Orastad 2

Glybanier

-►Gruwelike en Godskreiende rassistiese dubbele standaarde -►Plaasmoorde is terreur en nie bloot misdaad nie – AfriForum -►Opstand teen plaasterreur: Landswye vloedgolf -►Dave Miller vinnigste 100tal in T20 krieket – vanaf net 35 balle -►WP Curriebekerkampioene 2017 – steeds die beste SA rugbyreeks -►Nuwe boek “The President’s Keepers” onthul Zuma as “gangster” -►Groot vragmotor ploeg in Swart Maandag-optog in

Krotoa en Van Riebeeck

In die film Krotoa wat onlangs vrygestel is, word beweer dat Jan van Riebeeck 'n buite-egtelike verhouding met die Khoi-vrou genaamd Krotoa gehad het en dat hy haar by geleentheid verkrag het. Volgens die Facebookblad van die film is die vervaardigers Penguin Films in samewerking met KykNET, die NFVF en die DTI (Dept. van Handel en Nywerheid) en met Roberta Durrant as regisseur. Die hoofrolspelers is Crystal Donna Roberts as Krotoa en Armand Aucamp as Jan van Riebeeck, bygestaan deur Deon Lotz, Marcel van Heerden, Jacques Bessenger, Brendan Daniels, Roeline Daneel en Ernest St Clair. Op die Facebookblad sê die vervaardigers: Krotoa is geïnspireer deur ware historiese gebeurtenisse. As regisseur, het ek probeer om die feite en gevolgtrekkings oor haar lewe, deur verskeie geskiedkundiges, korrek weer te gee, maar steeds dramatiese vryheid toe te pas. In ‘n artikel in Volksblad van 2 Augustus 2017 deur Nadine Theron word gesê: Aucamp het vroeër gesê dat dit vir hom moeilik was om nie vir Van Riebeeck te veroordeel vir sy gedrag nie en hoe hy die verkenner van die Oos-Indiese Kompanjie goed moes navors om die rol te kon aanvaar. Ten einde seker te maak van die waarheid omtrent Van Riebeeck en hierdie Khoi-vrou, het Ditsem Nuus twee gerespekteerde geskiedkundiges genader nl. dr. Dan Sleigh en Marthinus van Bart, albei van Kaapstad. Hul onderskeie kommentare is, verkort, soos volg: Sleigh: Krotoa en haar kinders se bestaan is gedokumenteer in die VOC se nagelate dokumente, wat gratis en vrylik beskikbaar is in die Wes-Kaapse Argiefbewaarplek. Ek werk meer as vyftig jaar lank met die betrokke dokumente. Dit is die heel eerste keer dat ek van so-iets lees, en dit is in alle opsigte in stryd met my navorsing. Dit is onmoontlik om uit die bestaande bronne onbehoorlike gedrag af te lei, te vermoed of om tot so 'n gevolgtrekking te kom. Die verdraaiing is opsetlik. Van Bart: Dr. Dan Sleigh, wêreldkundige historikus oor die VOC-tydperk en hoogaangeskrewe opvoedkundige, se bekroonde roman Eilande handel juis oor Krotoa en haar mense in die tyd van die VOC. Daarin, soos in talle beskikbare outentieke bronne, is geen verwysing na enige vorm van seksuele misdryf of kriminele pedofilie wat Van Riebeeck met enige Koina-kind of wit kind sou gepleeg het nie. Ook is daar geen sweem van enige misdadige optrede deur hom wat sy waardige amp as goewerneur aan die Kaap die Goeie Hoop sou skaad nie. Van Riebeeck (1619-1677) was 'n hegte gesinsman wat sy vrou en kinders met die grootste liefde, respek en deernis behandel het. Die gelukkige en godvresende gesin het saam in die klein fortjie met sy min leefruimte gewoon. Dit sou onmoontlik vir Jan gewees het om onder daardie maatskaplik-huislike omstandighede enige onbetaamlikhede te pleeg. Buitendien het die VOC by hooggeplaastes geen oortreding, hoe ligtelik ook al, oor die hoof gesien nie en was summiere ontslag die enigste antwoord. Die belastering van die Afrikanergemeenskap se voorouers is 'n ou beproefde, bloedlose oorlogswapen, wat hand aan hand met die propaganda van die antagonis loop versluierde politieke ideologieë aan die lig bring. Die enigste kuur hiervoor is om vuur met vuur te bestry. Hierdie siening omtrent die waarheid rakende Jan van Riebeeck en Krotoa is onder die aandag van die vervaardigers van die film Krotoa gebring en hul kommentaar word tans nog afgewag.
Gradeer die artikel
(0 stemme)

1 comment

  • Koos van Antwerpen - Maandag, 11 September 2017

    Kan die vervaardigers nie hof toe gesleep word vir die duurste hofsaak in hulle geskiedenis nie? Eis honderde duisende se skadevergoeding, benewens die hofonkoste? Ontmasker hulle vir die gemene smeerleuenaars wat hulle is!

    Report

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Ora betonwerke proef Sept 2017

Artistia Food

Renosterberg lodge