in SA gesteel en weggevoer na die seksbedryf.
  •  Die gewildste ouderdomme is 4 tot 12 en dan 16 tot 21.
  • Wanneer ‘n kind gesteel word, verwissel hy/sy van hande blitsvinnig in 'n kort tyd, totdat die kind in 'n “onsigbare” netwerk, binnelands of buitelands, verdwyn.
  • Kinders word verlam deur ‘n inspuiting en verder onder verdowing gehou vir hanteringsdoeleindes.
  • Dikwels word kinders in skeepshouers “uitgevoer” na die buiteland in omstandighede wat talle nie oorleef nie – die eindbestemmings is meesal China, Thailand, die Verre Ooste en ook ander lande wêreldwyd.
  • Dit word beweer dat ‘n kind, meesal dogters, vir haar “eienaars” tot R7 miljoen in 'n vyfjaartydperk kan verdien. Dit is in 'n toestand van voortdurende gedwonge dwelmverslawing en wanneer die kind as prostituut uitgedien is, word sy na die see as haaikos afgevoer.

Aanbevelings:

  • Moenie jou kind alleen kafee toe stuur nie.
  • Moenie jou kind ooit uit die oog verloor in ‘n mall nie.
  • Moenie dat ander kinders jou kinders oppas nie – kinders het nie daardie verantwoordelikheid nie.
  • Bewaar jou gesinstuktuur soos goud.
  • Die mees weerlose kinders, is dié uit vaderlose gesinne.

Die gewildste tye en plekke om kinders te steel is soggens oppad skool toe, middag na skool, naweke in kuierplekke en malls. Laasgenoemde is veral baie gewild. 

‘n Groot brand wat die afgelope naweek vanuit die Tempe Weermagbasis by Bloemfontein ontstaan het, het ernstige skade aan die terrein van die Bloemfonteinse Konsentrasiekamp berokken. Hoewel die monument en beeldegroep nie in die slag gebly het nie, is die karee- en doringbome as deel van die simboliek van die Bron van Herinnering, ernstig beskadig en selfs vernietig.

Dringende hulp is nodig om die afgebrande bome te verwyder en doen die Vriende van die Bron van Herinnering 'n beroep op weldoeners om te help om die terrein op te ruim sodat met restourasie begin kan word. Vir meer besonderhede, kontak Willie Engelbrecht by 082 728 1489 of (051) 522 9432 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Met interne oorloë wat al feller woed op verskillende vlakke in die ANC, lyk dit al meer of die organisasie in Desember vanjaar nie in staat gaan wees om sy vierjaarlikse verkiesingskonferensie te hou nie. Verskeie van die provinsiale verkiesingskonferensies is weens twiste en leierskapstryde nog nie gehou nie en as dit teen die einde van vandeesmaand nog nie gehou is nie, kan hierdie provinsies nie afgevaardigdes na die nasionale konferensie stuur nie.

  Sodanige provinsies sluit in die Vrystaat, Noordwes, Wes-Kaap en KZN. Dit kan beteken dat die voorgeskrewe nasionale leierskapverkiesing in Desember nie gehou word nie en dat die omstrede pres. Jacob Zuma dan nog as president van die ANC sal moet aangaan – 'n wetlike situasie wat reeds in twyfel getrek word. Dit kan op sy beurt weer die grondwetlike regeringstelsel van die land in die gedrang bring.

Pas is dr. Werner Emslie (55) en sy vrou Mariëtte (ook 'n mediese dokter) op die stoep van hul plaas Goede Hoop in die Afguns-omgewing in die Ellisras-distrik (nou bekend as Lephalale) deur aanvallers oorval en Werner doodgeskiet met Mariëtte ernstig gewond. Die gewonde Mariëtte, wat ook verskeie meswonde opgedoen het, is vermoedelik deur die huis gesleep op soek na waardevolle items.

In die proses het die drie aanvallers ook op die egpaar se dogter Barbara (18) afgekom. Hoewel sy erg rondgestamp is, is sy nie ernstig beseer nie. Barbara was verlede jaar die hoofmeisie van Hoërskool Ellisras en met 8 A’s een van die top presteerders in Limpopo.

In 'n mediaverklaring sê Solidariteit Helpende Hand dat die behoefte aan beter onderrigmetodes groter is as ooit en dat opvoedkundige video’s ’n al groter rol vervul. Leerders wat van video’s gebruik maak om te studeer, presteer gemiddeld 15% beter as hulle klasmaats.

Dit volg op 'n steekproef wat onder graad 4 tot 7 leerders gedoen is om die beste onderrigmetode vas te stel. Die klas is in twee gedeel en die een groep het van video gebruik gemaak en die ander het die werk in gedrukte formaat gebruik. Leerders wat die video’s gekyk het, kon ook meer besonderhede oor die onderwerp onthou.

Om aan hierdie behoeftes vir hoë kwaliteit video’s te voldoen het Helpende Hand se Skoleondersteuningsentrum (SOS) die Wolkskool tot stand gebring, ’n aanlyn platform wat aan leerders toegang gee tot opvoedkundige video’s 24/7 by www.wolkskool.co.za. Daar is ook ʼn spesiale aanlynwinkel waar werkkaarte, vraestelle met memorandums en ander hulpmiddels teen ʼn fraksie van die prys verkoop word. Daar is ook ’n wiskundekenner wat bystand verleen met moeilike vrae.

Helpende Hand-ondersteuners kry gratis toegang tot die Ons Skool-kanaal en mense wat nog nie ondersteuners is nie, kan vir R50 of meer per maand aansluit.

Om toegang tot die Wolkskool te kry, SMS die woord “WOLK” na 39950 en sluit aan as ’n Helpende Hand-ondersteuner. 

Die 93ste jaarlikse Comrades Marathon word beplan vir Sondag 10 Junie 2018 vanaf die Pietermaritzburg Stadsaal om 05:30, om 12 ure later in die Moses Mabhida Stadion in Durban amptelik te eindig – oor 'n afstand van ongeveer 89,2 km. Dit is dus 'n Afwedloop – die 46ste.

Die tema vir volgende jaar se wedloop is heel gepas Asijiki, wat die Zoeloe is vir Geen omdraaikans nie. Die ikoniese wedloop deur die bekende Vallei van 'n duisend heuwels staan bekend as The Ultimate human race en lok deelnemers van oor die wêreld – as sulks een van die top gebeurtenisse op die SA sportkalender.

Inskrywings het op 1 September geopen en sluit óf op 30 November 2017 of totdat 20 000 inskrywings aanvaar is, welke een die eerste gebeur. Die inskrywingsfooie beloop soos volg: Vroeë inskrywings R460 / SA inskrywings R500 / Internasionaal R3 300.

Die basiese vereiste om in te skryf, is om 'n standaardmarathon (42,2 km) amptelik te voltooi het onder 5 uur. Sodanige marathon moes na 27 Augustus 2017 gedoen gewees het.

Die wedloop trek ontsaglik borge en die prysgeld styg jaar na jaar. Die Comrades het 'n uitstekende baanrekord van topgehalte organisasie en aanbieding, ondanks die verwisseling in bestuur van tyd tot tyd.

Vir meer besonderhede, besoek www.comrades.com of vele ander relevante sosiale mediaplatforms.

Bladsy 3 van 28

Ora betonwerke proef Sept 2017

Artistia Food

Renosterberg lodge