ditsem website banner no 1 2017

-►Gesoek vir aanranding in SA – Grace Mugabe -►Zim-boere begin internasionale eiseproses oor hul gesteelde grond -►Pierre Spies groet rugby – wil werk vir minderbevoorregtes -►All Blacks legende Colin “Pinetree” Meads sterf op 81 -►Toestande in blanke plakkerskamp by Munsieville, Krugersdorp, uiters haglik -►Steve Hofmeyr sing Die Stem nogmaals in Bloem

Die vergete sportlui van SA

In Insiggewende artikel uit die pen van vryskutsportskrywer Gustaf Claassens van Bloemfontein verskyn in die September 2016 uitgawe van Ditsem Nuus, waarin hy daarop wys dat van die grootste SA sportmanne en –vroue sowat 30 en 40 jaar gelede onskuldige slagoffers was van ‘n internasionale politieke magspel en dat hulle die geleentheid ontsê is om op hoogste internasionale vlak deel te neem en die eer in te oes waartoe hulle beslis in staat was. Daar word veral teruggedink aan uitmuntende atlete soos Paul Nash, John van Reenen, Danie Malan, Dicky Broberg, Sydney Maree, Ewald Bonzet, De Villiers Lambrecht, Fanie van Zijl, Marcello Fiasconaro, Claudie Van Onselen (nee Van Straaten), Ina Van Rensburg, Sonja Laxton en ‘n horde ander. Die name of kontakbesonderhede van hierdie atlete word nie eens in die databasis van Atletiek SA opgespoor nie. Soos in voormalige Kommunistiese lande word hulle bloot uit die geskiedenis geskryf en word hul roemryke prestasies van die nageslag weerhou. In die tagtigerjare het atlete soos Johan Fourie, Xolile Yawa, Matthews Temane, Loop-en-Val Motshwarateu, Matthews Batswadi, Evette de Klerk, Myrtle Bothma, Charmaine Gale, Zola Budd en Elana Meyer in dieselfde kategorie geval en deel hulle ook in dieselfde lot vandag. 

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Barnard Bouers

wow kitsblits